Hier is ons vyf gunsteling-rokke

1. Scarlett Johansson

Scarlet Johansen
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dié beeldskone aktrise het soos ’n droom gelyk in ’n asemrowende metaalkleurige skepping deur Oscar de la Renta. En die rok was nie al hoogtepunt nie.

Die 35-jarige aktrise het omtrent geskitter in diamant-juwele met ’n waarde van meer as R37 miljoen. ($2,5 miljoen). Kyk net daardie pragtige diamant-oorbelle! 

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images
mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Janelle Monáe

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images
vmode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Vir hierdie sangeres bestaan daar duidelik nie iets soos te veel blinkers nie. Die 34-jarige ster met haar onkonvensionele smaak in mode het soos ’n modieuse prinses gelyk.

Sy het behoorlik geskitter in ’n blinkerbelaaide aandrok deur Ralph Lauren. Dié aandrok was van kop tot tone in meer as 168 000 Swarovski-kristalle versier. 

3. Cynthia Erivo  

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dié 33-jarige aktrise en sangeres wat benoem is vir beste aktrise vir haar rol as Harriet Tubman in die biografiese fliek Harriet, het Sondagaand nie ’n modevoet verkeerd gesit nie. Vir haar debuut op die Oscars-rooitapyt het Cynthia die perfekte Atelier Versace-rok gekies.

En dié Stuart Weitzman platform-hakskoene was die kersie op die koek. 

4. Charlize Theron

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images
mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die Bombshell-ster Charlize Theron (44) laat elke jaar die koppe draai op die rooitapyt in eenvoudige, elegante en stylvolle aandrokke. Vanjaar het die ma van twee dit weer gedoen.

Dié swart skepping deur Dior was omtrent glansryk. Beeldskoon, Charlize! 

5. Renée Zellweger 

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Renée (50), wat 'n Oscar vir beste aktrise gewen het vir haar rol as die sangeres Judy Garland in Judy, het soos ’n droom gelyk in ’n wit vloerlengte-skepping deur Armani Privé.

Die eenskouer-aandrok was baie elegant en sy het dié voorkoms met net ’n bonkige ring aan haar wysvinger afgerond. Die voorkoms was minimaal, maar het beslis ’n groot impak gemaak.  

Vyf modeflaters by vanjaar se Oscars

1. Gal Gadot

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die Wonder Woman-aktrise (34) is altyd een van die voorlopers as dit by mode op die rooitapyt kom, maar Sondagaand was beslis nie een van haar beste pogings nie.

Dié kombinasie van die swart kant en die pofferige pienk romp van Givenchy het nie heeltemal vir dié groot aand gewerk nie. 

2. Kristen Wiig 

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die 46-jarige aktrise en komediant se modekeuse was nie juis elegant genoeg vir die rooitapyt nie. Dié uitrusting, wat met swart handskoene en goue blink hakskoene afgerond is, was beslis een van die vreemdstes van die aand. 

3. Saoirse Ronan

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die Gucci-aandrok se boonste helfte was pragtig, maar die onderste helfte was dalk die nie die beste keuse om dit mee te kombineer nie.

Saoirse (25), wat vir beste aktrise benoem is vir haar spel in Little Women, se grimering en oorbelle was pragtig, maar die uitrusting as ’n geheel was nie heeltemal in die kol nie. 

4. Laura Dern 

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images
mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die aktrise (53), wat 'n Oscar vir beste vroulike byspeler gewen het vir haar rol in Marriage Story, weet beslis hoe om 'n mens na trane te dryf met haar spel, maar die pienk aandrok met die swart detail aan die bokant was nie die stylvolste keuse vir haar nie. 

5. Maya Rudolph

mode,oscars
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die skreeusnaakse Grown Ups-aktrise (47) se blinkerbelaaide-aandrok was beslis nie die beste modekeuse van die aand nie.

Dié oranje skepping was baie helder en die snit het nie haar lyf gekomplimenteer nie. 

Noudat die Oscars verby is, kan ons nie wag om te sien wat die sterre by vanjaar se Met Gala gaan dra nie! 

Bronne: Dailymail.com, Cinemablend.com, People.com, Harpersbazaar.com, USAToday.com, Footwearnews.com, Vulture.com