Bella en haar ouer suster, die supermodel Gigi Hadid (25), neem behoorlik die modewêreld op horings. 

View this post on Instagram

I love my @versace family @donatella_versace @pg_dmcasting @samuel_ellis @gabesemeraro Missing you , Loving you, sending kisses to Milan ??

A post shared by Bella ?? (@bellahadid) on

Bella het in 2008 begin naam maak in die modebedryf en het al selfs vlerke gekry en tydens die Victoria’s Secret-modevertoning op die loopplank gepryk. Ons kyk na haar pad na sterstatus.  

Bella Hadid
Foto: Gallo Images/Getty Images

Haar ewe bekende sibbe

Bella is baie familievas en word altyd afgeneem saam met haar ousus, Gigi, en jonger broer, Anwar (21), wat ook sy lyf model hou. Die driestuks is ongetwyfeld die beroemdste model-sibbe ter wêreld.

View this post on Instagram

??

A post shared by Bella ?? (@bellahadid) on

Die drie volg in hul ma, Yolanda Hadid (56), se voetspore. Dié boorling van Nederland is self 'n bekende model. Die Hadid-sibbe se ma, Yolanda, en pa, Mohamed Hadid (71), 'n eiendomsontwikkelaar van Palestynse afkoms, was albei immigrante in Amerika toe hulle ontmoet het. Die paartjie was van 1994 tot 2000 getroud.

Van links: Gigi, Anwar, hul ma, Yolanda, en Bella
Van links: Gigi, Anwar, hul ma, Yolanda, en Bella Hadid. Foto: Gallo Images/Getty Images

Yolanda was intussen ook al met die bekende musiek-magnaat en liedjieskrywer David Foster (70) getroud terwyl Mohamed in 2019 verloof geraak het aan die aktrise Shiva Safai (40). Hul paadjies het intussen ook geskei.  

Susterliefde

Sedert Bella se ousus, Gigi, vroeër vanjaar tydens die inperking aangekondig het sy is swanger met haar en haar sangerkêrel Zayn Malik se eersteling, was Bella daar om die paartjie te ondersteun. 

Kort voor die geboorte van haar susterskind het Bella die oulikste foto van haar en Gigi gedeel waar sy behoorlik koer oor haar suster, Zayn en hul kleinding wat op pad is.  

Haar bekende eks

Die tonge het omtrent geklap toe Bella en die Kanadese sanger The Weeknd in 2015 saam by die Amerikaanse musiekfees Coachella gekiek is.

Volgens die tydskrif Elle het die paartjie ontmoet toe hulle saam aan ’n projek gewerk het. Die twee se verhouding was sedertdien aan en af. In 2017 is die sanger, wat eintlik Abel Tesfaye heet, romanties verbind met die sangeres Selena Gomez. 

Hy en Bella het weer in 2018 begin uitgaan, maar hul paaie het intussen finaal geskei.  

Bella en haar eks, The Weeknd.
Bella en haar eks, The Weeknd. Foto: Gallo Images/Getty Images

Modelloopbaan

Bella moes hard werk om in die modelbedryf naam te maak. Sy het op 16 haar lyf begin model hou, maar het in 2014 haar debuut op die loopplank gemaak tydens ’n modeskou vir die ontwerper Desigual. 

View this post on Instagram

Miss it??

A post shared by Bella ?? (@bellahadid) on

’n Jaar later het sy haar voete behoorlik gevind en op die loopplank gepryk vir groot modename soos Marc Jacobs, Tommy Hilfiger en Jeremy Scott. 

Die Hadid-suster het ook 'n hegte band met die legendariese modeontwerper Karl Lagerfeld gehad, wat in 2019 oorlede is.

Bella het in 2016 haar debuut vir Victoria’s Secret gemaak en deesdae staan ontwerpers tou om saam met dié donkerkop-model te werk. 

Hoe kry sy dit reg om altyd beeldskoon te lyk? 

'n Mens sou dink dat ure lange pamperlangsessies die geheim is agter dié bedrywige model se voorkoms, maar Bella hou dit eintlik eenvoudig. Sy glo daaraan om nie met grimering aan te slaap nie.

As sy wel met grimering aan die slaap raak, staan sy in die middel van die nag op om dit te verwyder. Die model glo ook nie daaraan om gesigbehandelings te kry nie. Haar vel is baie droog, meen sy. Dis dié dat sy dit ten alle tye goed bevogtig. 


Bella het al op die modebybel Vogue se YouTube-kanaal haar skoonheidsroetine ná ’n lang vlug gedeel. Loer gerus hier as jy dalk gereeld op die pad is en ’n oplossing soek om ten alle tye vars te lyk.

Hier is 5 van Bella se beste rooitapyt-oomblikke

As dit kom by mode is daar niks wat jy dié glansvrou kan leer nie. Hier is vyf keer wat Bella die koppe op die rooitapyt laat draai het. 

1. Dramaties in rooi! Bella wys been in 'n vloerlengte Roberto Cavalli-rok in 2019 by die Cannes-rolprentfees in Frankryk.

Bella Hadid
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Die ou-Hollywoodse voorkoms

Bella Hadid
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Sexy in silwer: Die model staan uit in 'n Elie Saab-skepping in 2018 by die Cannes-rolprentfees.

Bella Hadid
Foto: Gallo Images/Getty Images
Bella Hadid
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Sjiek in swart

Bella Hadid
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Prinses van die rooitapyt: Bella lyk soos ’n droom in 'n stylvolle, sjampanje-gekleurde aandrok.

Bella Hadid
Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: Insider.com, Elle.com, Vogue.com, Thethings.com, India.com