Topkleure
As jy nie dol is oor naelkuns nie, beproef een van dié modekleure (van bo, links): Yardley Stayfast Nail Vinyl in Miss Scarlet R45: Mavala Nail Colour Pearl in Santiago R84; Morgan Taylor Professional Nail Lacquer in All the Queen’s Bling R150; Yardley Stayfast Nail Vinyl in Moody Blue R45; Michelle Ori Long Stay Nail Polish in Rain R70; Catrice Lux Chrome Foil Effect Polish in Liquid Silver R80; Essence Glitter On Glitter Off Peel Off Nail Polish in Razzle Dazzle R55; Morgan Taylor Professional Nail Lacquer in Mauve Your Feet R150

Goud en babablou
Goud en babablou. Foto: Gallo Images/Getty Images
Catrice Ultimate Nail Lacquer in The Sky So Fly R5
Catrice Ultimate Nail Lacquer in The Sky So Fly R54; Sorbet Glam Effect Salon Professional Finish in Golden Oldie R93

Verf jou naels blou en voeg goud – of selfs wit – aan die punte by. As jy ’n beginner is met naelkuns, gebruik Franse naelplakkers om dit makliker te maak om die goud of wit netjies aan te wend.

SWART EN WIT
Swart en wit. Foto: Gallo Images/Getty Images
Swart en wit. Foto: Gallo Images/Getty Images
L.O.V Lovinity Long Lasting Nail Lacquer Subtle Sh
L.O.V Lovinity Long Lasting Nail Lacquer Subtle Shadow R144,95; Orly White Tips Nail Polish R174

Dié klassieke kleurkombinasie is ’n wenner wanneer jy ’n marmer-effek skep. Verf jou naels wit en wag dat dit droog word.

Gebruik ’n ou lipomlynerkwas of ’n dun kwas wat jy by ’n naelwinkel kan koop en verf die swart marmer-effek op.

Sorg dat daar genoeg naellak aan die kwas is, want die swart naellak moet taamlik dik wees om die gewenste effek te skep. Jy kan ook die kleure omruil en swart as die basis gebruik en wit vir die marmer-effek bo-op.

Groen en geel
Groen en geel. Foto: Gallo Images/Getty Images
Groen en geel. Foto: Gallo Images/Getty Images
Morgan Taylor Professional Nail Lacquer in Days in
Morgan Taylor Professional Nail Lacquer in Days in the Sun R150; Smith & Cult Nail Colour in Feed the Rich R383

Dié twee kleure gaan hand aan hand. Ons hou veral van die kombinasie van blougroen en heldergeel, want dit skep ’n mooi kontras tussen die donkergroen en helder sonskynskakerings.

Gebruik ’n dun kwas om geometriese ontwerpe te skep. Begin met ’n eenvoudige vorm en probeer ingewikkelder ontwerpe namate jy beter raak.

Bleek en swart
Swart en wit. Foto: Gallo Images/Getty Images
Swart en wit. Foto: Gallo Images/Getty Images
L.O.V Lovinity Long Lasting Nail Lacquer Subtle Sh
L.O.V Lovinity Long Lasting Nail Lacquer Subtle Shadow R144,95; Orly White Tips Nail Polish R174

Die kombinasie van bleek en swart is perfek vir konser­watiewer omgewings, soos by die werk, want dit lyk formeel en sjiek saam. Hou jou naelkuns eenvoudig vir ’n gesofistikeerde voorkoms.

Rooi en silwer
Rooi en silwer. Foto: Gallo Images/Getty Images
Rooi en silwer. Foto: Gallo Images/Getty Images
Essie Nail Lacquer in Gadget Free R99; Catrice Ult
Essie Nail Lacquer in Gadget Free R99; Catrice Ultimate Nail Lacquer in Caught on the Red Carpet R54

Voeg silwer lyne by treffende rooi om ’n tikkie speelsheid te skep. Jy kan dit horisontaal en/of vertikaal aanwend. Gebruik silwer strookplakkers as jou hand neig om te bewe.

Naelwenke
  • Maak jou naelvliesies sag deur jou vingers sowat vyf minute in warm water te week voor jy die vliesies terugdruk.
  • Verwyder kladmerke om jou nael met ’n oogomlynerkwas of wattestokkie wat in naellakverwyderaar geweek is. Dit sal in die knap hoekies inkom en help met noukeurigheid.
  • Sorg dat naellak aan jou nael klou deur watte wat in witwynasyn geweek is op jou naels te plaas. Dit sal enige olies van die naels verwyder.
  • Moenie jou naellakbottel skud nie. Rol die bottel eerder tussen jou hande asof jy hulle saamvryf. Dit sal keer dat die naellak borreltjies maak wanneer jy dit aanverf.
  • Gebruik loperige naellak wanneer jy vorms of ontwerpe verf. Dis makliker om mee te werk en raak vinniger droog. Dikker politoer sal goed werk as jy die politoer wil drup om ’n marmereffek te skep.
  • Smeer Vaseline aan die vel om jou naels om te keer dat jou naellak klad.

Kry dit hier
  • Catrice (Dis-Chem 0800-201-170)
  • Essence (Clicks 0860-254-257)
  • Essie 011-447-0659
  • L.O.V
  • Mavala (Clicks 0860-254-257)
  • Michelle Ori 011-455-4875
  • Morgan Taylor 0860-022-002
  • Orly
  • Smith & Cult
  • Sorbet (Clicks 0860-254-257)
  • Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.