’n Paar maklike en vinnige aanpassings aan jou roetine kan die wêreld se verskil aan jou voorkoms maak – en jou vel sal dankbaar wees vir die ekstra aandag.

LYFSORG

mas sit gesigmasker op
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Dié een is eenvoudig – wend lyfroom aan elke keer wanneer jy uit die stort klim. Maar baie mans slaan room oor, want hulle is bang dit laat hulle sweet, of hulle gebruik te min of die verkeerde soort.

bevogtigingdroom
VIRATA Heel Balm R35,55 vir 125 g
bevogtigingdroom
Clere for Men Body Crème R32,99 vir 450 ml
bevogtigingdroom
Ingram’s 3-in-1 Lotion R30,99 vir 200 ml
bevogtigingdroom
Cuticura Camphor Creme R42,99 vir 450 ml
bevogtigingdroom
Vaseline Body Lotion R44,99 vir 400 ml

WENKE

  • Jou lyfroom sal jou nie meer laat sweet nie. Jy sweet omdat jou liggaam hitte moet vrystel en afkoel.
  • Verskeie soorte rome is beskikbaar wat elkeen verskillende velbehoeftes teiken. Gebruik dus byvoorbeeld ’n ligter room in die somer en ’n swaarder een in die winter wanneer jou vel geneig is om droog te raak.
  • As jou vel in die winter uiters droog word, bevog soos gewoonlik, maar wend ook petroleumjellie aan. Petroleumjellie tree as ’n beskermende laag op wat keer dat bevogtiger uit die vel ontsnap. Maar die jellie voed nie die vel nie; dus moet jy dit nie as ’n plaasvervanger vir bevogtiger gebruik nie.

GESIGSORG

gesigmasker
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Die vel aan jou gesig is dunner as aan jou lyf; jou gesig verg dus spesifieke produkte sodat dit die beste voeding kan kry. En moenie gesigroom oorslaan as jy ’n olierige vel het nie, want jy het dit steeds nodig. Kies net ’n room wat spesifiek vir olierige vel geskep is.

gesigmasker
Skin Republic Under Eye Patch R55,99 vir 3 pare
gesigmasker
Bump Patrol Face Moisturiser
gesigmasker
Vaseline Men Moisturiser R59,95 vir 100 ml
gesigmasker
Nivea Men Face Creme R46,95 vir 75 ml

WENKE

  • Mans het ’n dikker vel as vroue. Volgens die velsorghandelsnaam Eucerin beteken dit hul vel is fermer, maar dit vrywaar hulle nie van veroudering nie. Gebruik velsorgprodukte om veroudering teen te werk.
  • As jy elke dag skeer, kan jou vel sensitief en geneig tot irritasie raak. Bevogting sal die vel help streel.
  • Te veel moeite om verskeie produkte aan te wend? Kies eerder een met twee of meer werkings, byvoorbeeld ’n gesigroom wat ook ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) bevat.

BAARDSORG

man wat skeer
Foto ter illustrasie: Shutterstock

Baarde is steeds mode. Maar as jy ’n baard wil hê, moet jy dit versorg, anders kan dit slordig lyk. Onthou om jou baard op ’n manier te vorm wat jou gesigvorm sal komplementeer.

baardroom
Sorbet MAN Post Shave Balm R73 vir 50 ml
baardolie
Sorbet MAN Beard Oil R149 vir 50 ml
skeerroom
Lion Shaving Foam R30,16 vir 200 ml
skeermasjien
Nivea Men Shaving Gel R79,95 vir 200 ml
skeermasjien
Remington Beard Boss Beard Trimmer R319
skeerroom
Nivea Men Shaving Gel R79,95 vir 200 ml
baardolie
Johnnys Beard Shampoo R119,95 vir 100 ml

WENKE

  • Jou gene bepaal hoe jou baard groei. As jou pa en oupa dus nooit gesighare gehad het nie, sal jy waarskynlik ook nie hê nie.
  • As jou baard net plek-plek groei, moet jy probeer om meer proteïenryke kos te eet, is die raad van Saood Mota, die eienaar van die Beard Boys Barber Shop. As dit geen verskil maak nie, skeer dit af. Dis beter om skoongeskeer te wees as om ’n kol-kol-baard te kweek.
  • Baardprodukte help om gesonde hare te handhaaf, maar sal nie hare laat groei waar dit nie van nature groei nie. Maar as daar stoppelbaard is, kan baardolies groei aanhelp.

