Krulhare

Dié soort hare het ligte produkte nodig wat krulle opknap.

Romerige sjampoes kan jou krulle laat platval en sterk produkte sal jou hare uitdroog en dit die natuurlike krul laat verloor.

Moenie krulrome gebruik wat jou hare bros laat voel of dit hard maak nie, want dit sal ’n produkopbou op jou hare veroorsaak.

Label. M Leave-In Conditioner R320
Marc Anthony Curls Defrizzing Coconut Cream Shampoo R134,95
Moroccanoil Intense Curl Cream R410
Redken Curvaceous Lightweight Cleanser R382
Paul Mitchell Twirl Around Crunch Free Curl Definer R320

Skoonheidswenk
Moenie jou hare met mening vryf wanneer jy dit was nie. Kam eers jou hare uit wanneer dit droog is.

Plat hare

Pap of dun hare het ook ligte produkte nodig, maar daar is spesifieke soorte om na uit te kyk.

Kies produkte wat oortollige olie verwyder en hare volume gee.

Produkte wat in stelle verkoop word om volume te skep, sal ook goed werk, want dit sal stap-vir-stap-riglyne insluit oor hoe om jou hare volume te gee.

OGX Bamboo Fiber-Full Thickening Fiber Cream R164,95
TRESemmé Expert Beauty-Full Volume Shampoo R79,95
TRESemmé Expert Beauty-Full Volume Pre-Wash Conditioner R79,95
Trevor Sorbie Thicker & Fuller Shampoo R159,95
Schwarzkopf Osis+ Big Blast Volumizing Gel R265


Skoonheidswenk
Hitte kan veral skadelik wees vir dun, fyn hare. Probeer die hoeveelheid hitte beperk wat jy elke week of maand gebruik.

Onbeheerbare hare

Mense met voller en dikker hare sukkel gewoonlik met hare wat koek en kroes. Produkte wat olies bevat, kan help om jou hare te tem.

En as jy warm gereedskap gebruik om jou hare te stileer, kies droërs en ysters wat ionies is, want dit bekamp kroeserigheid.

Schwarzkopf Oil Ultime Argan Finishing Oil R380
Schwarzkopf Oil Ultime Argan & Barbary Fig Oil-In Conditioner R285
L’Oreal Elvive Keratin Straight Shampoo R74,95
Hannon Extreme Anti-Frizz Shampoo R185
Babyliss Liss Brush 3D Hot Straightening Brush R799


Skoonheidswenk
Gebruik ’n ou T-hemp om jou hare droog te maak nadat jy dit gewas het. Anders as ’n handdoek, sal dit die vog absorbeer sonder om dit uit te droog.

Poreuse hare

Dié soort hare neig tot droogheid en breekskade en het soms gesplete punte.

Gebruik produkte wat hare help herstel, bevog en vog behou. Enigiets waarop “hydrate” staan, sal vir jou werk, van sjampoes tot behandelings en maskers.

Joico K-Pak Intense Hydrator Treatment R500
Label. M Honey & Oat Mask R300
Mera Coconut Oil Conditioner R89,99
Mera Coconut Oil Shampoo R89,99
Kardashian Beauty Black Seed Oil Liquid Hydration Masque R197


Skoonheidswenk
Vestig ’n haarsorg-roetine wat minstens een keer per week ’n haarmasker insluit. Jou hare sal makliker wees om te beheer en minder geneig tot skade.

Kopvelsorg

Mense met kopvelprobleme het ’n sensitiewe kopvel en skilfers en ervaar soms jeukerigheid. As dit erg is, is dit raad saam om hulp by ’n kenner te kry.

Maar as dit matig is, is daar ’n aantal oor-die-toonbank-produkte wat die probleem kan help verlig.

Wees op die uitkyk na teenskilfermiddels of produkte wat jou kopvel versorg.

Schwarzkopf Bonacure Scalp Genesis Anti-Dandruff Shampoo R275
Bioderma Anti-Dandruff Intense Shampoo R231,97
Head & Shoulders 2in1 Purely Gentle Scalp Care R64,99
Treemendus Certified Organic Tea Tree Shampoo R79
Schwarzkopf Bonacure Scalp Genesis Rebalancing Serum R525

Skoonheidswenk
Sterk produkte vererger ’n sensitiewe kopvel. Kies matige sjampoes, opknappers en stileer-produkte.


Kry dit hier

Babyliss (Clicks 0860-254-257); Bioderma cosmetiquesdefrance.co.za; Hannon hannon.co.za; Head & Shoulders (Clicks 0860-254-257); Joico everythinghair.co.za; Kardashian Beauty takealot.com; Label. M 011-431-0038; L’Oreal 0860-102-491; Marc Anthony (Dis-Chem 0800-201-170); Mera 012-674-0400; Moroccanoil everythinghair.co.za; Paul Mitchell 011-305-1600; OGX (Dis-Chem 0800-201-170); Redken 0860-102-491; Schwarzkopf 011-617-2400; Tresemmé 0860-572-861; Treemendus faithful-to-nature.co.za; Trevor Sorbie (Clicks 0860-254-257)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.