Die land is al byna agt weke in die nasionale inperking en een van die grootste lastighede is dat haarsalonne landwyd steeds toe is, en diegene met korter hare erg daaronder ly. As jy nie meer weet wat om met jou kort hare te doen nie, deel ons raad om jou kort kapsel tydens inperking te hanteer. 

1. Laat dit uitgroei

hare,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy nie self jou hare wil probeer snipper nie, is die beste oplossing om jou hare uit te groei. Verandering is soms soos ’n goeie vakansie, en om hare uit te groei gee dit ’n breek van stilering en hitte wat skadelik kan wees vir jou hare. 

As jy in die stadium probeer om jou hare uit te groei, is dit belangrik dat jy nie jou hare gereeld was nie. Wanneer jy gereeld jou hare was, ontneem jy die hare van sy natuurlike olies wat ’n groot rol speel in haregroei. 

Gebruik haarprodukte wat spesiaal geformuleer is vir haregroe,i soos sjampoe en opknapper wat kokosneut of avokado-olies bevat. 

2. As jy onseker is, moenie sny nie

hare,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy onseker is, moet in hierdie geval glad nie aan ’n skêr raak nie. Die verkeerde skêr kan skade aan jou hare doen en tot gesplete punte en ’n onplesierige voorkoms lei.

Ons advies in dié geval is dat as jy twyfel, jy hier lees hoe om jou hare te versorg terwyl die salon se deure nog geslote bly.  

3. Snipper, maar baie min

Dit verg selfvertroue en geduld om hare in hierdie tydperk te probeer sny. Die Amerikaanse nuusaanbieder, beïnvloeder en ghoeroe van kort kapsels, Dominique Sachse, het onlangs ’n video op YouTube gedeel waar sy stap-vir-stap verduidelik hoe jy self, met min moeite, kort hare tuis kan knip. 

Kyk hier om te sien hoe dié beeldskone brunet haar raad deel om ’n pixie-haarsnit met ’n skêr baas te raak. 


4. Tyd om vaardig te raak met die gevreesde masjien

hare,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Inperking is dalk die perfekte tyd om jouself te leer hoe om hare te sny. Of jy nou jou eie hare of jou broer, kêrel of man se hare met ’n masjien wil sny, nou is die ideale tyd om dit te probeer. Maak seker dat jy die regte gereedskap het, soos ’n haarskêr of skeermasjien. Maak ook seker dat jy al die kamgrotes, 1 tot 4, het. 

Wanneer jy vir die eerste keer probeer om kort hare met ’n skeermasjien te sny, gebruik kam nommer 4. Dit sny lengte, maar verhoed ook dat jy te veel op een tyd afskeer. 

As dit jou eerste toetslopie met ’n skeermasjien is, wees geduldig en maak seker dat jy die hare in ’n afwaartse rigting sny. Dit sny nie te veel van die hare af nie, maar as jy korter wil sny, sny in ’n opwaartse rigting. 

Moet vir eers nie met verskeie style eksperimenteer nie. Die belangrikste deel is om gemaklik te raak met die skeermasjien en om die lengte van die hare te verminder.

5. Verdoesel jou kapsel

Die feit dat die weer kouer raak, tel beslis in diegene se guns wat nie hul hare wil wys nie. Draai ’n doek om jou hare; dis stylvol en lyk altyd sjiek. Ons deel sewe oulike maniere om jou serp te stileer. 

Maak ook gebruik van haarbykomstighede. Die trend is steeds baie gewild en lyk veral mooi by korter hare.

Die Pretty Little Liars-aktrise Lucy Hale stileer gereeld haar kort hare met die oulikste bykomstighede en ons is mal daaroor. 

View this post on Instagram

Pearl, Interrupted

A post shared by Lucy Hale (@lucyhale) on

Ons hoop die wenke bring 'n bietjie verligting in hierdie tyd!