Sommige modeneigings kom en gaan, maar hierdie maklik-om-te-dra mode is hier om te bly. Hier is ’n paar inspirasiefoto’s wat wys hoe jy dit kan dra.
 
Of jy nou soos ’n sjiek dame van Parys wil lyk of jou lyf rodeo-meisie wil hou, die nekdoekie is maklik om te dra en maak ’n groot verskil aan jou uitrusting.

Foto: Gallo Images/Getty Images

Foto: Gallo Images/Getty Images

Bandanas en sysakdoeke is net ’n eenvoudige vierkantige stuk materiaal wat jy om jou nek draai. Dit werk moeiteloos saam met enige styl. Die nekdoekie kan twee keer om die nek gedraai word vir ’n seunsagtige styl, styfgedraai word soos ’n strophalssnoer vir ’n meer gewaagde voorkoms, of vir ’n ontspanne vroulike gevoel, kies ’n sagte nekdoekie en maak dit losweg om die nek vas.

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dra dit saam met ’n klassieke wit of denimhemp, geruite motiewe, ’n gewone T-hemp, met ’n bypassende top of gebruik dit as titsel kleur by ’n swart uitrusting.  

Foto: Gallo Images/Getty Images

Foto: Gallo Images/Getty Images