TREND #1: ASIMMETRIESE BOB

hare,neigings
Michelle Williams Foto: Gallo Images/Getty Images

Die bob bly relevant en kom in verskillende vorms en lengtes voor. Wat lekker is van die asimmetriese bob, is dat dit by die meeste gesigvorms pas.

Kate Bosworth, Karlie Kloss en Rosamund Pike het die voorkoms al gekies en dit verpersoonlik om by hul eie styl te pas.

Beproef korter hare (undercut) onder jou bob vir ’n byderwetse voorkoms. En wanneer jy moeg is daarvan dat die een kant langer as die ander is, kan jy dit net gelykmaak deur die langer kant korter te knip. 

WENKE 

hare,neigings
Charlize Theron Foto: Gallo Images/Getty Images

Laat dit aan die kenners oor om die skewe bob vir jou te skep. Hulle het die vaardigheid om dit net reg vir jou gesigvorm te doen.

Gebruik tekstuursproei om jou voorkoms strandgolwe te gee.

Voeg ligstrepe by jou bob om dit diepte en ’n buite­lug­voorkoms te gee.Los jou bob ’n bietjie langer vir ’n voller voorkoms, of knip jou lengte ’n bietjie korter vir ’n gladder, glansryker haarstyl. 

TREND #2: MODERNE MULLET 

hare,neigings
Miley Cyrus Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Mullet-haarstyl is wanneer die hare aan die kante en voorkant kort geknip en aan die agterkant lank gelos is. Die voorkoms wat in die 1990’s gewild was, maak ’n terugkeer met ’n moderne kinkel.

Die styl wat Miley Cyrus en Rowan Blanchard al gedra het, is meer subtiel en sjiek.

Dit werk goed met ’n golwende haartekstuur, maar kan reguit gestileer word of met haarstileer­produkte vir ’n natharevoorkoms. 

WENKE 

hare,neigings
Rihanna Foto: Gallo Images/Getty Images

Gebruik ’n liggewigbalsem wat nie die hare afrem nie om die voorkoms in stand te hou. 

Knip of skeer die kante gereeld om die snit sy vorm te laat behou. Kies ’n vol kuif as jy ’n sterk raam vir jou gesig wil hê. ’n Ligter voorkoms laat jou meer aweregs lyk.

TREND #3: BABAHARE

hare,neigings
Foto: Gallo Images/Getty Images

Krullerige babahaartjies? Dié trend het gewild geraak nadat FKA Twigs die voorkoms in 2012 die eerste keer gedra het, en sedertdien het die neiging vaart gekry.

Glansmense soos Beyoncé het die voorkoms gekies en party modehuise het die trend met hul loopplankvoorkoms gekombineer.

WENKE 

hare,neigings
Foto: Gallo Images/Getty Images

Gebruik nieklewerige produkte wanneer jy die voorkoms beproef. Taai haarprodukte kan aan jou gesig kleef en dalk ’n velreaksie veroor­saak.

Was altyd jou gesig nadat jy jou baba­hare-voorkoms gedra het om enige oorblywende produkte te verwyder. 

Die vorm en ontwerp wat jy kan skep, hang af van die tekstuur van jou hare, die produkte wat jy gebruik en die lengte van jou haarpunte. 

Rus jou toe met die regte hulpmiddels wat jou die voorkoms sal help bereik, soos ’n kantstileerder en jel.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.