DIE LEERBAADJIE

Dit maak nie saak of jy in ’n egte leerbaadjie belê of in ’n bekostigbare een van kunsleer nie. Wat jy wel gerus kan doen, is om baie vroulik aan te trek by so ’n baadjie – dit lyk baie interessant en byderwets.

’n Pragtige vloeiende romp by ’n kunsleerbaadjie tydens die Beautiful People-herfs/winter-vertoning van 2018-’19 se Paryse Modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Kunsleerbaadjie R849, Tally Weijl
Trui deur Mango R849, Spree.co.za
Sak deur Aldo R699, Spree.co.za
Romp R629, H&M
Skoene deur Dolce Vita R349, Spree.co.za
Serp deur G Couture R190, Spree.co.za


DIE HOËHALSTOP

So ’n hals kan baie vroulik lyk. Dra dit by kêreljeans oor naweke, by ’n bloes en romp kantoor toe en by ’n lang romp as jy in die aand uitgaan. 

By die Agnona-­herfs/winter- vertoning van 2018-’19 se Milanese Modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Hoëhalstop R329, H&M
Sak deur Style Republic R229, Spree.co.za
Romp R149,95, Ackermans
Oorbelle deur Aldo R149, Spree.co.za
Sonbril deur Police R2 790, Execuspecs
Horlosie deur Anne Klein R999, American Swiss
Enkelstewels R859, Zara
Poncho R399, Woolworths


Stylwenk
 ’n Mens kan ’n hoëhalstrui selfs oor ’n sagte rok dra. As jy nie van enkelstewels hou nie, kies gerus platformskoene by jou rok.

DIE BREISTOFROK

Dis so gemaklik en daarby lekker warm. Dra jou breistofrok bedags saam met stewels of tekkies en jou leerbaadjie. Saans dra jy die rok saam met ’n jas, enkelsteweltjies en ’n groot halssnoer.

Die breistofrok soos gesien tydens die Salvatore Ferragamo herfs/winter-­vertoning van 2018/’19 se Milanese Modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Sak R1 299, Charles & Keith
Stewels R699, Foschini
Jas R499,99, The Fix
Rok R432,76, Woolworths
Serp deur Joy Collectables R199, Spree.co.za
Hangertjie R149, H&M
Armband R121,05, Woolworths


Stylwenk
Dra ’n T-hemp-bra (sonder nate) en ’n broekie sonder nate sodat jou onderklere nie riwwe maak onder jou breistofrok nie.


DIE MIDIROMP

Wees versigtig om nie outyds te lyk in dié lengte nie. Maak jou midi glansryk deur spoggerige stewels en ’n hoed daarby te dra.

’n Midi by ’n kunspelsjas soos gesien tydens die Fendi-herfs/winter-vertoning van 2018/’19 se Milanese Modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Jas R1 699, Zara
Stewels deur Plum R699, Spree.co.za
Hoed R301,62, Woolworths
Ring R70,56, Woolworths
Bloes deur Mango R699, Edgars
Romp vanaf R359, Miladys
Sak R169,95, Ackermans
Horlosie deur Tempo R599, American Swiss
Oorbelle (9-karaat-goud) R999, American Swiss


Kry dit hier

 Ackermans 0860-900-100; American Swiss 021-938-7510; Charles & Keith 021 552-4912; Edgars 0800-203-925; Execuspecs 0860-105-405; Foschini 0860-104-764; H&M 021-826-7300; Miladys 0800-310-290; Spree.co.za; Tallyweijlsa.co.za; The Fix 0860-101-048; Woolworths 0860-022-002; Zara 011-302-1500

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.