Dit lyk of prins Harry (35) en sy vrou, Meghan (38), uiteindelik kan asem skep na hul uittrede van hul koninklike pligte en hul groot trek uit Brittanje. Die paartjie en hul 10 maande oue seuntjie, Archie, het aanvanklik hulle in Kanada gevestig, maar luidens berigte het hulle glo onlangs na Meghan se geboorteland, Amerika, verhuis. Die gesin woon glo nou in Los Angeles.

Die rooikop-prins en sy vrou het smoorverlief gelyk toe hulle onlangs hul laaste koninklike pligte in Engeland uitgevoer het. 

Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images

En dit lyk op die oog af of die hertogin van Sussex se skoonheidsroetine aangepas is, want haar grimering is helder en meer waaghalsig as ooit tevore.

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die voormalige Suits-aktrise het met haar glansryke grimering en in ’n nousluitende blougroen rok deur die Britse ontwerper Victoria Beckham die koppe laat draai toe die paartjie onder ’n sambreel by die Endeavour Fund-toekenningsgeleentheid in Londen aankom. Kan jy sê Hollywood-glans?

Dis nie waar dit eindig nie. Meghan en Harry was die ene swier en glans toe hulle die Mountbatten-musiekfees by die Royal Albert Hall in die Britse hoofstad bygewoon het. Meghan het beeldskoon gelyk in ’n rooi aandrok deur die ontwerper Safiyaa aan manlief Harry se sy, terwyl die prins weer uitgetof was in volle militêre mondering vir sy finale verskyning as kaptein-generaal van die koninklike marinierskorps.

Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images

Maar wie steek agter Meghan se nuwe beeldskone voorkoms? 

Meghan se goeie vriend en grimeerkunstaar Daniel Martin is glo die man agter Meghan se glansryke grimering tydens haar en Harry se toer om die koninklike lewe vaarwel te roep.

Daniel, wat tans in New York bly, het spesiaal na Engeland gevlieg om seker te maak sy vriendin lyk op haar beste. By ’n foto wat Daniel van Meghan op Instagram gedeel het, het hy geskryf: “Dankie dat ek jou weer kon mooimaak my lief.” 

View this post on Instagram

??????

A post shared by Daniel Martin (@danielmartin) on

Nou is dalk die perfekte tyd om jou grimeer-palette en grimeerborsels skoon te maak terwyl jy tydens inperking tuis is. Volgens Daniel was hy sy grimeerborsels sommer met gewone opwasmiddel.  

Van rooi lipstiffie tot blou oogskadu, hier is ons gunsteling Meghan-glansoomblikke. 

1. Groen godin

Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images
Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Koninklik in blou

Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Die mooiste rooi 

Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images
Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images
Meghan en Harry
Foto: Gallo Images/Getty Images

Huisgenoot se skoonheidsredakteur het voorheen gewys hoe jy skoonheidsgereedskap skoon kan maak en bêre. 

Bronne: Daily Mail, Express.co.uk, Cosmopolitan, Daily Mail