Stylvolle eenvoud

Hou dit eenvoudig en kies ’n neutrale kleur soos swart, wit of ’n bleek skakering. Of maak ’n stelling met die landsvlag, ’n spatsel kleur of enkele groetwoorde vir die buitewêreld.

Kies die regte masker vir jou 

  • Gesigmaskers met bandjies werk die beste vir ’n gesig met ’n groter vorm. Dis verstelbaar.
  • Maskers met rekkies werk beter vir ’n kleiner kop, want dit druk nie jou ore in ’n ongemaklike posisie nie.
  • ’n Buff (’n buis van rekbare liggewiglap) kan ook gebruik word om jou mond, neus én nek te bedek. Dit gee ekstra warmte en is perfek vir draf en buitemuurse aktiwiteite.
  • ’n Deursigtige helm of gesigskerm maak dit makliker om te kommunikeer, want jou mond is sigbaar.
  • ’n Serpmasker is ’n serp en masker in een. Dis ideaal vir die winter. 

Maak dit so skoon 

Was jou hande minstens 20 sek. lank voor jy jou gesigmaker aansit, en moenie aan die voorkant van jou masker of jou oë, neus of mond raak wanneer jy dit afhaal nie. 

Was dit ná gebruik in die wasmasjien en sit dit deur die droër of hang dit in die son. Stryk is ook ’n goeie manier om jou masker te ontsmet.

Met bandjies   

masker
Poliëstersatyn met sy eie toeritssakkie R200, Dear Deer
masker
Vier lae (sonder filter, maar plek om ’n filter in die middel van die masker in te sit) R120 elk, Margot Molyneux
masker
Vier lae, met twee buitenstes van 100% katoen en twee filterstoflae in die middel R36, Kheper
masker
Dubbellaagmateriaal met ’n teenmikrobiese binnekant R69, Sportsmans Warehouse
masker
Drie lae, met verwyderbare materiaalfilter in die middel R70, Crystal Birch
masker
Drie lae, met verwyderbare materiaalfilter in die middel R70, Crystal Birch

Met rekke  

masker
Omkeer­bare masker met drie lae van 100% katoen R100, Casper ­Bosman
masker
Poliëstersatyn met sy eie toeritssakkie R200 elk, Dear Deer
masker
Drie lae, met twee buitenstes van 100% katoen en filterstoflaag tussenin R30, Nicole Maree Designs
maskers
Drie lae, met twee buitenstes van 100% katoen en filterstoflaag tussenin R40 elk, AmaniArt
maskers
Drie lae R156 vir ’n pak van 3, Cyla.Gonsolves

Prettige patrone

Al kruip jy agter ’n gesigmasker weg, kan daardie einste masker baie oor jou persoonlikheid verklap, net soos ’n uitrusting. Wys jou vrolike kant en kies funky patrone.

Moets  

Maak seker die masker pas reg en bedek jou hele neus en mond met geen gapings tussen jou gesig en die masker nie. Gebruik materiaal wat kan asemhaal, soos katoen of katoenmengsels.

Buigsaamheid is belangrik. As dit te moeilik is om ’n gesigmasker te gebruik, kies ’n buff of ronde serp. Dit pas knus oor jou gesig.  

’n Moenie  

Moenie ’n masker met rekkies dra wanneer jy oefen nie, want dit kan jou ore irriteer.

Dit sit óf te styf óf te los en maak dat jy meer tyd daaraan bestee om die masker te verstel as wat jy oefen.

Kry een met verstelbare bandjies vir die boonste en onderste deel sodat jy dit uit die staanspoor maklik kan pas en stewig vasmaak. Soek een van ’n wasbare materiaal en met ’n teenmikrobiese binnelaag

Met bandjies   

masker
Drie lae R25, Judith Atelier
masker
Vier lae, met twee buitenstes van 100% katoen en twee filterstoflae in die middel R39, Kheper
masker
Vier lae, met twee buitenstes van 100% katoen en twee filterstoflae in die middel R49, Kheper
masker
Drie lae denim R35, Face Masks Cape Town
masker
Drie lae in 100% katoen vanaf R35, LeFai By Faizaa
masker
Drie lae, met twee buitenstes van 50% polikatoen en ’n filterstoflaag tussenin R85 elk, The Pink Label

Met rekke   

maskers
Drie lae, met twee buitenstes van 100% katoen en filterstoflaag tussenin R90, Hse Of Bespoke Emporium
maskers
Drie lae met draad oor die neus R70, Lauren R Couture
maskers
Twee lae met ’n klein gat aan die onderkant sodat jy ’n filter kan insit R150, Ballo
maskers
Drie lae R75, Cyla.Gonsolves
maskers
Drie lae, met filterstoflaag in die middel R60 elk, Cape ­Cobra
maskers
Drie lae 100% katoen met ’n sakkie vir ’n filter en ’n dun draad oor die brug van die neus R40 elk, Sam&Seb

Ekstra beskerming

Geniet ’n stylvolle oggendwandeling met dié cool bedekkings.   

