SKOONMAAK

WENKE

  • Maak jou grimeergereedskap minstens een keer per week skoon om te keer dat oorblyfsels van grimering aan jou kwaste aanpak. As jy nie jou kwaste skoonmaak nie, sal die grimering set en die haartjies uitdroog, wat dit meer geneig maak om te breek. Vuil kwaste skep ook broeiplek vir bakterieë wat baie skadelik vir jou vel kan wees.
  • Gebruik louwarm water en ’n matige seep of sjampoe om die oorblyfsels sagkens te verwyder.
  • Maak jou grimeerkwaste liefs met die hand skoon. Dit sal verseker dat jy sagkens maar doeltreffend te werk gaan.
  • Was jou kwaste in ’n wasbak sodat jy nie te veel water mors nie. Spoel dit dan met lopende water af, en vervang die water halfpad deur as jy baie kwaste het.
  • Maak jou haarborsel gereeld skoon, en sorg dat jy ou hare van die borsel verwyder. Dit sal die borsel doeltreffender maak. Oorblyfsels van haarprodukte kan ook verhoed dat jou borsel werk soos dit moet.

GRIMEERKWASTE

Volg dié stappe om jou grimeerkwaste soos onderlaag-, poeier- en oogskadukwaste te was.

grimeerkwas
Foto: Gallo Images/Getty Images

1. Doop die kwas in water. Dit help vuilheid versag en losmaak voor jy seep aanwend.

grimeerkwas
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Wend ’n hoeveelheid seep so groot soos ’n munt aan jou palm aan; vryf die kwas daaroor.

grimeerkwas
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Beweeg die kwas in sirkelbewegings tot dit skuim. Herhaal stappe 2 en 3.

grimeerkwas
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Sodra die kwas skoon is, druk oortollige water sagkens met jou duim en wysvinger uit.

grimeerkwas
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Wanneer jy klaar is, hou die hare van die kwas onder lopende water om al die seep af te spoel.

borsel
Foto: Gallo Images/Getty Images

HAARGEREEDSKAP

STAPPE

KAM 

1. Gebruik jou vingers om hare uit jou kam te verwyder. Gebruik ’n kam om hare uit jou borsel te verwyder sodat jy die hare sagkens van die borselhare kan afwikkel.

2. Breëtandkamme is maklik om skoon te maak, want daar is baie ruimte tussen die tande. Plaas bloot die kam in seepwater en vryf met jou hand daaroor. Gebruik ’n ou tandeborsel vir kamme met klein gapings. Was haarborsels deur dit in seepwater te plaas en die kam deur te trek tot niks aan die borsel oor is nie.

3. Hou die kam en borsel onder lopende water om die seep af te spoel 

kam
Foto's: Gallo Images/Getty Images

BORSEL

borsel
Foto's: Gallo Images/Getty Images

WANNEER JY DIT MOET WEGGOOI

Dit maak nie saak hoe goed jy jou skoonheidsgereedskap oppas nie, jy sal in die een of ander stadium daarvan ontslae moet raak.

  • Haarborsels en kamme hou dalk langer as grimeergereedskap, maar dit word steeds deur haardroërs, stryktange en algemene gebruik beskadig. As jou borsel of kam nie meer koeke en knope behoorlik verwyder nie maar eerder aan jou hare haak, is dit tyd om daarvan ontslae te raak.
  • Gooi jou grimeerkwas weg wanneer die hare daarvan begin uitval. Jy hoef nie daarmee weg te doen as dit net een haar af en toe is nie, maar as meer as vyf tydens een keer se gebruik uitval, moet jy die kwas liewer groet.

BÊRE EN DROOGMAAK

hare, Borsel
Foto: Gallo Images/Getty Images

  • Maak altyd jou kwaste plat droog tensy jy dit onderstebo kan hang.
  • Moenie dit regop droogmaak nie, want die water van die hare sal in die houthandvatsel beland en dit beskadig. SSorg dat die hare van jou kwaste reguit is wanneer jy dit droogmaak. As dit gebuig droog word, sal dit waarskynlik so bly tot jy dit weer was of, erger nog, nooit weer na hul oorspronklike vorm terugkeer nie.
  • Moet nooit jou kwaste met die hare na onder of saamgedruk bêre nie, want dit sal dit misvorm en nutteloos maak. Bêre dit regop of plat.
  • Die houer waarin jy jou kwaste bêre, moet minstens die helfte van die lengte van jou kwaste wees, maar nie langer as jou kwaste nie. As dit te klein is, kan jou kwaste uitval, en as dit te lank is, sal jy nie maklik by hulle kan uitkom nie.
  • Omdat haarborsels en kamme stewiger en sterker is, kan jy dit plat in ’n mandjie of regop bêre. Moenie dit indruk in ’n beknopte plek wat die hare sal misvorm nie. 
Gereedskap
Foto: Gallo Images/Getty Images

HOE GEREELD MOET EK DIT SKOONMAAK?

Dis maklik om haargereedskap skoon te maak. Anders as grimeertoerusting bevat dit nie te veel oorblyfsels nie, maar jy moet dit steeds gereeld reinig: een keer elke 10 dae of een keer per week as jou hare baie uitval. As jy produkte gebruik wat oorblyfsels laat, byvoorbeeld jel of olie, maak dit elke drie dae skoon.