WENKBROUPOTLOOD EN WIMPERBORSELTJIE

Wenkbroue is deesdae groot nuus, en daar is ál meer produkte beskikbaar wat jou voller, netjieser wenkbroue besorg.

Die spoolie, oftewel ’n wimper­borseltjie, wat aanvanklik vervaardig is om ontslae te raak van klonte maskara op wimpers, word nou deur skoonheidskenners gebruik om wenkbroue netjies te kam.

Gebruik dit saam met ’n wenkbroupotlood vir wenkbroue wat die koppe laat draai.

Burst Angled Brow-Lash Brush R184, Eylure Brow C
Burst Angled Brow-Lash Brush R184, Eylure Brow Contour Two in One Colour & Highlighter in Dark Brown R99,95


OOGSKADU-BASISLAAG EN OOGSKADU

As jy wil hê jou oogskadu moet hou, kry ’n oog­skadu-basislaag.

Nes met ’n basislaag vir onder­laag, wend jy dit aan jou ooglede aan voor jy oogskadu aanwend.

Dit laat ook die kleur van jou keuse meer uitstaan vir ’n treffende voorkoms.

Essence My Only 1 Eyeshadow Palette in Eye Catchin
Essence My Only 1 Eyeshadow Palette in Eye Catching Looks R210, Gosh Eyeshadow Primer R167

ANTI-OKSIDANTE EN SONSKERM MET ’N BREË SPEKTRUM 

Anti-oksidante wat in serums aangetref word, verhoed selskade in die vel en verbeter die vel se voorkoms.

Sonskerm met ’n breë spektrum beskerm die vel teen UVA- en UVB-sonstrale.

As jy dié twee saam gebruik, help dit die vel om die meeste uit die anti-oksidante te kry.

Lamelle Helase Photo-Repair Cream 50 Broad Spectru
Lamelle Helase Photo-Repair Cream 50 Broad Spectrum R500, Sorbet Age Affect Power Serum R199

ONDERLAAG EN SETPOEIER

Naas die korrekte voorbereiding vir jou vel voor jy onderlaag aanwend, is die afronding daarvan net so belangrik.

Baie probleme, soos kollerigheid en grimering wat smelt, kan verhoed word deur setpoeier te gebruik.

BlackUp Color Correcting Loose Powder in CCPLI 01
BlackUp Color Correcting Loose Powder in CCPLI 01 R410, L.A. Girl Pro.Coverage HD Long Wear Illuminating Foundation in Porcelain R175

BASISOLIE EN BEVOGTIGENDE ONDERLAAG 

Dit is die geheim tot ’n douvars voorkoms. Basisolie voed nie net die vel nie; dit skep die volmaakte afronding vir jou onderlaag. Hierdie kombinasie is veral ideaal vir mense met ’n droë vel.

Rimmel Match Perfection Invisible Coverage Foundat
Rimmel Match Perfection Invisible Coverage Foundation in Ivory R179,95, Smashbox Photo Finish Primer Oil R545

SERUM EN VOGROOM 

Serum bevat ’n groot hoeveelheid voedingstowwe, en vog-room help dat die serum aan die vel bly. 

Vogroom sonder serum sal nie voldoende voordele vir die vel inhou nie, en om net serum aan te wend maak die vel kwesbaar vir eksterne faktore soos die son.

Nivea Q10 Plus Anti-Wrinkle Replenishing Serum Pea
Nivea Q10 Plus Anti-Wrinkle Replenishing Serum Pearls R239,95, Hannon Balancing Moisturiser R380

WIMPERBASISLAAG EN WATERDIGTE MASKARA

Dit kan ’n beslommernis wees om waterdigte maskara af te haal, veral by die sensitiewe vel om die oë.

’n Wimperbasislaag verhoed nie net dat die waterdigte formule jou wimpers uitdroog nie; dit maak ook die afhaalproses eenvoudiger omdat die basislaag as beskerming optree.

MAC False Lash Waterproof Mascara R320, Smashbox P
MAC False Lash Waterproof Mascara R320, Smashbox Photo Finish Lash Primer R310

MEER AS EEN MASKER

Die dae van een masker op ’n slag gebruik, is verby. Jy kan deesdae maskers saam inspan om die verskillende velkwessies te takel.

As jy byvoorbeeld ’n kombinasievel het, kan jy ’n reinigende masker en een wat sorg vir ’n mat voorkoms aan die olierige dele gebruik, en ’n bevogtigende masker vir die droër dele.

Ander maskers kan vir spesifieke velbehoeftes gebruik word.

Mineraline Purify Regenerating Dead Sea Facial Mud
Mineraline Purify Regenerating Dead Sea Facial Mud Mask R99, Nivea Daily Essentials Moisture 1 Minute Urban Detox Mask R99,99

KONTOERE EN KOLLIG-GRIMERING  

Neem jou kontoertruuks een stappie verder met kolliggrimering.

Waar jy met kontoer­grimering die illusie van diepte op die gesig skep, beklemtoon kolliggrimering hierdie dele, wat jou gesig beter definisie gee.

As jy dus kontoergrimering aanwend, volg dit op met kolliggrimering vir ’n vlekke­lose voorkoms.

NYX Conceal, Correct, Contour Palette in Light R24
NYX Conceal, Correct, Contour Palette in Light R242,95, Gosh Strobe ’n Glow Highlight R289

LIPOMLYNER EN LIPSTIFFIE 

Lipomlyner doen meer as om net te voorkom dat jou lipstiffie bloei.

Wanneer jy ’n nuwe lipstiffie koop, koop die lipomlyner in dieselfde of soortgelyke skakering. Voor jy jou lipstiffie aanwend, moenie net jou lippe omlyn nie; kleur dit heeltemal in.

Dit sal die kleur ure lank laat hou, want selfs as jou lipstiffie afvee, sal jou lip­omlyner bly.

Rimmel Exaggerate Full Colour Lip Liner in Pink a
Rimmel Exaggerate Full Colour Lip Liner in Pink a Punch R109,95, L’Oreal Paris Infallible Matte Lip Paint in King Pink R159

Kry dit hier

blackUp (Edgars 0800-203-925); Burst burstmakeupbrushes.co.za; Essence (Clicks 0860-254-257); Eylure (Clicks 0860-254-257); GOSH (Edgars 0800-203-925); Hannon hannon.co.za; L.A. girl (Dis-Chem 0800-201-170); Lamelle  Lamelle.co.za; L’oreal 0860-102-491; MAC maccosmetics.co.za; Mineraline (Dis-Chem 0800-201-170); NIVEA 0860-102-091; NYX (Clicks 0860-254-257); Rimmel 0800-463-446; Smashbox 021-702-3466; Sorbet (Clicks 0860-254-257)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.