Rok & broek

Dra jou rok oor ’n broek. Dis sjiek, gemaklik en omtrént byderwets.

’n Model op die loopplank in die Hellessy-herfs/winter 2017/’18- mode­kou tydens die New Yorkse Modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images

Oorvoumaksirok R649, Cotton On
Rok R879, Zara
Wyepypbroek met hoë middel R799, H&M
Noupypbroek R129,99, MRP
Trui R249, H&M
Hakskoene deur Mango R699, Spree.co.za
Enkelstewels R899, H&M

Modewenk
Kies ’n lospassende rok. ’n Nousluitende een sal bonkig oor ’n broek lyk.

VASGEGESPE

Dra ’n belt saam met jou baadjie vir ’n klassieke, moderne gevoel. Dit verleen definisie aan ’n laag-op-laag-voorkoms.

’n Model op die loopplank in die Ujoh-2018-mode­vertoning tydens die Milanese Modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Soldatejas van wol en keperstof deur Trenery R2 299, Woolworths
Romp R799, H&M
Belt deur Joy Collectables R149, Spree.co.za
Belt R139, Miladys
Palmtas deur Mango R399, Spree.co.za
Jas R659, Zara
Hakskoene R829, Charles and Keith

Modewenk
Helderkleurige hakskoene sal dié eenvoudige baadjie woema gee.

Lief vir lae

’n Langmoutop in ’n neutrale kleur is perfek om te dra onder ’n oulike top of T-hemp wat die aandag trek.

’n Model op die loopplank in die Kenzo-herfs/winter 2018/’19-vertoning tydens die Paryse Modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Trui R139,99, MRP
Romp R79,95, Ackermans
Top deur Mango R299, Spree.co.za
Puntskoene R450, Woolworths
Handsak R260, Exact
Oorbelle R299, Accessorize
Modewenk
Dra dié herfs ’n slag jou oorbelle in onpare – sommer vir 
die pret.


Rok & jas

Somerrokke maak plek vir langmourokke. Dra dit by ’n kortmoubaadjie en laat jou rok se moue uitsteek vir ’n byderwetse voorkoms.

’n Model op die loopplank in die GUÕ-lente/somer 2018-vertoning deur die ontwerper Gu Yuanyuan tydens die Mercedes- Benz-China-modeweek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Rok R450, Foschini
Kort baadjie R629, H&M
Sonbril deur Police R3 490, Execuspecs
Visnetsokkies R129 vir pak van 2, H&M
Hakskoene deur Call It Spring R649, Spree.co.za

Modewenk
Kikker jou rok op deur dit by visnetsokkies en puntskoene met uitsnydetail te dra.
Kry dit hier

Accessorize 021-447-7718; Ackermans 0860-900-100; Charles and Keith 021-552-4912; Colette by Colette Hayman 021-937-5436; Cotton On 011-784-0218; Exact 0860-005-439; Execuspecs 0860-109-289; Foschini 0860-104-764; H&M 021-826-7300; Makro 0860-300-999; Miladys 0800 310 290 ; MRP 0800-21-25-35; Poetry 021-419-0020; Spree.co.za; Woolworths 0860-022-002; Zara 011-302-1500

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.