Nie lank gelede nie is 50 as stokoud beskou, wat nog te sê 60 of 70! As jy dié ouderdom bereik het, was dit tyd vir stemmige knooptruie, gemaklike skoene en breipenne, of hoe?

Wel, dis beslis nie meer die geval nie. Ál meer glansryke vroue wys deesdae ouderdom is regtig net ’n syfer, want daar is gewis geen ouderdomsperk op witwarm en sexy nie.

Hulle dra elegante hakskoene en uitrustings, en kook behoorlik op die rooi tapyt. Hulle balanseer ’n dinamiese loopbaan met’n huwelik en kinders terwyl hulle na hul gesondheid omsien.

Hier is ’n paar van dié nuwe rolmodelle.

VIOLA DAVIS (53)

View this post on Instagram

~MOOD~ ?? @williamshirakawa for @variety Styled by @elizabethstewart1 Hair by @jamikawilson Makeup by @autumnmoultriebeauty Nails by @lisajachno

A post shared by Viola Davis (@violadavis) on

Haar volmaakte gelaat en skitterwit glimlag laat haar altyd op die rooi tapyt uitstaan.

Dié aktrise en vervaardiger wat aldrie keer vir ’n Oscar benoem is en vanjaar dié vir beste vroulike byspeler gewen het, sê dis hardewerk om haar vel mooi te hou.

Haar bloosplesiertjie

Sy is verslaafaan skoonheidsprodukte.

“Ek vul dietamaai Ziploc-sakke met produkte watek elke maand uitgooi en aanvul.”

Haar skoonheidsgeheim

Vaseline is haarbeste maat.

“Ek het arm groot geword en ons moes dus Vaseline gebruik. Dit was bekostigbaar en geredelik beskikbaar, en die belangrikste van alles: Dit het wondere verrig, toe en vandag nog.”

Uit haar mond

“Ek’s ’n swart Amerikaner en het dus ’n droë vel. Hulle noem dit ‘asvaal’. Ons sê altyd dit lyk asof jy in meel gerol het.” Wel, ons bespeur geen teken daar vannie; Viola, jy lyk pragtig

‘Ek wil net my velkleur vier –en my lieflike borsgleufie’

CINDY CRAWFORD (53)

View this post on Instagram

@stewartshining got me smiling ?? @harpersbazaarturkiye

A post shared by Cindy Crawford (@cindycrawford) on

Cindy het in die 1980’s en’90’s die loopplanke oorheers, maar niks van haar towerkrag as supermodel verloor nie. Dié ma van twee het onlangs ’n foto van haar in ’n treffende rooirok op Instagram gedeel.

Met lang bruin lokke en daai kenmerkende gesigmoesie is sy so ikonies soos altyd.

Haar bloosplesiertjie

Sy het ’n suikertand en is versot op sjokolade. En daar is altyd ’n bottel pinot grigio in haar yskas.

View this post on Instagram

Spring flowers for @MeaningfulBeauty. ?? @norman__wong

A post shared by Cindy Crawford (@cindycrawford) on


Haar skoonheidsgeheim

Cindy se leuse is “skoonheid wat dubbele diens doen”.

Wanneer sy oefen en weet sy gaan daarna haar harewas, wend sy vooraf ’n opknapper aan.

“ ’n Olierige poniestert in ’n oefensessie het nog nooit skade gedoen nie.”

Sy skuur ook getrou haar hakke en wend helende salf aan, want “as jy na jou voete kyk, kyk jy na die res van jou”.

Uit haar mond

“Dankbaarheid is waarskynlik die belangrikste ding in die lewe. As jy dankbaar is, kan jy nie anders as om gelukkig tewees nie.”

SANDRA BULLOCK (55)

View this post on Instagram

Happy Birthday to the great Sandra Bullock!

A post shared by Ocean’s 8 (@oceans8movie) on

Dié varsgesigskoonheid is in 2015 as die tydskrif People se mooiste vrou aangewys, ’n volle 15 jaar na­dat sy ’n tiara in die trefferfliek Miss Congeniality gedra het.

Haar blywende skoonheid is danksy Moeder Natuur, nie ’n dokter se mes nie, en sy het haar al sterk uit­gespreek teen plastiese chirurgie.

Haar bloosplesiertjie

Sy kan ge­morskos af en toe nie weerstaannie.

“ ’n Bietjie slaptjips en gaskoeldrank sal nie skade doen nie,” sê sy.

Haar skoonheidsgeheim

Sy glo nie daaraan om ’n fortuin aan velsorg­produkte of grimering te bestee nie. Sandra maak haar gesig met ’n waslap skoon, gevolg deur ’n spatsel vogroom – en as sy effens moeite wil doen wanneer sy uitgaan, dra sy ’n tikkie maskara.

View this post on Instagram

The Mastermind: Sandra Bullock. #Oceans8

A post shared by Ocean’s 8 (@oceans8movie) on

Uit haar mond

“Ware skoonheid is stil. Die mense wat vir my die mooiste is, is dié wat nie hard probeer nie.

SHARON STONE (61)

Sy was dalk op haar beste toe sy in 1992in Basic Instinct lyf gewys het, maar Sharon is vandag nog beeldskoon. Die sexy blonde haarstyl, deurdringende oë en lae halslyne laat haar beslis nie lyk na ’n vrou van by die 60 jaar nie.

Dis moeilik om te glo sy het in 2001 by die dood om­gedraai weens breinbloeding.

Sy sê dit het “twee jaar geduurom weer te leer loop en praat”.

En nou leef sy op­nuut voluit.

Haar bloosplesiertjie

Sy is nie mal oor oefen nieen kry net genoeg daar­van “sodat ek nie vet word nie. Ek probeer nie om die mooiste vrou ter wêreld tewees nie.”

Haar skoonheidsgeheim

Sharon glo in velvullers, oftewel inspuitings wat diegesig voller laat voorkom.

“Dis ’n baie beter benadering as om aan jou gesig telaat sny en op die ou end te lyk asof ’n windtonnel jou ingesuig het.”

Uit haar mond

“Hulle sê in Hollywood mag ’n mens nie ouer word nie, maar wiede hel gee om wat Hollywood oor enigiets dink?”

ANGELA BASSETT (60)

Daai wangbene, glimlag en ge­beitelde arms . . . kan dié vrou enigsins mooier wees? As dit kom by oudword met grasie, het die ster van What’s Love Got to Do with It beslis die reëlboek geskryf.

Sy sê ’n mooi gelaat is haar geheim –en dít is aan haar ma te danke.

“Al het my ma nie baie geld ge­had nie, het sy my elke ses weke na ’n dermatoloog ge­neem toe ek ’n tiener was. Sy’t my geleer hoe belangrik dit is om jouself te versorg.”

View this post on Instagram

#flashbackfridayfierceness

A post shared by Angela Bassett (@im.angelabassett) on

Haar bloosplesiertjie

Angela is versot op rooiwyn en koek.

“Maar nie saam nie! Rooiwyn met skyfies. En koek op syeie.”

Haar skoonheidsgeheim

Sy gaan graag gim toe.

“Ek is die koningin van oefenmet gewigte en doendit ’n paar keer per week. Dit hou my lyf ferm.”

Uit haar mond

“Ek kykmooi na my tande –kunstande is nie sexy nie.

‘Ek probeer myglimlag behou. ’n Glimlag hou alles bymekaar’