Wat om na die winter te verwag: 

  • Gebarste hakke
  • Uiters droë en growwe vel
  • Gesplete toonnaels

Jou voete werk hard; dit dra jou oral waar jy wil gaan en verduur soms selfs hak­skoene of skoene wat te styf pas.

En in die wintermaande is jy geneig om dit af te skeep omdat dit lekker warm in sokkies en stewels toegewikkel is.

Dan breek die somer aan en jou ­voete is droog en jou hakke gebars omdat dit aan die omgewing blootgestel word wanneer jy sandale dra.Jy sal meer as vogroom aan jou voete moet smeer as jy wil hê dit moet goed lyk.

Gelukkig is daar voetsorgprodukte wat jou voete maklik vir die warmer maande sal voorberei.

Wenke

  • Bevog altyd jou voete ná ’n stort of bad. As jy dit nie doen nie, sal dit uitdroog en gebarste hakke vererger.
  • Moenie twee keer dieselfde sokkies dra nie – bakterieë flo­reer daarop.
  • Moet nooit jou toonnaels aftrek nie – dit sal ingroeinaels ­­ver-oorsaak.
  • Was deeglik tussen jou tone; bakterieë skuil graag daar.
  • Dra altyd be-skermende skoene of plakkies in ’n openbare stort. Sulke plekke krioel dikwels van bakterieë.

Doen dít 

Skrop en vyl 

Omdat vel voortdurend vernuwe, het jy af en toe growwe vel aan dele van jou voete. Dis die dooie velselle wat na die oppervlak beweeg, en jy moet dit afskilfer om daarvan ontslae te raak.

Week jou voete eers in water met seep of ’n voetweekmiddel daarby gevoeg. Ná die week kan jy jou voete afdroog en sagkens met ’n voetvyl skrop.

Gebruik die vyl se grofste kant op dikker vel, soos by jou hakke, en die sagter kant waar jou vel dunner is. Gebruik ’n voet­borsel vir jou tone en naels, want ’n vyl is te grof vir daardie deel van jou voet. 

skrioborsel
Pedikuurborsel deur Dis-Chem R19,99 vir ’n stel van 3
vyl
Voetvyl deur Dis-Chem R34,95
vyl
Titania Double Sided Foot File R52,99
voetroom
Africology Pedi-Scrub R300 vir 175 ml

Dokter

Jy reinig en skrop jou gesig voor jy ’n masker aanwend, en dieselfde geld vir jou voete.

Die beste tyd vir ’n voetbehandeling is ná afskilfering ­omdat die vel nog deurdringbaar is.

Volg die aanwysings op die produkverpakking. Sommige maskers word afgespoel en ander moet agterna ­ingevryf word.

voetmasker
Skin Republic Foot Repair 20 Minute Treatment R45
voetmasker
Skin Republic Foot Peel Foot Mask R109
voetmasker
Kroko Corn & Callus Remover R41,99 vir 15 g
voetmasker
Kroko Corn Protectors R41,99 vir pak van 6

Bevog

Jy kry intensiewe vogrome wat die voete se vel voed.

Die meeste bevat bestanddele soos mentol, wat ’n verkoelende en verfrissende ­effek het, en galambotter en gliserien, wat bevogtend is.

Voetrome hoef gewoonlik nie kwistig aangewend te word nie omdat dit dikker is en een aanwending op ’n slag voldoende is.   

voeteroom
Bramley Best Feet Cream R12,99 vir 75 ml
voeteroom
SKNLogic Renew Foot Balm R80 vir 75 ml
voeteroom
Freeman Bare Foot Treatment R89,95 vir 100 ml
voeteroom
Sorbet Pedi-Care Rejuvenating Heel Balm R61 vir 50 ml

Hou dit vars

Saam met die somerhitte kom sweterige voete. Sommige mense sweet meer as ander, terwyl dit nie altyd gewens is om oop skoene by die werk of gim te dra nie.

Voetpoeier help om ­­oormatige sweet te absorbeer en reuke te verminder.

Sweet is reukloos; dis die bak­terieë op die oppervlak van die vel wat op sweet teer wat ’n slegte reuk veroorsaak. Dis ook raadsaam om sokkies te dra wat jou voete laat asemhaal. 

poeier
Bramley Best Feet Powder R14,99 vir 100 g
poeier
Virata Foot Powder R35,99 vir 100 g
poeier
Sorbet Pedi-Care Absorbent Foot Powder R39 vir 100 g

Kry dit hier

Africology africologyspa.com; Bramley 0860-737-000; Dis-Chem 0800-201-170; Freeman (Dis-Chem 0800-201-170); Kroko (Clicks 0860-254-257); Skin Republic ­­­Takealot.com; SKNLogic designernailandbeauty.co.za; Sorbet (Clicks 0860-254-257); Titania (Clicks 0860-254-257); Virata (Clicks 0860-254-257)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.