STRANDROK WORD UITGAANROK (foto bo)

Dra dit só
Trek wighakskoene aan, gryp ’n metaalblink handsak en jy’s reg om met jou strandrokkie uit te gaan.

ROMP

Bloes met medaljon deur Legend R229, Makro. Potloodromp R59, Jam Clothing. Sandale R259,95, Ackermans. Horlosie R220, Exact. Koevertsak deur Style Republic R299, Spree.co.za.
Dra dit só
Dra ’n netjiese handsak as jy ná gim gou winkel toe wil gaan.

KORTBROEK

Bloes R89,99, MRP. Kortbroek deur Legend R139, Makro. Serpie stilis se eie. Sandale deur Wild Alice R799, Queue. Sonbril deur Police R3 690, Spec­savers. Skouersak R449,50, Colette by Colette Hayman.
Dra dit só
Oprygsandale met tossels is net wat jy nodig het by ’n prettige kortbroek.

WIT

Bloes R75, Jam Clothing. Broek deur Legend R189, Makro. Espadrilles R149,95, Ackermans. Halssnoer R250 en hoed R199, Old Khaki. Sonbril R89,99, Exact. Skouersak R449,50, Colette by Colette Hayman.
Dra dit só
  • Rond ’n capri-broek af met ’n ligte bloesie en lyk vars soos ’n somerbries.
  • Taankleurige bykomstighede lyk goed by ’n wit uitrusting.

DENIM

Top deur Legend R219, Makro. Romp R320, Exact. Denimbaadjie deur Levi’s R999 en sandale deur Miss Black R559, Spree.co.za. Oorbelle R199,50 en handsak R559,50, Colette by Colette Hayman.

Dra dit só
  • ’n Geborduurde bloes laat ’n denim-uitrusting vrouliker lyk.
  • Blokhaksandale en ’n outydse handsak gee daardie iets ekstra.

HEMP

Hemp deur Legend R269, Makro. Chinokortbroek R350, Woolworths. Tekkies R280 en horlosie R199, Exact.
Dra dit só
Dra ’n knoophemp by ’n chino-kortbroek en tekkies vir ’n informele voorkoms.

JEANS

T-hemp R329, Jeep. Hemp deur Legend R249, Makro. Jeans R699, Old Khaki. Tekkies R199,99, MRP. Sonbril deur Polar R1 390, Specsavers.
Dra dit só
Ons hou baie van dié somer se manshemde met klein patrone – veral in ligte katoen wat die hitte hokslaan.

SPORTIEF

Frokkie R99 en kortbroek R159 deur En­durance, Makro. Moulose baadjie R139,99 en horlosie R119,99, MRP. Tekkies deur Fila R649, Footwear ­Trading. Sak R350, Woolworths.

GHOLFHEMP

Gholfhemp deur Legend R239, Makro. Chino-kortbroek R599, Jeep. Tekkies R299, Exact. Sonbril deur Polar R1 290, Specsavers.
Dra dit só
’n Gholfhemp lyk deftiger as ’n gewone T-hemp. In vars wit lyk dit mooi by ’n chino-kortbroek of jeans.

DENIMKORTBROEK

T-hemp R59,99, MRP. Hemp R599, Jeep. ­Denimkortbroek deur Legend R279, Makro. Tekkies R399, Woolworths. Sonbril deur Polar R1 290, Spec­savers.
Dra dit só
Verhef hierdie baie informele voorkoms tot iets meer deur ordentlike tekkies hierby te dra.

DENIMHEMP

T-hemp R299, Jeep. ­Denimhemp R330, ­tekkies R280 en sonbril R89, Exact. Cargo-kortbroek deur Legend R329, Makro. Pet R89,99, MRP.
Dra dit só
Jy moet dié seisoen ’n kamokortbroek hê. Dra hierby ’n denimhemp oopgeknoop bo-oor jou T-hemp.

Foto's: Peet Mocke; Mode-sssistent: Grethe Swart; Modelle: Ashley R van Full Circle Models en Riaan E van Cover Model Management; Hare en grimering: Sian Bianca Moss

KRY DIT HIER

ACKERMANS 0860-900-100; COLETTE BY COLETTE HAYMAN 021-937-5436; Exact 0860-005-439; Footwear Trading  011-630-4000; FOSCHINI 0860-104-764; H&M 021-826-7300; Jam Clothing 031-303-9670; Jeep 031-313-1400; JET 0800-203-925; MAKRO 0860-300-999; MILADYS 0800-310-290; MRP 0800-21-25-35; OLD KHAKI 021-914-8797; QUEUE 021-531-5450; Specsavers 0860-­105-­405; SPREE.CO.ZA; THE FIX 0860-101-048; Woolworths 0860-022-002

LET WEL

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.