Gim 

Foto: Gallo Images/Getty Images

Of jy nou van sakkerig of styfpassend hou, jou oefenklere hoef nie vervelig te wees nie. Raak prettig met T-hemde met interessante logo’s, spanbroeke met patrone en kleurryke kortbroeke.

Bra's 

Begin by die begin en kry ’n goeie sportbra. Deesdae dui die etiket gewoonlik aan of die bra vir ligte-, matige- of hoë-impaksport is.

Kies vir die gim ’n bra wat vir matige of hoë impak is. Dit moet ook gemaak wees van materiale wat vinnig droog word of liggewig is.


Modewenk

Onthou om ’n langmoukappietop saam te vat vir wanneer dit koel raak.


Joga

Foto: Gallo Images/Getty Images
 

Vir dié soort oefening het jy gemaklike maar noupassende klere nodig, want jy wil sorg alles is toe terwyl jy posisies uitvoer.

Bra's 

’n Ligte-impaksportbra is voldoende vir joga, maar kies een wat genoeg ondersteuning sal bied sodat jy gemaklik 
kan beweeg.

Kies noupasende span-of drafbroeke sodat jy vrylik kan beweeg. 

Modewenk
Moenie ’n kort-broek dra nie; dis geneig om op te trek wanneer jy beweeg en kan jou aandag aftrek. Dit geld ook vir laag-gesnyde tops sonder ondersteuning.

Draf 

Foto: Gallo Images/Getty Images

Sodra jy begin beweeg, word jou lyf warm; moet dus nie te warm aantrek nie. Kies items wat van sintetiese absorberende materiaal vervaardig is wat vog van die liggaam wegtrek, want dit sal jou help warm en droog bly.

’n Liggewigreënbaadjie sal jou droog hou as dit dalk reën.

Bra's 

Draf is ’n hoë-impak- sport, en as jy nie die regte bra het nie, sal jy ongemaklik voel.

Kies een wat vir hoë-impaksport ontwerp is of spesifiek vir draf geskep is en ook van absorberende materiaal ge­maak is om sweet te absorbeer.

Modewenk
Tenktops is perfek vir draf, want dit is lig en sag. Wees dié winter op die uitkyk na liggewig-langmoutops om warm te bly sonder dat jy kook.

Skoene

Sorg dat jy die gepaste tekkies kies wat vir jou spesifieke oefening ontwerp is. Dit sal jou voete die steun gee wat hulle nodig het en beserings voorkom.

Sakke

Wanneer jy ’n sportsak kies, sorg dat dit veelsydig is en afskortings vir al jou uitrustings het.

Koel bygoed

Dié slimhorlosie monitor jou hartklop, en sy ingeboude musiekspeler maak dit ideaal vir fiksheids­aktiwiteite.