Kombinasie

KENMERKE

Jou vel is olierig aan die T-sone, maar droog aan die omliggende areas; en jy is geneig tot puisies aan jou voorkop en ken.

In die winter voel jou T-sone grof en lyk dof. Die droë areas word droër en growwer en lyk soms effens donkerder.

MAAK SO

  • Aangesien jou vel terselfdertyd olierig en droog is, moet jy verskillende produkte op spesifieke areas gebruik.
  • Die gebruik van meer as een masker is ideaal vir dié velsoort. Gebruik ’n masker wat diep reinig aan jou T-sone en wend ’n bevogtigende masker aan jou droë areas aan.
  • Dieselfde geld vir serums en bevogtigers. Gebruik serum wat olie verminder aan olierige areas en ’n bevogtigende een aan droë areas. Maar serums kan duur wees. As jy een wil koop, besluit wat jou grootste behoefte is – om olie te verminder of te bevog – en gebruik ’n serum daarvoor.
  • ’n Serum of bevogtiger met hialuronsuur werk goed aan droë en olierige vel; daarom is dit ’n goeie keuse.
  • As jy jou vogvlakke met ’n serum of bevogtiger aangevul het, gebruik ’n chemiese sonskerm, want dit is nie olierig nie.
velroom
Lamelle Home Exfoliation System R575 vir 30 ml
velroom
Endocil Eye Créme R91,32
velroom
Hannon Daily Sun-block R335 vir 75 ml
velroom
Oolala Collection Mud Mask R402
velroom
Kiehl’s Ultra Facial Cream R420 vir 50 ml
velroom
SKN Logic Hydrating Serum R225 vir 30 ml
velroom
La Roche-Posay Hydrating Cleansing Cream R22O vir 200 ml

Olierige vel

KENMERKE

Jou vel is olierig, blink baie en het vergrote porieë. Jy kry dikwels puisies weens verstopte porieë. In die winter is jou vel steeds olierig, maar dit blink minder. Jou vel kan aan die T-sone grof voel en vaal lyk.

MAAK SO

  • Volgens Corné van Reenen, die spabestuurder van die Fairlawns Boutique Spa, kan olierige vel gedehidreer wees en so ’n oorvervaardiging van sebum veroorsaak. “Vel het ’n balans tussen water en olie nodig; dus sal die gebruik van produkte wat die vel hidreer dit normaliseer en sebumvervaardiging verminder aangesien daar genoeg vog is,” sê sy.
  • Vermy enigiets wat jou vel mat laat lyk.
  • Verhoed dat jou vel te veel olie vervaardig deur ’n gesigwasmiddel te gebruik wat afskilfer en bevog. Dit sal jou vel reinig en nie uitdroog nie.
  • Wat gesigreinigers, serums en bevogtigers betref, soek produkte wat salisiel- of hialuronsuur bevat. Salisielsuur skilfer die vel af en verwyder dooie velselle. Dit het ’n diepreinigende uitwerking, maak verstopte porieë oop en verminder swartkoppies en puisies. Hialuronsuur is nie olierig nie; dit sal dus nie jou vel olieriger maak nie.
  • Jy kan steeds twee keer per week afskilfer mits jy jou vel met ander produkte goed bevogtig. 
  • Beskerm jou vel met sonskerm. Kies ’n chemiese, waterbestande produk wat nie jou vel olierig sal maak nie.
velroom
Beaucience Natural Deep Cleansing Mask R325 vir 75 ml
velroom
Filorga Oxygen-Glow (Eyes) R555 vir 15 ml
velroom
Dermalogica Prisma Protect R1 099 vir 50 ml
velroom
Boost! Skin Serum for Problem Skin R500 vir 30 ml
velroom
The Body Shop Daily Moisturiser R160 vir 50 ml
velroom
Filorga Oxygen-Glow (Clean) R360 vir 125 ml
velroom
Sothys Desquacrem Forte R610 vir 50 ml

WENK Vel is geneig om in die winter droog te word. Drink genoeg water sodat jy en jou vel gehidreer bly.

Droë vel

KENMERKE

Jou vel is droog, dof, uiters sensitief en reageer vinnig op uiterse weer en sekere produkte wat nie geskik is nie. In die winter kan jou vel selfs droër, stywer en jeukeriger word. Dit kan grof voel, afskilfer en selfs uitslaan.

MAAK SO

  • Voor jy jou velsorgprodukte verander, oor- weeg dit om jou vel met kouer water te was. Baie warm water stroop die vel en laat dit droog voel.
  • Gebruik so min seep moontlik. Dit kan ook die vel van olies stroop. Gebruik eerder reinigingsmelk, -room of selfs -olie.
  • Druk jou vel met ’n handdoek droog nadat jy dit gewas het. ’n Gevryf kan mikroskeurtjies veroorsaak.
  • Gebruik ’n ligte of skuimlose reinigerroom wat ook die vel se beskermende laag versterk, is noodsaaklik omdat dit die vog binne en die omgewingsfaktore buite sal hou.
  • Moenie van sonskerm vergeet nie, al is dit winter. Kies ’n mineraalsonskerm met sink en titaanoksied.
velroom
Payot Chrono-Renewing Peel Mask R140
velroom
Dermalogica Barrier Repair R729 vir 30 ml
velroom
Uriage Eye Contour R495 vir 15 ml
velroom
Pradiance Sun Stick R235 vir 30 ml
velroom
Pradiance Sun Stick R235 vir 30 ml
velroom
Avène Gentle Milk Cleanser R250 vir 200 ml
velroom
Nivea Nourishing Oil Elixir R325 vir 30 ml
Kry dit hier

Avène (Clicks 0860-254-257); Beaucience 021-709-0362; Boost! info@boost.com; Celltone 087-160-0357; Dermalogica 021-465-5662; Endocil 0860-104-061; Filogra 021-433-1783; Hannon 011-608-4065; Kiehl’s 0861-001-085; Lamelle 011-465-226; La Roche-Posay 021-851-0926; Nivea 080-102-091; Oolala Collection 011-485-0122; Payot 011-683-8000; Pradiance 021-702-3617; SKN Logic 021-552-6999; Sothys 021-701-2900; The Body Shop (Clicks 0860-245-257); Uriage (Dis-Chem 0860-347-243)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.