1. ROOIBLOND

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit is ’n koperige blonde toon wat pragtig by tussenin- tot ligte velkleure werk, want dit is nie so lig dat dit jou vel uitgewas laat lyk nie, maar ook nie so donker dat dit onnatuurlik lyk nie. 

Dit gee ook jou gesig warmte, wat dit ideaal maak vir mense met koel ondertone. Beproef dit met lang hare of ’n bob vir ’n treffende voorkoms. 

Dit sal veiliger wees om salon toe te gaan as jy dié kleur wil hê, want ’n stilis sal weet hoe om jou hare te bleik (as jy jou hare laat ligter kleur) en hoe om die kleur te meng om die besondere skakering te verkry.

Hask Kalahari Melon Oil Color Protection Condition
Hask Kalahari Melon Oil Color Protection Conditioner R89,99, Trevor Sorbie Colour Protect Shampoo R159

2. WYNROOI

Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Donker wynrooi is perfek vir tussenin- tot donker velkleure en ’n veiliger opsie om op die proef te stel. 

Omdat dit aan die donker kant van die spektrum is, hoef jy nie jou hare met bleikmiddel te stroop om die verlangde resultate te verkry nie. Dit rig dus minder skade as ander haarkleure aan.

Dit beteken nie jy kan kleur­sorgprodukte oorslaan nie – dit sal die kleur help onderhou en jou hare beskerm. 

Revlon Colorsilk Colorstay Nourishing Conditioner
Revlon Colorsilk Colorstay Nourishing Conditioner in Brave Red R69, Schwarzkopf Palette Intensive Colour Cream in Glowing Chestnut R59,99

3. PIENK-EN-PERS

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wisselende skakerings van dié kleur is al ’n rukkie lank ’n neiging en dit gaan nie gou oorwaai nie. 

Ligter perse pas gewoonlik goed by ligte velkleure danksy die koel ondertone. 

Gewone pers sal by tussenin-velkleure pas en ryk perse die beste by donker velkleure. 

Dié kleur, veral die ligter skakerings, kan moeilik wees om reg te kry, want die hare moet deeglik gestrooop word sodat die kleur kan heg en perfek lyk. 

Dra een skakering of meng en pas pers en pienk vir ’n interessanter voorkoms. 

Schwarzkopf Live Ultra Brights in Purple Punk R79,
Schwarzkopf Live Ultra Brights in Purple Punk R79,99, Schwarzkopf Gliss Hair Repair Bonding Shampoo R52,99

4. REËNBOOG

Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wees dapper en kleur jou hare in al die kleure van die reënboog. 

Jy leef net een keer! Dit werk vir die meeste velkleure, afhangend van die sterkte van die kleure. 

Helderder skakerings komplementeer tussenin-velkleure, terwyl ligter pastelkleure vir ligter velkleure werk. 

Moenie jou hare self so probeer kleur nie – jy het ’n kenner nodig.

Soos met ligpers moet die hare gebleik word om dit te stroop. 

En elke kleur moet dan afsonderlik aan seksies van jou hare aangewend word. 

Agter­na moet jy kleuronderhoudende sjampoe en opknapper gebruik om die helderheid van die kleur te help behou en jou hare gesond te hou. 

Reënboogkleure lyk die beste aan lang hare.  

Tresemmé Colour Revitalise Colour Vibrance Protect
Tresemmé Colour Revitalise Colour Vibrance Protection Conditioner R79, ghd Style Heat Protect Spray R260

Wenk
  • Om te sien hoe jou hare sal reageer, doen ’n slierttoets deur die kleursel aan ’n klein seksie hare aan te wend. 

  • Hoe nader die kleur wat jy gekies het aan jou natuurlike haarkleur is, hoe vinniger sal die skakering verander.
Kry dit hier

Ghd ghd.com/za; Hask (Clicks 0860-254-257); Revlon 011-971-0812; Schwarzkopf 011-617-2400; Tresemmé 0860-111-121; Trevor Sorbie (Clicks 0860-254-257).

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.