JY’T VERSLAAP!

Connie Nielsen Foto: Gallo Images/Getty Images

Selfs al het jy min tyd om jou oë te grimeer, kan jy steeds goed lyk. Hou dit net eenvoudig.

JY KORT: BB-room, ’n wenkbroupotlood, maskara en lipglans of -salf.

Stap vir stap
  • Wend met jou vingerpunte BB-room aan jou hele gesig aan, skakeer dit goed in aan jou gesig en om jou kakebeenlyn.
  • Vul jou wenkbroue met die wenkbroupotlood in en skakeer dit met jou vinger.
  • Wend ’n paar lae maskara net aan jou boonste wimpers aan.
  • Rond die voorkoms af met ietsie aan die lippe.

Produkte

Yardley BB LipColour in Candy Floss R92,95
GOSH BB Cream in Sand R220
Clarins Instant Light Lip Comfort Oil in Mint R295
Essence Volume Stylist Lash Extension Mascara in 001 R64,95
Revlon Kiss Balm in Sweet Cherry R60
Dr. PawPaw Tinted Peach Pink Balm R95

REG VIR DIE RAADSAAL

Emilia Schüler Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy in die beroepswêreld is, moet jou grimering volmaak lyk, maar nie te helder of oorweldigend wees nie.

JY KORT: Onderlaag, verbloemer, kohl- of vloeibare oogomlyner, ’n wenkbroupotlood of -jel, ’n oogskadupalet met neutrale kleure, maskara en lipstiffie.

Stap vir stap
  • Wend die onderlaag met ’n onderlaagborsel, grimeerspons of jou vingers aan jou hele gesig aan.
  • Tik verbloemer aan dele wat jy wil bedek, en skakeer sagkens met ’n vinger.
  • Vul jou wenkbroue in met die produkte van jou keuse.
  • Wend met ’n oogskadukwas twee of drie kleure oogskadu aan. Begin deur die ligste kleur oor die hele lid aan te wend, en wend dan ’n donkerder kleur aan die helfte van die ooglid by die buitenste hoek. Wend die donkerste kleur aan die buitehoeke van jou ooglede aan.
  • Omlyn jou boonste wimperlyn met oogomlyner en rond die oë af met maskara aan jou boonste en onderste wimpers.
  • Wend lipstiffie aan.

Produkte

GOSH My Favourite Mascara in Black R165
L.A. Girl Pro.Conceal High Definition Concealer in Nude R59,95
Clarins 4-Colour Eye­shadow Palette in ­Smokey R560
Yardley Quad Eye­shadow in Revel R129,95
Yardley Supermoist Lipstick in Vixen R109,95

HEELDAG VLEKKELOOS

Amber Heard Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy te besig – of te lui – is om grimering op te knap, kan jy wel seker maak dit lyk heeldag douvars.

JY KORT: Basislaag, onderlaag, wenkbroujel of -potlood, vloeibare oogomlyner, maskara, mat lipstiffie en grimeersetsproei of setpoeier.

Stap vir stap
  • Maak seker jou vel is skoon, wend vogroom en sonskerm aan en dan die basislaag.
  • Gebruik ’n klam spons om die onderlaag eweredig aan te wend.
  • Vul jou wenkbroue met ’n wenkbroujel of -potlood in kort hale in.
  • Omlyn jou boonste wimperlyn van die binneste na die buitenste ooghoeke met vloeibare oogomlyner. As jy ’n beginner is, begin met een lyn en voeg geleidelik nog lyne by tot jy tevrede is.
  • Bring maskara aan jou boonste en onderste wimpers aan.
  • Wend met of sonder ’n lipborsel lipstiffie aan.
  • Skud jou grimeersetsproei goed. Spuit dit eers in die lug om te toets of dit mistig of waterig is; dit moet mistig wees. Hou die sproei sowat 30 cm weg van jou gesig en spuit jou vel twee of drie keer daarmee.

Produkte

Revlon Youth FX Fill + Blur Foundation in ­Caramel (links) en Nude R325 elk
GOSH Prime ’n Set Primer & Mattifying Setting Powder in Banana R235
Burst Angled Brow-Lash Brush R153 en Eylure Brow Pomade in Dark Brown en Mid Brown R105 elk
Revlon Ultra HD Metallic Matte Lipcolor in HD Glam R179
L.A. Girl Pro.Setting HD Setting Spray R89,95

LYK NÁ URE MOOI

Kristen Bell Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy van die kantoor af reguit na ’n glansgeleentheid gaan, is dit tyd vir ’n bietjie pret deur kleur en glans by jou grimering te voeg.

JY KORT: Blink oogskadu, vloeibare oogomlyner, ’n stel wimpers, maskara, poeier, verligter en helder mat lipstiffie.

Stap vir stap
  • Wend die blink oogskadu aan die binnehoeke van die oë aan. Jy kan ook oogskadu aan jou ooglede aanwend as jy wil.
  • Trek met jou vloeibare oogomlyner ’n gevleuelde lyn op jou boonste wimperlyn.
  • Wag tot die oogomlyner droog is voor jy die wimpers aansit. Wend dan maskara aan om die vals wimpers met jou eie te laat saamsmelt.
  • Wend die poeier aan jou gesig aan, veral jou T-sone.
  • Volg dit op met die verligter aan jou wangbene.
  • Laastens: Wend die lipstiffie met ’n lipborsel aan.

Produkte

L’Oreal Lip Paint / Matte in Wuthering Purple R159,95
Rimmel Volume Shake Mascara in Black R159,95
Clarins Cream to Powder Eye­shadow in 09 R340
Revlon ­Colorstay Crème ­Eyeshadow in 755 R92,95
Physicians Formula Powder Palette Mineral Glow Pearls in Light Bronze Pearl R264,95
L.O.V RoyaLINER Eyeliner Pen in Black Grace R169

Kry dit hier

Burst burstmakeupbrushes.co.za; Clarins 011-809-6300; Dr. PawPaw (Dis-Chem 0800-201-170); Essence (Clicks 0860-254-257); Eylure (clicks 0860-254-257); GOSH (Edgars 0800-203-925); L.A. Girl (Dis-Chem 0800-201-170); L’Oréal 0860-102-491; L.O.V takealot.com; Physicians Formula (Dis-Chem 0800-201-170); Revlon 011-971-0812; Rimmel 0800-463-446; Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffer nie verantwoordelik gehou kan word nie