Plante is nie net mooi om na te kyk nie; dit suiwer ook die lug en skep ’n kalm atmosfeer terwyl dit binnenshuis lewe gee. En daar is baie interessante planthouers om van te kies.

Elegante, minimalistiese ontwerpe in neutrale, mat skakerings van wit, grys en swart is mode, en veelvlakkige ontwerpe en geometriese vorms is ook gewild.

Meng en pas modern met landelike, natuurlike elemente soos mandjies, sementplantpotte of glas. As jy min vloerruimte het, is ’n plantstaander ideaal, en hangplante maak ’n stelling.

Vetplante en terrariums is ook ’n interessante opsie. Rangskik jou plante in groepe met verskillende hoogtes om diepte te skep en laat dit jou huis natuurlike kleur gee.

Planthouer vanaf R189, Skinny laMinx
Plantpot met water-houer R849, Yuppiechef.com
Potplanthouer R499, Yuppiechef.com
Filodendron-mosbal R350, Plantify
Terra­rium-selfdoenstel R285, Plantify
Sirkelhanger R460 (met plant R560), Plantify
Nesta-planthouer R1 499, Superbalist.com
Hang-planthouer R385, Plantify
Planthouer R195, Weylandts
Plantpot R3 699, Gold Bottom Pots
Erdeplantbak R299, H&M
Metaal-planthouer R149, H&M
Filodendron-mosbal R350, Plantify
Eco- rubber­mandjie R95, Weylandts
Boepensmandjie R650, Design Store
Baariq-plantbak met swart tou R295, Weylandts
Klein agthoekige houer (wallscape) met lug- of vetplant R350 (net houer R250), Angles+Earth

ONS KIES VYF PLANTE

  • Binnenshuise plante verfraai nie net die ruimte nie; dit help ook die lug in jou huis suiwer.

Aloe Vera

 
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die vetplant moet verkieslik naby ’n venster staan. Dit het genesende eienskappe – die jel in die blare kan aan brandwonde, skaafplekke of sonbrand aangewend word.

Dit suiwer die lug van die besoedelstowwe van skoonmaakprodukte.

Rubberplant (Ficus robusta)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit is ’n goeie huisplant, want dit groei maklik, verg min onderhoud en kan die laer humiditeit binnenshuis hanteer.

Sit dit op ’n plek wat ’n goeie balans van lig en skadu het.

Vredeslelie (Spathiphyllum)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die plant geniet matige tot min lig.

Hoe meer lig dit kry, hoe groter is die kans dit sal blom. Een van die algemeenste redes waarom vredeslelies vrek, is te veel water. Een keer per week is genoeg.

Skoonma-se-tong (Sansevieria trifasciata ‘Laurentii’)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Die plant het nie veel lig of water nodig om te oorleef nie.

Dit is goed daarmee om die lug skoon te maak, want dit kan oormatige hoeveelhede koolstofdioksied opneem.

Geraamteplant (Monstera deliciosa)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Dié gewilde binneplant verkies helder lig en verg matige hoeveelhede water.

Dit is eintlik ’n rankplant in die natuur; dus sal jy dit later met ’n paal of ander stewige struktuur in die huis moet ondersteun. 

Kry dit hier

@Home Home.co.za 0860-576-576; Angles+Earth Anglesandearth.co.za 073-155-7333; Blockhouse Blockhouse.co.za 012-752-8840; Design Store Designstore.co.za 082-940-9200; Gold Bottom Pots Goldbottompots.co.za 081-519-8146; H&M HM.Com/za 0860-690-707; Malawi Cane Canefurniturecapetown.co.za 079-664-1488; Mrp Home Mrphome.com 0800-212-535; Plantify Plantify.co.za 065-161-2215; Skinny Laminx Skinnylaminx.com 021-424-6290; Starke Ayres Starkayresgc.co.za 021-685-4120; Stodels Stodels.com 021-919-4040; Superbalist.com 087-362-7300; Weylandts Weylandts.co.za 021-914-1433; Yuppiechef.com 0861-702-4969

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.