Was

Talle mense skram weg van was omdat dit seermaak, maar ander is mal daaroor. Dis omdat hul vel langer as met skeer of haarverwyderingsroom glad bly.

Was kan jou ook met minder hare laat, want dit trek die hare van die wortel af uit. Dit beskadig die haarfollikel en laat die hare dunner en minder dig uitgroei.

Met dié metode word warm was of ’n wasstrook aan jou vel aangewend en dan met ’n vinnige beweging verwyder om die hare van die wortel af uit te ruk. 

Voordele

  • Was lewer sysagte resultate wat langer as skeer of haarverwyderingsroom hou.
  • Dit werk aan enige deel van die lyf.
  • As jy gereeld was gebruik, kan jou hare mettertyd sagter en dunner teruggroei.
  • Dis bekostigbaar.

Nadele

  • Dit is pynlik en kan jou vel seer en rooi laat.
  • Dit kan ingroeihare veroorsaak, veral as jy krulhare het.
was
Veet Easy-Gelwax Strips Body & Legs R119,99 vir 40 stroke
was
Sorbet Wax Me! I’m Famous Microwavable Film Wax for Legs & Body R199 vir 400 g
was
Clicks Wax Strips Hair Removal for Legs R59,99 vir 20 stroke
was
Mandy’s Hot Wax Mug R79,99 vir 200 g

Skeer

Skeer is pynloos en maklik en ’n algemene haarverwyderingsmetode. Dit gee jou egter nie dieselfde gladde resultate as was nie. Aangesien die hare net van die oppervlak van die vel verwyder word, nie van die wortels af nie, sal jou hare ook vinniger teruggroei.

Of jy ’n skeermes of masjien gebruik, skeer in die rigting van jou haargroei, want dit verminder ingroeihare en knoppe.

Voordele

  • Dis vinnig en maklik.
  • Dis goedkoop.

Nadele

Skeermesse kan jou vel laat verdonker weens voortdurende gebruik en skeerbrand.

  • Dit kan ingroeihare veroorsaak, na gelang van jou haarsoort.
  • Jy kan jou sny wanneer jy skeer.
  • Die metode lewer nie die gladste skeer nie, veral as jy ’n masjien gebruik.
skeermesse
Bic Twin Lady R31,95 vir 5
skeermesse
Remington Smooth & Silky Ultimate Bikini Kit R349
skeermesse
Remington Smooth & Silky Lady Shaver R199
skeermesse
Bic Twin Lady R31,95 vir 5

Haarverwyderingsroom

Haarverwyderingsroom is nog ’n vinnige en maklike metode om van lastige hare ontslae te raak. Maar weens die chemikalieë in die produk is dit dalk nie die geskikste vir mense met ’n sensitiewe vel nie.

Haar­verwyderingsrome word aan die vel gesmeer en aangelos om die hare op die vel se oppervlak op te los en te laat afbreek. Dit dring egter nie die vel binne nie; dus raak dit nie van die hare se wortels ontslae nie.

Voordele

  • Dit is maklik om te gebruik.SDie meeste haarverwyderingsprodukte is bekostigbaar.
  • Die produk kan ’n hele paar keer gebruik word en hou langer.

Nadele

  • Dit kan velirritasie vereger.
haarroom
Pure Beginnings Shave Crème R114 vir 150 ml
Haarverwyderingsroom
Veet In-Shower Hair Removal Cream R115 vir 150 ml
Haarverwyderingsroom
Mandy’s In-Shower Hair Removal Cream R89,95 vir 135 ml
Haarverwyderingsroom
Nair Argan Oil Bikini & Underam Glide-On Hair Remover R95,95 vir 100 ml

Laserhaarverwydering

Nog ’n opsie is laserhaarverwydering in ’n salon. Verskillende soorte laserhaarverwyderingsprosedures word by verskillende salonne aangebied, en dit word gedurig verbeter.  

Met laser word ’n laserlig gebruik om die haar van onder die vel te vernietig en te keer dat dit weer groei.

Jy moet vir ’n paar sessies gaan om al jou hare te laat verwyder, en afhangend van die tegnologie kan dit pynloos wees of ’n bietjie pyn veroorsaak.

Maar dit kan wel swelling en rooiheid veroorsaak. Al word beweer sommige laserhaarverwyderingstegnieke kan hare permanent verwyder, is dit nie altyd die geval nie.

Party mense se hare sal teruggroei, maar die hare is gewoonlik veel minder en sagter, en hulle sal elke af en toe vir ’n opvolgbehandeling moet gaan. 

WENKE

  • Moenie jou skeermes in die stort los nie, want die humiditeit laat dit roes en stomp raak. Dit sal dan later jou vel irriteer.
  • Maak altyd jou skeermes skoon en droog nadat jy dit gebruik het.
  • Voorkom skeerbrand deur nie meer as een keer op ’n slag oor dieselfde area te skeer nie.
  • Gooi jou skeermes(lem) weg sodra dit stomp is.
  • Moenie jou haarverwyderingsroom tot later as die vervaldatum hou nie en bêre dit weg van direkte sonlig of hitte.
  • Volg die aanwysings van jou wasprodukte noukeurig.

Voor- en nasorg

Jy moet weet hoe om jou vel vooraf en agterna te behandel sodat jy die beste resultate uit jou haarverwyderingsmetodes kry:

Voor jy jou hare verwyder

  • Skilfer af om dooie velselle te verwyder. Dit sal jou haarverwy-deringsprodukte doeltreffender maak en die kans verminder dat jy ingroeihare kry.
  • Versag die hare met ’n warm nat handdoek nadat jy afgeskilfer het. Dit sal die hare maklik help verwyder – veral as jy skeer.
nasorg produkte
Lipidol After Shave Oil R79,99 vir 100 ml
nasorg produkte
Fino Woman Soothe Post Shave & Wax Balm R54,59 vir 50 ml
nasorg produkte
Sorbet Spa Escape Reveal Body Scrub R52 vir 200 g

Nadat jy jou hare verwyder het

  • Gebruik ’n bevogtigende salf of olie nadat jy geskeer het om die vel te streel en te bevog.
  • Onthou om die area elke 3-4 dae af te skilfer. Dit sal ook ingroeihare help voorkom. As jy was gebruik, moenie dadelik daarna af­skilfer nie, want jou vel sal seer en rooi wees. Wag dat die rooiheid weggaan voor jy afskilfer.
  • Vermy skerp of sterk gegeurde produkte ­nadat jy hare van jou vel verwyder het, want dit kan ontsteking veroorsaak.
  • Dit is in die haak om verskillende metodes van haar­verwydering aan jou lyf te gebruik om vir die verskillende areas voor­siening te maak.
  • Om die vel te streel nadat jy dit met was behandel of geskeer het, kan jy ’n yspak gebruik om rooiheid of ontsteking te verlig. 
Kry dit hier

Bic (Clicks 0860-254-257); Clicks 0860-254-257; Fino 021-448-8847; lipidol.com; Mandy’s 0860-103-517; Nair (Clicks 0860-254-257); Pure Beginnings (faithful-to-nature.co.za); Remington (Clicks 0860-254-257); Schick 0800-669-170; Sorbet 011-202-9740; Veet 0861-111-100

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie. 

Ekstra bronne: veet.co.za, mandys.co.za