Zozibini Tunzi

Met Vrouedag wat om die draai is, gons dit steeds oor die nuwe #challengeaccepted- en #womensupportingwomen-uitdagings in die sosiale media, en ons eie Mej. Heelal, Zozibini Tunzi (26), het onlangs ook die aanlyn uitdaging aanvaar.

Nes miljoene vroue reg oor die wêreld het sy ’n swart-en-wit foto op Instagram met haar 2,7 miljoen volgelinge gedeel, maar dis daardie rok wat ons oog gevang het.

Zozi lyk omtrent soos ’n godin in dié skepping wat haar skraal lyf met valle drapeer. 

Rolanda Marais

As dit by mode kom, is daar niks wat jy dié styl-ikoon kan leer nie. Die Trackers-ster Rolanda Marais het ons oog behoorlik gevang met haar vintage-voorkoms op foto's wat sy onlangs op Instagram gedeel het. Op die kiekies pryk sy in swart jeans, tekkies en 'n oulike T-hemp waarop die woorde: "If he can't see who you are, he's not your person" pryk. Die woorde kom uit die romantiese dramafliek van 1987, Some Kind of Wonderful, skryf sy by die kiekies.

Die ma van een rond haar uitrusting af met 'n  hartvormige sonbril.

Daar is ook niks so ikonies soos dié 42-jarige aktrise se rooi lipstiffie en donker krulhare nie. Ons is mal oor die voorkoms! 

Aisha Baker

Die bedrywige blogger en model lyk altyd op haar beste en dié uitrusting is geen uitsondering nie.

Aisha Baker, vrou van die krieketster Wayne Parnell, gee wit stewels hierdie seisoen weer nuwe lewe. En kyk net daardie sjiek en sexy leerbaadjie! Dis beslis hoe jy die winterkoue in styl uithou.

View this post on Instagram

Instagram vs reality ?? #BakedCollection

A post shared by Aisha Baker (@bakedonline) on

Demi-Leigh Tebow

Die voormalige Mej. Heelal Demi-Leigh Tebow geniet omtrent die warm weer in Amerika en lyk tog te oulik terwyl sy dit doen.

Demi-Leigh (25), wat deesdae met ’n korter haredos spog, lyk alte oulik in dié klassieke kombinasie van 'n wit hemp en geblykte denim. Ons isook  mal oor die handsak wat dié ontspanne uitrusting so mooi afrond. 

Amanda du Pont

Met haar natuurlik bos krulle vasgemaak en in ’n luukse wit uitrusting, wys die aktrise en model Amanda du Pont beslis hoekom sy gereeld haar aanhangers na hul asems laat snak.

Dié stylvolle skoonheid wys presies hoe 'n mens gemaklik en stylvol kan lyk. Die uitrusting is baie sjiek en sexy, maar daai skoene is omtrent luuks. 

View this post on Instagram

??Relaxing but make it fashion.. • Fit @meshki

A post shared by Amanda du-Pont (@amandadupont) on

Ons loer weer volgende week in en kyk watter bekendes dié keer ons asems met hul stylkeuses wegslaan.