1. Meryl Streep (70)

Die Mama Mia-aktrise se vel is altyd vlekvry, en op die ouderdom van 70 lyk sy steeds beeldskoon. Maar wat is Meryl se geheim?

In ’n vorige onderhoud met Daily Mail het die ster verklap haar skoonheidsgeheim is om nooit aan haar gesig te raak nie.

Meryl, wat ook ’n Oscar loosgelaan het vir haar rol in die fliek Iron Lady glo daaraan om natuurlik te verouder. Sy sê sy glo nie in plastiese chirurgie nie, want dit vries jou gesig.

In ’n onderhoud in 2010 het die aktrise laat hoor: “Ek verstaan die irritasies wat met veroudering gepaard gaan, veral vir vroue, maar ek dink mense lyk snaaks as hulle hul gesigte laat ‘vries’.”

2. Susan Sarandon (72)

Die sexy rooikopaktrise lyk mooier as ooit op die ouderdom van 72, maar hoe doen sy dit? Met haar ietwat deurmekaar skouerlengte lokke lyk sy altyd pragtig wanneer die rooitapyt uitgerol word.

Om so mooi te bly het Susan aan Vogue verklap dat dit baie te doen het met haar bewustheid en interaksies rondom haar. “Om nie te rook nie, is baie belangrik. Ek dink om gehidreer te bly is ook belangrik,” sê dié aktrise.

Susan verklap verder dat sy nie juis ’n drinker is nie. “Ek dink ’n bietjie wyn in matigheid is seker goed, maar as jy baie drink, kan dit dalk nie so goed wees nie.”

Haar finale antwoord is goeie gene wat volgens Susan aan haar ma te danke is.

3. Diana Ross (75)

Natuurlik, beeldskoon en volgens haar aktrise-dogter, Tracey Ellis Ross meen sy haar ma is so mooi dat dit lyk asof sy die son ingesluk het. In ’n onderhoud met Vogue deel die sangeres  haar vinnige grimeer-moet-hê items.

“As ek haastig is, is die belangrikste grimering swart oogpodlood, maskara, blosser en ’n ligte lipglans.”

Diana meen as sy net winkel toe gaan, sit sy glad nie grimering aan nie. Haar geheim is ’n paar oorgroot sonbrille. 

4. Tina Turner (79)

Dié ikoon meen jy kan nie aan skoonheid vasklou nie, want dan jaag jy altyd na iets wat jy nooit sal terugkry nie.  

In ’n onderhoud met Woman & Home Magazine het Tina verklap dat haar geheim tot skoonheid niks kos nie: Dis bloot om gemaklik in jou eie vel te wees en om vrouwees te vier.

“Ouderdom is nie ’n kwessie vir my nie. Ek dink 50 is die nuwe 30 en 70 is die nuwe 50. Daar is geen reëls wat sê dat jy op ’n sekere manier moet aantrek nie. Ons bly in opwindende tye vir vroue. Ek dink nie veel van my ouderdom as ek nou optree nie,” het Tina laat hoor.

5. Jane Fonda (81)

Al maak die pragtige aktrise geen geheim oor die feit dat sy al onder die mes was nie, het sy steeds haar skoonheidsroetines waarin sy glo.

Sy het chirurgie aan haar kaaklyn en onder haar oë ondergaan. “Maar ek wou steeds soos ek lyk, net ’n uitgeruste ek.”

“Ek hou dop wat ek eet; ek mediteer. Ek het genoeg geld om ’n afrigter te kry en vir masserings te gaan,” sê sy reguit.

Maar Jane is die trotsste op hoe sy aan die binnekant verander. “Ek is dankbaar ek het in die 80 jaar beter geraak,” sê sy. 

Bronne: Daily Mail, Vogue, Vogue, E Online, Woman and Home Magazine