Bailey Schneider

Radiopersoonlikheid

Bailey S
Foto: Instagram/@baileyschneiderza

Wat is jou staatmakerprodukte?

Ek is versot op Urban Decay se oogpalette en verbronsers. Sorbet het ’n fantastiese BB-room. Essence het wonderlike oogomlyners en wenkbroustelle en Clarins het goeie maskaras.   

Wat is jou kenmerkende voorkoms?

Rokerige ooggrimering, veral in skakerings van bruin en koper. Daar is ook iets kragtigs omtrent helder lippe.

Wie is jou skoonheidsikoon?

Die sangeres Alicia Keys.

Watter grimeervoorkoms sal jy nie beproef nie?

Ek is nie mal oor groen en blou lipstiffie nie.   

Watter neiging is jy nie dapper genoeg om te beproef nie?

Ek sou graag my hare in helder meerminkleure wou kleur.

Deel ’n paar skoonheidsgeheime.

Ek is versot op klapperolie vir alles – as haarmasker, grimeerverwyderaar, naelvliesolie en selfs as vogroom!

As jou oë moeg lyk, tik blink oogskadu aan die hoeke en omlyn die onderste wimperlyn met ’n bleek potlood om oë groter en wakkerder te laat lyk.

Laverne Turner-Manuel

Beïnvloeder

Lavern
Foto: Instagram/@laverne_tm

Wat is jou staatmakerprodukte? 

’n Goeie onderlaag is ’n stapelitem. Maybelline Super Stay is my gunsteling! Vir dik, lang wimpers hou ek van Maybelline se Falsies Lash Lift. Ek hou van NYX se blosser en vir lippe gebruik ek NYX se Butter Gloss.

Wat is jou kenmerkende voorkoms?

Gewaagd maar klassiek! Ek speel graag met teksture en style en sal ’n romp by tekkies en ’n T-hemp dra. Ek hou ook van afgeleefde jeans by ’n T-hemp en baadjie.

Wie is jou skoonheids-ikoon?  

Die kosskrywer Nigella Lawson.

Watter grimeervoorkoms sal jy nie beproef nie?

Ek het yl wenkbroue; dus is die veeragtige wenkbroumode nie vir my nie.

Watter neiging is jy nie dapper genoeg om te beproef nie?

Blink ooglede. Dit lyk fantasties, maar is waarskynlik klewerig en ongemaklik as jy jou oë oop en toe maak.

Deel ’n paar skoonheidsgeheime.

Gebruik een produk vir ver-skeie doeleindes.

Ek het altyd ’n klein Vaselinehouertjie wat ek as lipglans of vir wegstaanhare gebruik. ’n Bruin potlood kan as wenkbrou- en lippotlood ingespan word.

Marciel Hopkins

Model

Marciel Hopkins
Foto: Instagram/@ marcielhopkins

Wat is jou staatmakerprodukte?

Sonskerm, dagroom, nagserum, lipsalf, maskara en verbloemer.  

Wat is jou kenmerkende voorkoms?

Helderpienk lippe saam met natuurlike ooggrimering en baie maskara. Ek is geheel en al versot op Dior se Feel Good-lipstiffie.

Wie is jou skoonheidsikoon?

Die hertogin van Sussex, Meghan Markle.

Watter grimeervoorkoms sal jy nie beproef nie?

Ek sal nie my wenkbroue verbloem vir ’n geenwenkbrouvoorkoms nie.

Watter skoonheidsneiging is jy nie dapper genoeg om te beproef nie?

Die microbladewenkbroutegniek.

Deel ’n paar skoonheidsgeheime.

Belê in ordentlike velsorgprodukte eerder as duur grimering. As jy nie tyd het om voluit te grimeer nie, sal helder lipstiffie die koppe laat draai.

Paula Lakay

Beïnvloeder

Paula Lackay
Foto: Instagram/@mspaulabee

Wat is jou staatmakerprodukte?

’n Baie goeie vog-room, onderlaag wat volledige dekking bied, fyngemaalde verligter en ’n dun wenkbroupotlood.

Wat is jou kenmerkende voorkoms?

Ten volle gegrimeer met baie verbronser en glans. Ek kies altyd neutrale kleure en verligters in skakerings wat my beste gelaats- trekke beklemtoon.

Wie is jou skoonheidsikoon?

Die grimeerkunstenaar Desi Perkins. Watter grimeervoorkoms sal jy nie beproef nie? Die jakkalswenkbroutegniek waar die buitenste helfte van wenkbroue geskeer word om die illusie van jakkalsagtige oë te skep. Watter neiging is jy nie dapper genoeg om te beproef nie? Gesigverf waar ek myself in ’n 3D-karakter omskep. Deel ’n paar skoonheidsgeheime. Setsproei is goud werd. Ek gebruik dit vir soveel dinge, soos voor onderlaag, ná onderlaag, as verbloemer, blosser en vir kontoere skep.

Aletté Winckler

Voorkomskonsultant en stilis

Alette-Johanni
Foto: Instagram/@alettewinckler

Wat is jou staatmakerprodukte?

My Nu Skin LumiSpa is boaan die lysie. Dit doen wondere vir jou vel. Wat is jou kenmerkende voorkoms? Ek hou van ’n baie dramatiese donker oog by ’n bleek lip.

Wie is jou skoonheidsikoon?

My ma.

Watter grimeervoorkoms sal jy nie beproef nie?

Swart lippe!

Watter neiging is jy nie dapper genoeg om te beproef nie?

Swart oogomlyner in die oogvou of die wit-omlynde oog.

Deel ’n paar skoonheidsgeheime.

As ek nie tyd het om oogskadu aan te wend nie, gebruik ek blosser aan die ooglid.

Ek het ook ’n dag waar ek net vlugtige olies in my hare gebruik om dit te versorg – seder, laventel, skarlei en bergamot.

Clarita Smit

Grimeerkunstenaar

Clarita Smit
Foto: Instagram/@claritasmit_mua

Wat is jou staatmakerprodukte?

Charlotte Tilbury se Magic-room, Airbrush Flawless-onderlaag en Bella Sofia-oogskadupalet. En L.A. Girl se Pro Coverage HD Foundation.

Wat is jou kenmerkende voorkoms?

Ek gebruik baie tyd om my vel vir grimering voor te berei. Mooi vel, sagte verbronser, verligter, baie maskara en rooi lippe.

Wie is jou skoonheidsikoon?

Die grimeerkunstenaar Lisa Eldridge.

Watter grimeervoorkoms sal jy nie beproef nie?

Ek sal met enigiets eksperimenteer!

Watter neiging is jy nie dapper genoeg om te beproef nie?

Wenkbrou-laminering.

Deel ’n paar skoonheidsgeheime.

Ek gebruik verbronser in my oogvou om my oë vorm te gee en span lipstiffie as blosser in.

Droë sjampoe is ook wonderlik. Royal Afrique du Sud het ’n wonderlike gesigolie en ek gebruik dit as basislaag vir my grimering – dis betowerend. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe