UURGLAS

Illustrasie: Michael De Lucchi

  • Skouers en heupe is min of meer ewe groot.
  • Vol borste.
  • Dun middel.

BESTE BRA

Kies goeie steun met vol keëls, halfkeëls of bra’s wat ekstra steun gee (minimizers).

Dra ’n bra wat jou borsgleufie wys net by tops met ’n V-hals – as jy dit saam met ’n hoë hals dra, sal jou borste net groter lyk.

BESTE BROEKIE

Vul jou kurwes aan met ’n deurtrekker of ’n broekie met ’n hoë middel.

Modewenk
As jou braband agter teen jou rug optrek, beteken dit jou bra is te klein.


PEERVORM

Illustrasie: Michael De Lucchi

  • Heupe is breër as skouers.
  • Klein borste en middel.
  • Stewige heupe en bobene.

BESTE BRA

Opstoot- en opgestopte bra’s laat jou borste groter voorkom en skep ’n beter balans met jou heupe.

BESTE BROEKIE

Laat jou heupe en boude kleiner lyk met broekies wat sypanele het en goeie steun bied. Bikinibroekies, seunsnitbroekies en broekies wat hoog gesny is, sal goed lyk by jou lyf.

Modewenk
Kies naatlose onderklere by styfpassende klere – kantonderklere sal die voorkoms bederf.


APPEL

Illustrasie: Michael De Lucchi

  • Skouers is breër as heupe.
  • Vol borste.
  • Smal heupe en nie veel van ’n middel nie.

BESTE BRA

Kies vol keëls of ’n bra met ekstra steun (minimizer).

’n Bra met ’n breë band oor jou rug sal ook goeie steun gee.

Opgestopte bra’s kan jou bolyf te groot laat lyk vergeleke met jou heupe.

BESTE BROEKIE 

Kies broekies met ’n hoë middel wat ’n breë, plat band by die middel het.

Modewenk
As jou borste bo en langs die kante uitpeul, is jou bra te klein of die snit is verkeerd.


REGHOEKIG

Illustrasie: Michael De Lucchi

  • Skouers en heupe byna ewe groot.
  • Klein of middelmatige borste. Min middel en smal heupe.

BESTE BRA

Die meeste style pas jou.

Jy kan fyn kantbra’s dra omdat jy nie steun nodig het nie.

Maar opstoot- en opgestopte bra’s kan jou borste groter laat lyk en jou middel dus smaller.

BESTE BROEKIE 

Die bikini werk goed.

’n Broekie met ’n hoë middel sal die illusie van ’n middeltjie skep.

Modewenk
Beskerm jou bra’s deur dit in ’n aparte sakkie te sit voor jy dit in die wasmasjien plaas.