Dit klink dalk moeilik, maar hier is vyf eenvoudige wenke om dit reg te kry. Onthou, jy moet die modes dra en jou nie deur jou uitrusting laat oorweldig nie.

Reël 1: Kies ’n kleur

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy die tendens vir die eerste keer probeer, begin met twee kleure – een helder en een neutraal. Begin met jou gunsteling-kleur sodat jy ’n palet skep waarmee jy gemaklik is, of kies twee kleure wat jy weet goed saamwerk. Kleurblok beteken nie jou kleurkeuses moet helder wees nie, want ligter skakerings lyk net so mooi.   

Reël 2: Tekstuur

Foto: Gallo Images/Getty Images


As jy ’n eenkleur-uitrusting kies, is tekstuur belangrik. Maak seker jy hou by dieselfde kleurpalet en kies items met verskillende teksture. Of dra ’n uitrusting in een kleur van verskillende skakerings.
 

Reël 3: Besluit op ’n tema

Foto: Gallo Images/Getty Images

Dink aan twee tot vier kleure wat jy wil meng – onthou, jy hoef nie net een kleur te dra nie. Begin met kleur as basis, of kies een kleurblok-uitrusting of bykomstigheid wat sal uitstaan van die res.

Reël 4: Voeg ’n motief by

Foto: Gallo Images/Getty Images


As jy motiewe by jou uitrusting voeg, maak seker dis in dieselfde kleurpalet – dit sorg vir ’n lekker kinkel in jou voorkoms, soos die blompatrone op die foto bo.

Reël 5: Wees dapper

Foto: Gallo Images/Getty Images


Met dié mode kan jy die koppe laat draai. Kombineer ’n maksimum van vier kleure in een uitrusting – die geheim is om dit met trots te dra. Kies kleure wat jou vlei.