Benodigdhede

  • Kleeflint
  • Kolletjiepen of ’n haarknippie
  • Kebab- of tandestokkies
    LET WEL: Begin elke stap met ’n basislaag en eindig met ’n bolaag.

Maklik: Verbind kolle

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 1

Verf jou naels ’n effe­kleur. Wag tot jou naels heeltemal droog word.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 2

Maak die eerste ry kolle met jou kolletjiepen. Jy kan ook die punt van ’n haarknippie hiervoor gebruik. Volg dit op met die tweede ry kolle in ’n ander kleur as die eerste ry. Wissel die rye kolle af tot jy klaar is.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Maklik: Op die punt

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 1

Verf jou naels ’n bleek of ligte kleur. Wag tot jou naels heeltemal droog word.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 2

Gebruik die punt van jou naellak se kwassie om ’n helder kleur oor die borand van elke nael te verf. Of gebruik ’n Franse manikuur­strokie om jou naels af te skort en verf dan die punte.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Maklik: Blink

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 1 

Verf jou naels ’n effekleur van jou keuse. Maak seker dis droog voor jy kleeflint oor jou naels plak.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 2 

Plak strokies kleeflint op jou naels in die vorm van jou keuse. Hier het ons driehoeke gekies. 

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 3 

Wend blink naellak binne die vorm aan. Verwyder die kleeflint voor dié naellak droog is. Dis makliker om die kleeflint te verwyder as jou naellak nog nat is.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Medium: Blomme

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 1

Verf jou naels ’n effekleur. Kies ’n kontrasterende kleur wat jy sal gebruik om naelkuns mee te skep. Ons het blou gekies. 

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 2

Maak dan kolle met jou kolletjiepen in ’n ander kleur, soos swart. ’n Maksimum van vier kolle is reg vir kort naels en ses vir langer naels.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

STAP 3

Maak meer kolle om elk van die eerste kolle in ’n ander kleur. Ons het wit gekies.

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Moeilik: Luiperd

Foto ter illustrasie; Gallo Images/Getty Images

STAP 1

’n Wit of bleek basis werk die beste vir dié voorkoms. Verf al jou naels in die gekose kleur.

Foto ter illustrasie; Gallo Images/Getty Images

STAP 2

As jy wit as basis gebruik, maak kolle met ’n bleek kleur en omgekeerd. Maak ongelyke kolle in verskillende groottes met ’n kolletjiepen en los genoeg ruimte tussen die kolle om halfsirkels by te voeg.

Foto ter illustrasie; Gallo Images/Getty Images

STAP 3

Gebruik ’n kebab- of tandestokkie en maak halfsirkels aan albei kante van die kolle – swart werk gewoonlik die beste. 

Foto ter illustrasie; Gallo Images/Getty Images