Hoë middel

Items met ’n hoë middel laat jou bene langer lyk, beklemtoon jou middel en help verbloem ’n magie.

Romp R189,95, Ackermans
Jeans R159,99, MRP

Getailleerd

Gee struktuur met ’n getailleerde baadjie wat by die middel ingevat is. Dra dit by ’n noupassende langbroek.

Lanvin-lente/somer 2018, Parys-modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Baadjie R799, H&M

Stylwenk
Gee ’n lang baadjie vorm met ’n breë belt om die middel.

DIE ROMP

’n A-lyn-romp met ’n breë soom en gestruktureerde vorm sal jou middel dunner laat lyk.

Deur David by David Tlale R999, Spree.co.za
R149, Woolworths

Kloktop

Laat jou middel dunner lyk deur tops te dra wat van die middel af uitklok. 

GOEIE WAARDE Kamisool R79,99, MRP
Stylwenk
Lyk wonderlik en in die mode in ’n kamisool met ’n heupval.

die belt

Trek jou middel in en gee lospassende items vorm deur ’n belt te dra. 

R99, H&M
R139 vir twee, Miladys
R250, Poetry
Stylwenk
Die taankleurige leerbelt pas perfek by ’n A-lyn-denimromp.

Perfekte patrone

Met die regte patroon kan jy die illusie van ’n dunner middel skep.

Rok R399, Woolworths
Stylwenk
’n Rok met die regte patroon gee jou ook in ’n kits ’n middel.

ingetrek

’n Ingetrekte middel of middelbelt het ’n verslankende uitwerking.

GOEIE ONTWERP Moulose baadjie vanaf R599, Miladys
Tuniek met belt R289, Makro

Stylwenk
’n Ingetrekte top of tuniek is baie vleiend vir ’n voller figuur.

OORGEVOU

’n Oorvourok skep ’n duidelike middel en vlei baie lyfvorms.

Rok R450, Woolworths

Stylwenk
Jy moet ’n oorvourok in jou klerekas hê. Dra in die winter ’n rolhalstop daaronder.
Kry dit hier

Ackermans 0860-900-100; cherylarthur.com; H&M 021-826-7300; kisua.com; Makro 0860-300-999; Miladys 0800-212-535; MRP 0800-212-535; pichulik.com; Poetry 0860-555-529; Spree.co.za; Woolworths 0860-022-002

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.