Ronde oë

Heather Graham (aktrise) Foto: Gallo Images/Getty Images

Vorm

Wanneer jy reguit vorentoe kyk, kan jy die wit van die oog onder die iris sien.

oogvorm
llustrasie: Michael De Lucchi

Grimering

Wend oogskadu vanaf die middel van jou ooglede na die buitenste hoek aan, en net bokant die vou van die oë aan die buitenste hoeke. Wend ’n ligte kleur aan die binnehoeke van die oë aan en ’n dun gevleuelde oogomlyner aan die buitehoeke.

Effek

Dit komplementeer die oogvorm omdat dit die oog omraam sodat daar ’n skerper buitelyn is.

Kappie-oë

Kimora Lee Simmons (werklikheidster) Foto: Gallo Images/Getty Images

Vorm

Jy het nie ’n oogvou nie, wat die ooglid effens oor jou wimpers laat hang.

oogvorm
llustrasie: Michael De Lucchi

Grimering

Gebruik een kleur oogskadu en skakeer dit van lig na donker vanaf die wimperlyn opwaarts. Gebruik meer van die produk aan jou wimperlyn en ál minder namate jy opwaarts beweeg.

Jy kan die aanwending na die buitenste ooghoek skakeer en ook ’n bietjie aan die buitenste hoek van die onderste wimperlyn aanwend.

Effek

Die donker deel skep die illusie van ’n oogvou.

Opwaartse oë

Rihanna (sangeres) Foto: Gallo Images/Getty Images

Vorm

Die buitenste hoeke van jou oë is effens skerp en neig opwaarts. Die hoeke van die oë is dalk effens hoër as jou pupille.

grimering
Michael De Lucchi

Grimering

Wend oogskadu liggies aan die onderste en boonste buitehoeke van die oë aan. Skakeer dan ’n donker oogomlyner aan die buitehoeke van die oë.

Effek

Dit laat jou oë sagter lyk.

Laat jou oë vonkel
Jy kan jou oë helderder laat lyk met die slim gebruik van verligter. Wend verligter aan die boog net onder die wenkbrou en die binnehoek van die ooglid aan om dit ’n voorkoms te gee. 
Dié wenk werk vir al die verskillende oogvorms.

Versluierde oë

Khloé Kardashian (werklikheidster)
Khloé Kardashian (werklikheidster) Foto: Gallo Images/Getty Images

Vorm

Anders as kappie-oë het versluierde oë wel ’n oogvou, maar dis nie sigbaar wanneer jy reguit vorentoe kyk nie.

oogvorm
llustrasie: Michael De Lucchi

Grimering

Wend oogskadu oor jou ooglid aan en liggies oor die oogvou sodat die kleur sigbaar is wanneer jou oë oop is. Gebruik altyd waterbestande oogomlyner, want dit sal nie smeer nie. Skep ’n gevleuelde lyn, met dikker oog- omlyner aan die buitehoeke, en hou die vleuel kort.

Effek

Dit beklemtoon jou oogvou, wat wel daar is, maar wat bedek is wanneer jou oë oop is.

Afwaartse oë

Michelle Trachtenberg (aktrise) Foto: Gallo Images/Getty Images

Vorm

Die hoeke van jou oë is laer as jou pupille wanneer jy reguit vorentoe kyk.

oogvorm
llustrasie: Michael De Lucchi

Grimering

Wend oogskadu vanaf die middel van jou ooglid opwaarts en oor jou oogvou aan. Skakeer dit tot net verby die buitehoeke van jou oë. Nog ’n wenvoorkoms is rokerige ooggrimering met gevleuelde oogomlyner.

Effek

Hierdie tegnieke sal die buitehoeke van jou oë lig.

Oë wat na aan mekaar is

Sarah Jessica Parker (aktrise) Foto: Gallo Images/Getty Images

Vorm

Die ruimte tussen jou oë is kleiner as die wydte van een van jou oë.

oogvorm
llustrasie: Michael De Lucchi

Grimering

Wend ligte oogskadu aan die binnehoek van jou ooglid aan. Wend dan ’n medium kleur aan die middel van die ooglid aan en skakeer opwaarts oor die oogvou. Rond af met ’n rokerige effek in donkerbruin of swart aan die buitenste hoek. Wend omlyner aan vanaf die middel van jou onderste en boonste wimperlyn na die buitehoeke.

Effek

Dit laat jou oë verder uit mekaar lyk.

Ekstra bronne: Vogue.com.au, Lorealparisusa.com