VOOR JY GAAN SLAAP

MAAK SKOON

Swaar grimering wat jy lank aanhou, kan jou porieë laat verstop. En jy het boonop dalk ’n paar uur se slaap misgeloop – juis die tyd wanneer jou vel die kans kry om te herstel.

Gebruik ’n sagwerkende grimeringverwyderaar soos miselwater en wend ’n ryk nagroom aan voor jy gaan slaap.

WANNEER JY WAKKER WORD

1. SKROP

Jy het jou grimering verwyder en jou gesig bevog, maar jou vel lyk dalk steeds vaal weens ’n gebrek aan slaap.

Was jou gesig en skilfer dit dan met ’n hulpmiddel of gesigskrop af. Dit sal porieë help oopmaak en jou vel helderder laat lyk.

2. MASKER

Te min slaap en ’n paar drankies het dalk jou vel gedehidreer.

Wend ’n bevogtigende masker aan nadat jy jou gesig gewas en afgeskilfer het. Dit sal die vel voed en enigiets ongewens van die veloppervlak verwyder.

3. OË

Verminder pofferige oë of donker kringe deur plakkers onder jou oë en oogrome te gebruik wat die simptome van moegheid sal help verminder.

Wend die room liggies met jou pinkie of ringvinger aan.

4. BEVOG

Wend volgende jou serum, bevogtiger en sonskerm aan.

Ná ’n lang nag het jou vel al die vog en voedingstowwe nodig wat dit kan kry. Vir ekstra vog kan jy jou gewone gesigroom vir ’n gesigolie verruil. Onthou om sonskerm aan te wend voor jy buitentoe gaan.

5. LIPPE

Skrop eers jou lippe met ’n lipskrop, ’n tandeborsel met sagte hare of ’n nat waslap.

Wanneer jou lippe glad voel, wend lipsalf of ’n lipbehandeling vir voeding aan.