Modewenk
Dra ’n modieuse sportluukse langbroek pleks van ’n spanbroek vir ’n stylvolle, sjiek voorkoms.
Top deur Lithe R269, Spree.co.za. Langbroek R299,99 en pet R79,99, The Fix. Sokkies R99, Falke. Tekkies R299, Woolworths. Sonbril Alt Collection deur Vonzipper R1 499,95, Billabong. Sak R119,99, MRP. Foto: Jacques Stander


Modewenk
Trek ’n denimbaadjie bo-oor jou kort top aan en jy is reg om ná gim saam met jou vriende uit te hang.
Sportbra R159, Makro. Langbroek R499 en serp (aan die arm gedra) R119, Cotton On. Denimbaadjie R429, H&M. Tekkies R1 499, Le Coq Sportif. Foto: Jacques Stander


Modewenk
Kies platformskoene wat ’n stelling maak pleks van tekkies vir ’n speelse voorkoms.

Top R169,99, The Fix. Top (om die middel gedra) R79,95, Ackermans. Spanbroek deur Converse R649 en sak deur Converse R200, The Index. Skoene R249,99, MRP. Foto: Jacques Stander

Modewenk
Voeg glans by jou sportdrag deur dit met ’n treffende sonbril, oorbelle of sak af te rond. ’n Kunspelsbaadjie sorg ook vir ’n deftiger voorkoms.
Wit top R353,07 en spanbroek R279, Woolworths. Wit top met maasstofmoue R299 en oorbelle R149, Cotton On. Baadjie R399,99 en sonbril R79,99, The Fix. Sokkies R99, Falke. Tekkies R149,99 en oor­fone R99, Ackermans. Rug­sak R729, Colette deur Colette Hayman. Foto: Jacques Stander


Modewenk

Gryp die neiging vir metaalkleure aan en gee ontspanne sportdrag ’n baie koel, unieke kinkel.

Oranje sporttop R249 en heupsak R199, H&M. Wit top R379, Woolworths. Spanbroek deur ­Lithe R289, Spree.co.za. Moulose pofbaadjie R189,99, MRP. Tekkies R79,99, Ackermans. Sonbril R79,99, The Fix. Foto: Jacques Stander

Kry dit hier

Ackermans  0860-900-100; Billabong 042-200-2600; Colette by Colette Hayman 021-937-5143; Cotton On 011-784-0218; Falke 021-951-2137; H&M 021-826-7300 ; Le coq sportif  087-550-5970; Makro  0860-300-999; MRP 0800-21-25-35; Spree.co.za ; The Fix 0860-101-048; The Index (Spree.co.za); Woolworths 0860-022-002

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.