Donkerpienk

DIE VOORKOMS

Ashley Benson Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 1

Wend jou onderlaag soos gewoonlik aan en skakeer dan jou blosser aan die appels van jou wange na jou slape toe in.

STAP 2

Kleur jou wenkbroue met ’n wenkbroupotlood of maskara in. Voller wenkbroue kan net netjies geborsel word.

STAP 3

Wend ligbruin oogskadu aan jou boonste ooglede aan. Gebruik dan ’n glimmende oogomlyner aan die binnehoeke van jou oë en jou boonste en onderste ooglede.

STAP 4

Wend ’n paar lae maskara aan jou onderste en boonste wimpers aan.

STAP 5

Smeer laastens ’n laag pienk lipglans aan jou lippe.

Physicians Formula Shimmer Strips Kohl Kajal Eyeliner Trio Nude Eyes R199,95
Clarins Perfect Eyes & Brow Palette R550
Yardley High Definition Mascara in Black R151,95
Yardley Blush in Safari Sunset R131
Glo Minerals Gloss in Whisper R475
L’Oreal Brow Artist in Dark Brunette R149

Oranje

DIE VOORKOMS

Kate Bosworth Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 1

Wend jou onderlaag soos gewoonlik aan en skakeer dan jou donkeroranje blosser aan die appels van jou wange na die buitepunt van jou wenkbroue toe in.

STAP 2

Kleur jou wenkbroue met ’n wenkbroupotlood in.

STAP 3

Wend ’n koper of donkeroranje oogskadu aan jou boonste en onderste ooglede aan. Skakeer die kleur na die binnehoeke van jou oë toe in.

STAP 4

Wend maskara aan die boonste en onderste wimpers aan. Voeg strookwimpers by as jy wil.

STAP 5

Wend ’n donkeroranje lipstiffie aan.

Yardley Intense Lash Tinting Mascara in Black R151,95
NYX Liquid Suede Cream Lipstick in Orange County R149,95
Smashbox Be Legendary Lipstick in Sunset R150
Rimmel Brow This Way Brow Styling Gel in Dark Brown R94,95
Essence My Only 1 Eyeshadow Palette R210
NYX Professional Makeup HD Blush in Summer R130

Kry dit hier

Clarins 011-809-6300; Essence (Clicks 0860-254-257); Glo Minerals (www.fragrancefanatic.store); L’Oreal 0860-102-491; NYX (Clicks 0860-254-257); Physicians Formula (Dis-Chem 0800-201-170); Rimmel 0800-463-446; Smashbox 0800-203-925; Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.