ROOI

Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit gaan nooit uit die mode nie, en jy kan dit na enige geleentheid dra, van ’n middagete tot ’n aandjie uit.

Dit pas boonop by almal; jy moet net jou skakering vind. 

Helderrooi lyk mooi op tussenin- en donker velkleure, en rooi met oranje ondertone komplementeer ligter velkleure. 

PIENK

Foto: Gallo Images/Getty Images
Dis ’n speelse kleur en net so veelsydig soos rooi – jy kan dit op kantoor of na ’n troue dra. 

Dit is dus die perfekte kleur vir meer ontspanne, informele geleenthede. 

Ligte en tussenin-velkleure lyk goed met helderpienk, terwyl pastel soos baba- of stofpienk by die meeste velsoorte pas.

Wenk
Moenie bekommerd wees as jy die verkeerde skakering pienk gekoop het nie. Jy kan dit steeds gebruik. 

Skakeer die lipstiffie met ’n lippotlood wat by jou velkleur pas – die ondertoon van die nuwe skakering sal jou velkleur komplementeer.

PERS

Foto: Gallo Images/Getty Images

Pers is perfek as jy die koppe wil laat draai.

Die kleur is dramaties en ongewoon genoeg om uit te staan, maar nie te oordadig nie. 

Ligpers skakerings werk goed by ligte velkleure. 

Helderpers lyk fantasties by tussenin- en donker velkleure. 

Donkerder skakerings lyk goed by ligte velkleure, terwyl ’n ligter skakering van donkerpers goed lyk by tussenin- en donker velle.

AWEREGS

Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit klink dalk ongewoon, maar kleure soos blou, groen en swart is hoogmode. 

As jy dapper is en die koppe wil laat draai, probeer een van hierdie ongewone kleure. 

As jy onseker is, dra dit saans, want dit sal nie so helder soos in die dag vertoon nie. 

Of probeer eers ’n blink lipstiffie, want dis minder intens as mat teksture.

Wenk
Dramatiese oë én lippe werk nie, veral as jy ’n ongewone skakering dra. 

Hou die ooggrimering minimaal. 

Gebruik oogomlyner en maskara en los die oogskadu.