Gesigskerm 

As jy sukkel om ’n gesigmasker te dra, kan jy ’n gesigskerm kies.

skerm
Plastiekgesigskerm R380, Crystal Birch
skerm
Plastiekskerm (hoed nie ingesluit nie) R120 elk, Crystal Birch

Buffs en ronde serpe

Buffs en ronde serpe is perfek vir buitemuurse aktiwiteite soos stap, draf of fietsry. Dis lekker liggewig en sal jou warm en beskerm hou.

buffs
Buffnekverwarmer R195, takealot.com
buffs
Buffnekverwarmer R195, takealot.com

Lipleesmaskers

Die masker met sy deursigtige ruit stel dowes of gehoorgestremdes in staat om deur middel van liplees te kommunikeer.

lipleser
Lipleesmasker R85 posgeld uitgesluit, Made by Rowan
lipleser
Lipleesmasker R85 posgeld uitgesluit, Made by Rowan

Maskerserpe

Jy kan ook ’n maskerserp, ’n masker en serp in een, as ’n gesigbedekking gebruik.

masker
R500, Palse
masker
Jy kan ook ’n maskerserp, ’n masker en serp in een, as ’n gesigbedekking gebruik. R100, Styles By Tumi
masker
R500, Palse

Gids vir gesigbedekking 

  • Bandanas en serpe kan ook as gesigbedekking gebruik word. ­Serpe is ’n beter keuse, want dit is dikker en bied doeltreffender beskerming.
  • ’n Ronde serp wat jou neus en mond bedek, kan gemaklik lank gedra word. Dit is ook herbruikbaar en wasbaar.
  • Skerms is minder indringend as gesigmaskers. Wanneer jy ’n gesigskerm dra, moet jy sorg dit kom tot onder jou ken.
  • ’n Goeie manier van vasstel of ’n masker goed pas, is om daardeur asem te haal terwyl jy ’n bril dra. As dit jou bril laat opwasem, ontsnap die lug aan die bokant, wat beteken dit pas nie styf genoeg nie.

Belangrik 

Bêre jou gesigbedekking noukeurig volgens die aanwysings van die vervaardiger, want langdurige blootstelling aan vuilheid, olie, hitte, vogtige lug of die son se UV-strale kan dit beskadig en minder doeltreffend maak.

Vir kinders

Die kinders gaan mal wees oor dié gesigmaskers in verskillende patrone, kleure en style.

Wat werk die beste vir  kinders? 

Maskers met rekkies werk beter vir kinders, want dit pas stewiger aan hul gesig en die rekkies sal nie maklik loskom en afglip nie. Dit sal verhoed dat hulle aan die masker vat of vroetel.

Probeer die regte grootte vir jou kind kry sodat dit knus pas. ’n Vrolike, kleurryke ontwerp sal jong kinders minder skrikkerig en meer gewillig maak om ’n masker te dra.  

WENK

Laat kinders by die huis die masker dra sodat hulle kan oefen om daaraan gewoond te raak voor julle uitgaan.   

Leer hulle hoe om die masker aan te sit en af te haal, en beklemtoon die belangrikheid van hande was voor en nadat jy jou masker gedra het.

Verduidelik die voordele van die masker. Wees eerlik, maar fokus eerder op die goed wat maskers kan doen as op die sleg wat die coronavirus kan doen. 

Met rekkies

maskers
Drie lae, met twee buitenstes van 100% katoen en filterstoflaag tussenin R60, Hse Of Bespoke Emporium
maskers
Poliëstersatyn met sy eie toeritssakkie R180 elk, Dear Deer
maskers
3 lae, met 2 buitenstes van 100% katoen en filterstoflaag tussenin R20 elk, Nicole Maree Designs
maskers
Drie lae, met twee buitenstes van 100% katoen en filterstoflaag tussenin R20, Nicole Maree Designs
maskers
Drie lae, met twee buitenstes van 100% katoen en filterstof- laag tussenin R20, Nicole Maree Designs

Met bandjies

maskers
Drie lae van suiwer katoen vanaf R35 elk, LeFai By Faizaa
maskers
Vier lae, met twee buitenstes van 100% katoen en twee filterstoflae in die middel R39, Kheper
maskers
Vier lae, met twee buitenstes van 100% katoen en twee filterstoflae in die middel R39, Kheper

Gesigskerm

maskers
Skermhoed R140, Aconite Medical
maskers
Gesigskerm R330, Crystal Birch

Kry dit hier

Aconitemedical.com 081-493-3345; Amaniart.co.za; Ballo.co.za; Capecobra.com; Casper Bosman 083-390-1610; Crystal Birch Therealcrystalbirch.com; Cylagonsolves.com; Deardeer.co.za; Face masks cape Town instagram @maskscapetown; HSE Of Bespoke Emporium Instagram @hseofbespokeemporium; Judihatelier.co.za; Kheper.co.za 079-368-7068; lauren r couture instagram @Lauren_R_couture; Lefai by Faaiza 082-629-2881; made by rowan 072-166- 0226; Margotlyneux.com; Nicole Maree Designs 078-612-2607; Palse by ­Paledi Segapo instagram @Palse_sa; Samandseb.co.za; Sportsmans Warehouse 0800-007-030; Styles by Tumi 079-603-5529; Takealot.com; The pink label 011-704-0942

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom ­waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie ver­ant­woor­delik gehou kan word nie.