VELSORG

EKSTRA VOG

In die herfs kan jy ryker vogrome gebruik. As jy nie ’n nuwe een wil koop nie, kan jy sowat 5-10 ml van ’n olie van jou keuse by 500 ml lyfroom voeg. Neem ook korter storte.

Johnson’s Vita-Rich Nourishing Body Lotion 400 ml, R45,95
Nivea Shower Oil 200 ml, R49,95

LIPSORG

In die herfs moet jy meer bevogtigende produkte gebruik en wegbly van langdurige lipglanse. Jou lippe word gedurig aan uiterste weer blootgestel. Smeer altyd ’n basislaag van petroleumjellie of lipsalf aan voor jy lipstiffie aanwend.

Elizabeth Arden Eight Hour Cream Lip Balm, R245
Lip Ice in Carded Spearmint, R16,95

AFTREKMASKER

In die herfs kan jy aftrekmaskers gebruik. Dit help die vel liggies poets om so dooie vel te verwyder en dit van binne te vernuwe.

The Body Shop Vitamin C Glow- Revealing Liquid Peel 145 ml R200
Filorga Oxygen- Peel Re-Oxygenating Micro-Peeling Lotion 150 ml, R520

DIE REGTE MASKER

Gebruik in die herfs bevogtigende papiermaskers. Dit het gekonsentreerde voedingsvlakke en antioksidante en hoef nie ná gebruik afgespoel te word nie.

Dermactin-TS Pore Refining Facial Sheet Mask, R41,95
Skin Republic Anti- Ageing Hand repair 20 Minute Treatment Gloves, R49,95

SPEEL KLAAR MET DROË VEL

In die herfs kan jy jou bewapen met produkte wat vitamien C bevat. Koeler weer laat die vel droog voel en vitamien C is goed omdat dit die vel hidreer en fyn plooitjies en droogheid verminder.

Environ C-Boost Clarifying Cream 25ml ,R360
Nimue Vitamin C Moisture Mist 60 ml, R215

GRIMERING

Foto: Gallo Images/Getty Images

LIPKLEUR

Kies in die herfs fluweelagtige lipstiffie en bevogtigende lipprodukte met vitamien E – vermy mat lipstiffie. Wend altyd ’n voedende basislaag aan.

Yardley Supermoist Lipstick in Soft Nude, R109,95
Revlon Ultra HD Lipstick in Peony, R165

OOGGRIMERING

Gebruik voedende ooggrimering. Waterbestande ooggrimering kan jou ooglede en wimpers beskadig. Gebruik ook roomoogskadu’s.

Rimmel Magnif’-Eys 2in1 Eye­shadow & Kohl in Dark Side of Blue, R109,95
Clarins Cream Ombre Iridescent Eyeshadow in Aquatic Rose, R300

BLOSENDE GELAAT

Jy kan ’n romerige blosser of verligter kies vir die herfs omdat dit nie die vel laat mat lyk of dit uitdroog nie. En dit sal ewe lank of selfs langer as poeierblosser hou.

L.A. Girl Velvet Blush Contour Stick in Glimmer R49,95
Clarins Cream Blush in Grenadine R345

ONDERLAAG

In die herfs kan jy ’n serumonderlaag kies. Dis geskik vir olierige en droë vel. Dié onderlae bedek nie net jou foutjies nie; dit hou ekstra voordele in, soos antioksidante en vitamiene wat die vel voed terwyl jy vlekkeloos lyk.

L.O.V EVENelixir Serum Foundation in Rosy Touch 30 ml, R285
Sorbet Face First Anti-Ageing Serum Foundation in Sandal Wood 30 ml, R28,95

HARE

HAARSORG

Warmoliebehandelings kan help met bevogtiging, en inlosopknapper sal die hare beskerm. Vermy produkte wat proteïen bevat omdat dit die hare kan laat breek.

Foto: Gallo Images/ Getty Images
Indola Innova Wonder Treatment 100 ml, R232
Kardashian Beauty Black Seed Oil Leave-In Conditioner Mist 118 ml, R395

HAARBEDERF

Bederf jou hare in die herfs met haarmaskers vir diep bevogtiging. Kleurbehandelde hare raak ook kwesbaar in koeler temperature; gebruik dus ’n masker wat daarvoor bedoel is.

Joico Color Endure Treatment Masque 250 ml, R320
Kérastase Resistance Masque Thérapiste 200 ml, R475


Kry dit hier

Clarins 011-809-6300; Dermactin-TS (Dis- Chem 0800-201-170); Elizabeth Arden 021-597-1700; Environ 0800-220-402; Filorga filorga.co.za; Indola Innova retailbox.co.za; Johnson’s 0860-410-032; joico everythinghair. co.za; Kardashian Beauty takealot.com; kérastase everythinghair.co.za; L.A. Girl (Dis-Chem 0800-201-170); Lip Ice (Dis-Chem 0800-201-170); L.O.V takealot.com; Nimue skinpro.co.za; Nivea 0860-102-091; Physicians Formula (Dis-Chem 0800-201-170); Revlon 011-971-0812; Rimmel 0800-463-446; Skin Republic (Clicks 0860-254-257); SORBET (Clicks 0860-254-257); the body shop (clicks 0860-254-257); Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.