20+

Die aktrise Priyanka Chopra (36). Foto: Gallo Images/Getty Images

In jou 20’s en 30’s kan jy kleure soos lila, laventel en helderpers dra met ’n mat tekstuur, wat die kleur nog helderder sal laat lyk.

As dit te erg is vir jou, kies pers in minder helder skakerings en met ’n satyn- of glansafwerking. Dit is meer gepas vir die kantoor.

Revlon Ultra HD Matte Metallic Lipcolor in Dazzle R185.
Palladio Pop Shine Brilliant Lip Balm in Flirtatious R95.
L’Oréal Paris Infallible Matte Lip Paint in Wuther-ing Purple R155.
Revlon Ultra HD Lip Gel Lipcolor in Twilight R195.
Smashbox Be Legendary Matte Lipstick in Talk To Me R300.
L.A. Girl Flat Velvet Matte Lipstick in Love Triangle R49,95.

Skoonheidswenk
Jy kan met teksture speel deur petroleumjellie bo-oor mat lipstiffie aan te wend vir meer glans. Of kladpoeier oor glanslipstiffie vir die teenoorgestelde effek.


40+

Die aktrise Sofía Vergara (46). Foto: Gallo Images/Getty Images

Ja, jy kan wel pers lipstiffie dra as jy ouer as 50 is, maar die geheim lê in die skakering en aanwending.

Kleure soos pruim, druif en rosyntjie kan goed lyk – dis dramaties en elegant. Kies fluweelagtige teksture wat mat is, maar nie jou lippe sal uitdroog nie, of satynagtige teksture wat vogtigheid verleen, maar nie te veel blink nie. 

Yardley Super Moist Lipstick in Vixen R109,95.
Revlon Ultra HD Lipstick in Iris R185.
Real Techniques Silicone Liner Brush R130.
Smashbox Be Legendary Lipstick in Plum Role R300.
Rimmel the Only One Matte Lipstick in Run the Show R124,95.
MAC Retro Matte Liquid Lipcolour in High Drama R315.


Skoonheidswenk

Lipstiffie wat in die plooitjies om jou mond invloei, kan ’n probleem wees met donker lipstiffie. Wend daarom altyd eers ’n lipomlyner aan.



Kry dit hier

Clicks 0860-254-257; Dis-Chem 0800-201-170; L.A. Girl by Dis-Chem; L’Oreal 0860-102-491; MAC 011-516-3000, NYX by Clicks; Palladio by Dis-Chem; Revlon 011-971-0812; Rimmel 0800-463-446; Smashbox 021-702-3466; Wet n Wild by Clicks; Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskafferS nie verantwoordelik gehou kan word nie.