HARE

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Jou hare se toestand verander voortdurend na gelang van hoe jy dit kleur, sny of stileer. Hormonale veranderings weens swanger-?skap of medikasie kan ook ’n rol speel en selfs die weer het ’n invloed op jou hare.

Die beste manier om jou hare weer gesond te kry is ’n oornagbehandeling. Dis nie net doeltreffend omdat jy dit ure lank dra nie, ook omdat die hitte wat jou kop deur die nag genereer die behandeling aktiveer.

WENKE

  • Wend altyd jou behandeling aan skoon hare aan vir die beste resultate.
  • Gebruik ’n kopbedekking van satyn. Dit sal jou hare en gesig beskerm en verhoed dat jou kussing vlek.
  • Moenie jou behandeling langer aanhou as wat ?nodig is nie, want dit sal die proteïen in jou hare afbreek en hare swakker maak.

GESIG

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Jou gesig het ekstra vertroeteling nodig, want dis aan die elemente blootgestel. Die vel aan jou gesig is ook dunner as dié aan die res van jou lyf, wat dit meer geneig maak tot veroudering.

Terwyl jy slaap, vernuwe die vel homself en herstel skade wat deur die dag aangerig is. Oornagbehandelings help jou vel met ’n hoë dosis van bestanddele wat dié herstelwerk bevorder.

WENKE

  • Vind ’n behandeling wat spesifiek vir jou vel geskik is.
  • Verwyder grimering en reinig jou gesig voor jy die ?behandeling aanwend.
  • Moenie oornagbehandelings bedags gebruik nie. Dit bevat dalk bestanddele wat ’n reaksie kan hê op vel wat aan sonlig blootgestel word.  

HANDE

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Hande wys dikwels eerste die tekens van veroudering, want dit word heeltyd aan die elemente en kieme blootgestel. En om dit gereeld te was kan jou vel uitdroog.

As jy ’n stokperdjie het wat jou hande laat deurloop, soos tuinmaak of selfdoenprojekte, moet jy ekstra moeite doen  met versorging. Oornagbehandelings is perfek, want anders as handerome wat jy bedags afwas, het die behandeling ure om te werk terwyl jy slaap.

WENKE

  • Dra handskoene om oor-?nagbehandeling gouer te laat werk. Die hitte van jou hande sal die behandeling doeltreffender ?laat werk.
  • Bevog altyd jou hande en wend ook sonskerm aan.

LYF

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy ’n sagte vel sonder verkleuring soek, voeg weefselolie en olies wat makliker absorbeer by jou aandroetine, want dit kan sagtheid, hidrasie en beskerming bevorder. En om saans die olies te gebruik beteken jy hoef jou nie te bekommer oor oliekolle op jou klere nie.

WENKE

  • Jou vel sal meer baat vind by olie oornag omdat omgewingsfaktore soos lugreëling, die son of koue wind nie dan die produk se werking aantas soos wat dit bedags doen nie. Bedags is die porieë ook aktiewer as saans, en as jy bedags olie aanwend, kan dit jou vel olieriger maak.
  • As jy ’n droë vel het, voeg ’n paar druppels olie by jou vogroom, want uiters droë vel het gewoonlik ’n gebrek aan olie.
  • Afskilfering help produkte wat die vel sag maak om beter te werk.

VOETE

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Ons voete vat ons oral en dra al ons gewig. Die probleme wat ons kan ervaar, sluit in droogheid, sweterigheid en skawing. Oornagbehandelings sal jou arme voetsole broodnodige verligting gee deur diep in die vel in te trek en dit behoorlik te voed.

WENKE

  • Dra sokkies om die bevogtigingsbehandeling beter te laat werk, maar bly sonder sokkies vir sweetbehandelings.
  • Wend jou behandeling aan skoon voete aan en gebruik elke keer skoon sokkies om reuke te vermy.

Ekstra bronne: eucerin.com, dermalogica.com