Appel

Rebel Wilson Foto: Gallo Images/Getty Images

Dié liggaamsvorm het geen gedefinieerde middel nie en kleiner heupe.

Die borste is gewoonlik middelslag tot groot.

View this post on Instagram

#GivenchyFW19 show by @clarewaightkeller #givenchyfamily

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Dít werk die beste
  • Gestruktureerde baadjies, want die stywer materiaal skep ’n gedefinieerde vorm.
  • V-halse en oorvoutops en -rokke definieer die middel en laat die bolyf langer lyk.
  • ’n Breë belt vat die middel in en skep vorm.


Peer

Rihanna Foto: Gallo Images/Getty Images

Dié vorm het groter heupe, met ’n smal middel, kleiner borste en smal skouers.

Dít werk die beste
  • Hemde met krae en hoë, vierkantige of skouerlose halslyne skep breedte bo en balanseer jou proporsies.
  • Broeke en rompe met klein of geen patrone werk die beste vir dié vorm, want dit vestig nie die aandag op die heupe nie.
  • Dra groot en helder patrone bo. ’n Patroontop by ’n effekleurbroek of -romp werk die beste vir dié vorm.
  • Kies kort baadjies wat op jou middel eindig.
  • A-lyn-rompe verbloem die heupe.


Uurglas 

SofÍa Vergara Foto: Gallo Images/Getty Images

Die borsmaat en heupe is ewe breed, met ’n smal, goed gedefinieerde middel.

Dít werk die beste
  • Noupassende rokke vertoon jou kurwes as jy ’n uurglasfiguur het.
  • Rompe en rokke met ’n hoë middel plaas die klem op jou middel.
  • As jy ’n effense magie het, kan intrekplooie dit help kamoefleer en ’n mooi vorm skep.
  • Noupypjeans en spanbroeke is volmaak om met jou figuur te spog.
  • V-halse en lae neklyne laat die bolyf altyd langer lyk. ’n Hoë halslyn laat jou borste groter lyk as wat dit werklik is.


Reghoek

Zoe Saldana Foto: Gallo Images/Getty Images

Die heupe en skouers is dieselfde breedte, met ’n ongedefinieerde middel en klein borste.

View this post on Instagram

An homage to Prince ???? W/ @netaporter | 2016

A post shared by Zoe Saldana (@zoesaldana) on

Dít werk die beste
  • ’n Belt wat hoog om die middel sit, of dit nou smal of breed is, defineer jou middel en help kurwes skep.
  • Hemde met ’n interessante of vallehalslyn kan jou borste groter laat lyk.
  • Tops, baadjies en jasse met ’n gedefinieerde middel, dié wat by die middel toeknoop of -bind, is goeie keuses. Dit kan meer kurwes help skep.
  • Slooprokke laat jou figuur voller lyk.
  • A-lyn-rompe en -rokke werk goed, want dit gee jou heupe meer vorm.