KORT HARE 

Hierdie styl is ideaal vir oefening omdat dit moeitevry is.

Dra ’n kop- of sweetband oor jou voorkop, net bokant jou wenkbroue.

Moenie swaar produkte soos mousse en haarjel voor jou oefensessie aanwend nie – sweet kan die produkte laat oplos, en jy sal dit weer moet was en stileer. 

LAE VLEGSEL 

’n Vlegsel is ideaal vir oefening van lae intensiteit soos joga en pilates en sal jou ook effense golwe gee wanneer jy dit losmaak.

Jy kan die vlegsel ook die res van die dag so los en ’n kleurryke kopband, serp of strooihoed dra vir ’n boheemse voorkoms.

Foto: Gallo Images/Getty Images

BOLLA

Perfek vir hoë-intensiteit-oefensessies soos kragoefening of hardloop.

Draai die punte van jou hare – dit sal sorg vir ’n krul wanneer jy dit losmaak.

Moenie jou hare te styf vasmaak nie om te verhoed dat dit stremming op die hare en kopvel plaas. 

Foto: Gallo Images/Getty Images

FRANSE VLEGSELS

Hierdie styl is ’n goeie keuse wanneer jy matige oefening soos fietsry doen. 

Jy kan jou hare boonop twee tot selfs drie dae so dra – jy sal wel die wortels met ligte jel of mousse in toom moet hou.

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

PAK DÍT IN JOU GIMSAK 

DROË SJAMPOE

Indien ’n mens elke dag jou hare was, kan dit droog en breekbaar raak.

Om daardie rede is droë sjampoe ’n oefenslaaf se beste belegging. 

Dit help jou hare verfris, gee dit boonop volume en sorg dat jy harewas met ’n dag of twee kan uitstel. 

Die geheim is om droë sjampoe aan jou wortels aan te wend voor jy oefen, want dit sal dan jou sweet absorbeer. 

As jy dit ná oefening aan sweterige hare aanwend, sal dit ingekoek en styf raak. 

Jy kan altyd jou hare droogblaas met ’n haardroër op die lae verstelling en dan droë sjampoe aanwend vir volume en reukbeheer. 

Moenie meer as twee of drie dae se hare­was oorslaan nie, anders gaan daar ’n opbou van haarprodukte en sweet aan jou hare wees.

Van links: Girlz Only Dry Shampoo For Brunettes 20
Van links: Girlz Only Dry Shampoo For Brunettes 200ml R47,95, Tresemmé Dry Shampoo Instant Refresh Translucent R85, Batiste Dry Shampoo Tropical R80, Schwarzkopf Osis+ Pigmented Dry Shampoo in Dark/Blond R289, Label.m Dry Shampoo R280

OPKNAPPER 

Gebruik opknapper om die natharevoorkoms te kry.

Wend opknapper aan klam hare aan ná oefening, en kam dit dan in die styl van jou keuse, byvoorbeeld ’n hoë ­poniestert of lae bolla.

Spoel die opknapper tuis af.

Kardashian Beauty Leave-In Conditioner Mist R395,
Kardashian Beauty Leave-In Conditioner Mist R395, Hask Charcoal Purifying Conditioner R145

HAAROLIE

Wend serumolie aan jou hare aan voor of ná gim om kroesheid en wegstaanhare te beperk.

Olie is wonderlik om hare te voed en te versterk; jy kry dus twee voordele in een. Spoel tuis af. 

Hannon Argan Oil Leave-In Treatment R215, Schwarzk
Hannon Argan Oil Leave-In Treatment R215, Schwarzkopf Oil Ultime Argan Finishing Oil R291

Ligte olie werk beter as swaar olie omdat dit die hare nie swaarder maak nie.

JEL

Wend dit aan jou wortels aan en kam hare in ’n gladde poniestert of bolla.

Dit sal sweterige haar­stringe verbloem. Hierdie teg­niek werk ook met kort hare.

Gebruik altyd ’n wyetandkam, want jou hare kan dalk ingekoek wees. 

Van links: MUK Raw Muk Styling Mud R169, Hannon St
Van links: MUK Raw Muk Styling Mud R169, Hannon Styling Liquid Crystal Styling Gel R175, Moroccanoil Styling Gel Medium R395

HAARDROËR

Blaas sweterige hare op ’n lae verstelling droog, want te veel hitte kan jou hare beskadig.

Die sout van die sweet gee jou hare ekstra tekstuur en kan jou styl anders laat lyk.

Rond dit af met ’n serum vir glans en om kroesheid te voorkom. 

Safeway Salon Series 2100 Watt Dryer R239, Ghd Air
Van links: Safeway Salon Series 2100 Watt Dryer R239, Ghd Air Hairdryer R2 100, Babyliss Pro Luminiso Giallo Hairdryer R1 855
EKSTRA BRONNE: THECUT.COM, BUSTLE.COM, VOGUE.CO.UK, THEBODYSHOP.COM
Kry dit hier

Babyliss everythinghair.co.za; Batiste (Clicks 0860-254-157); GHD ghd.com; Girlz Only (Dis-Chem 0800-201-170); Hannon hannon.co.za; Hask (Clicks 0860-254-157); Kardashian Beauty zando.co.za; Label.M retailbox.co.za; Morrocanoil everythinghair.co.za; muk mukhair.co.za; Safeway (Clicks 0860-254-157); Schwarzkopf retailbox.co.za; Tresemmé 0860-111-121

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie ver­ant­woor­delik gehou kan word nie.