HANDSORG

handsorg
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Jou hande verrig baie werk en word aan strawwe weer, vuilheid en chemikalieë blootgestel. Ver-sorg dus jou hande deur dit te bevog. Jou naels sal ook by aandag baat vind – gebruik ’n naelvliesolie.

handroom
Sally Hansen Cuticle Rehab R87,95 vir 8,8 ml
handroom
Sorbet Hand and Nail Cream R39 vir 75 ml
handroom
Crabtree & Evelyn Overnight Hand Therapy R450 vir 75 g

WENKE

  • Gereelde bevogting van jou hande sal die vel hidreer en soepel hou en dit teen omgewingselemente beskerm. Dít sal die tekens van veroudering help vertraag.
  • Gebruik ’n handeroom met SBF, veral as jy tyd in die son deurbring of dikwels bestuur.

SPA-AANBEVELINGS

gesigmasker
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Jou eerste spabesoek As jy nog nooit by ’n skoonheidsalon was nie, kan die lys van behandelings dalk intimiderend wees, maar ons het raad. Wanneer jy die salon bel, vra of jy ’n velontleding kan kry voor jy ’n behandeling bespreek.

’n Skoonheidskundige sal jou vel ontleed en bepaal wat jou behoeftes is en watter behandelings vir jou sal werk. Salonne bied verskillende soorte behandelings en gebruik ’n verskeidenheid produkte, maar hier is ’n paar algemenes:

AFSKILFERBEHANDELING

Dié behandeling verwyder ’n dooie vellaag om ’n gesonde gloed bloot te stel. Dit sluit dikwels alfahidroksisure in wat op die vel inwerk vir ’n diepwerkende afskilfering. ’n Skoonheidskundige sal eers jou vel reinig.

Daarna word die behandelingsproduk aangewend en ’n bepaalde ruk lank aangelos.

Die kundige sal dan die produk verwyder en dit met ’n bevogtiger en sonskerm opvolg. Dis wonderlik vir mense met aknee, growwe vel of ’n dowwe gelaat.

PASGEMAAKTE GESIGBEHANDELING

Met dié behandeling word jou vel eers deeglik ontleed. Spesifieke produkte en bestanddele word dan gemeng om by jou vel se behoeftes te pas. Dit kan van behandelings vir hidrasie en diepreiniging tot porieverkleinings wissel.

’n Skoonheidskundige sal eers jou vel reinig. Daarna word die behandelingsproduk aangewend en ’n bepaalde ruk lank aangelos.

Soms word ’n stoombehandeling of laserhulpmiddels gebruik om die werking van die behandeling te versterk.

GESIGMASSERING

Sekere punte aan die gesig, byvoorbeeld plooitjies of waar jy spanning ervaar, word met spesifieke masseertegnieke behandel om die spiere te laat ontspan en bloedvloei te stimuleer.

’n Mengsel van olies en serums word gewoonlik gebruik.

MANIKUUR EN PEDIKUUR

Dit behels die pamperlang van hande (manikuur) en voete (pedikuur). Dit word eers geskrop en ’n masker word dan aangewend. Daarna word die naels versorg.

Kry dit hier

Bump Patrol (Clicks 0860-254-254); Clere (Clicks 0860-254-254); Crabtree & Evelyn 011-792-7572; Cuticura (Clicks 0860-254-254); Ingram’s (Clicks 0860-254-254); Johnnys (Clicks 0860-254-254); Lion (Clicks 0860-254-254); Nivea (Clicks 0860-254-254); REMINGTON (Clicks 0860-254-254); Safeway (Clicks 0860-254-254); Salley Hansen (Clicks 0860-254-254); Skin Republic (Clicks 0860-254-254); Sorbet 011-202-9740; Vaseline (Clicks 0860-254-254); Virata avidbrands.co.za 

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.