Demi Lovato, sangeres

1. Medium tot kort hare

Demi Lovato Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 1 Wend stileermousse aan ’n deel droë hare aan die agterkant van jou kop. Blaas hierdie deel terwyl jy dit deurkam tot die mousse droog is. Doen dit met die res van jou hare.

STAP 2 Neem ’n dun stukkie hare van jou voorkop tot by die agterkant van jou kop. Maak die res van die hare met ’n rekkie vas.

STAP 3 Neem ’n kleiner stukkie uit dié afgeskorte hare en draai dit om die krultang en hou dit ’n paar sekondes. Verwyder die krultang sonder om die krul los te maak en steek dit met ’n haarknippie vas. Dit behoort ’n lus te vorm. Doen dit met die res van die hare en maak seker alle krulle word in dieselfde rigting gedraai tot jy ’n ry klaar gedraai het.

STAP 4 Trek nog ’n dun ry hare van voor tot agter en maak die res vas. Herhaal die vorige stappe en maak seker jou krulle wys in die teenoorgestelde rigting as die eerste ry krulle.

STAP 5 Herhaal met die res van jou hare en onthou om die rigting van die krulle vir elke ry af te wissel.

STAP 6 Wanneer jy klaar is, verwyder al die haarknippies. Vryf stileerroom aan jou hande, trek dit deur die krulle en maak dit liggies los.

STAP 7 Maak ’n kantpaadjie wanneer jy klaar is. Gebruik ’n kam en haarknippies en maak golwe deur stap twee tot vyf onder “Kort hare” (sien hieronder) te volg. Laat die stileerroom droog word voor jy die knippies verwyder. Jy kan ’n haardroër gebruik om die proses te versnel.

Denman Brush R129
Toni&Guy Fashion Fix Curler R399
ghd AirProfessional ­Hairdryer R2 100
L’ANZA ­Healing Style Foundation Mousse R290
Moroccanoil Hydrating Styling Cream R410


Cara Delevingne, model

2. Kort hare

Cara Delevingne Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 1 Wend stileerjel aan klam hare en kam deur sodat dit deeglik deur die hare versprei is. Maak ’n kantpaadjie in die rigting van jou keuse. 

STAP 2 Aan die kant waar jou hare geskei is, kam ongeveer 3 cm af. Druk dan die kam effens ­terug en skep ’n klein borrel. Gebruik jou wys­vinger om hierdie deel hare in posisie te hou.

STAP 3 Hou aan om stadig afwaarts te kam, maar beweeg die kam dié keer vorentoe en druk dit dan effens terug. Plaas jou middelvinger oor die tweede deel hare. Dit sal jou eerste golf skep. 

STAP 4 Haal jou vingers weg en plaas haarknippies op die inkeping van die golf. 

STAP 5 Gaan voort om die kam na onder te skuif terwyl jy jou hare agteruit en vorentoe stoot. Gebruik jou wys- en middelvingers om golwe te skep en haarknippies om dit in posisie te hou.

STAP 6 Jy kan die stappe hierbo aan die ander kant van die paadjie herhaal of net daardie hare plat kam.

 STAP 7 Blaas met ’n haardroër droog en verwyder die knippies wanneer die hare droog en geset is.

Hannon Liquid Crystal Styling Gel R150
Pelo Baum Hair Revitalizing Shampoo R200
Hairgum Road Vanilla Hairdressing Pomade R199
Denman D27 Pocket-Size Comb R19,95
Clicks Essentials Hair Grips 20 Pack R20,95

Reese Witherspoon, aktrise

3. Lang hare

Reese Witherspoon Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 1 Wend ’n voorbereidingslaag (primer) aan droë hare. Dié produk help met glans, stilering en hanteerbaarheid.

STAP 2 Begin aan die agterkant van jou kop en neem ’n klein stukkie hare en plaas dit oor jou borsel. Blaas dié hare op die hoë verstelling terwyl jy die borsel stadig draai om sagte krulle te maak. Draai die krul met ’n groot haarroller in.

STAP 3 Herhaal die proses tot die hele kop gedoen is.

STAP 4 Wag ’n paar minute. Wanneer die krulle afgekoel het, kan jy die rollers verwyder. Dit behoort jou met sagte, groot krulle te laat.

STAP 5 Borsel die krulle sagkens uit om golwe te skep. Maak ’n kantpaadjie.

STAP 6 Die golwe sal langer hou as jy haarknippies in die inkepings daarvan plaas voor jy die setsproei aanwend.

STAP 7 Spuit setsproei liggies oor jou hele kop en verwyder die haarknippies.

L’Oreal Studio/Pro Boost It Volume Hairspray R99,95
Schwarzkopf Osis+ Undercoat Primer Founda­tion R314
ghd Ceramic Vented Radial Brush Size 4 R390
ghd Aura Professional Hairdryer R2700
Basics Hair Rollers 16pc In Bag R49,95


Kry dit hier

Basics 0800-201-170 (Dis-Chem); Clicks 0860-254-257; Denman 0800-201-170 (Dis-Chem); Ghd ghdhair.com/za; Hair-gum 0860-254-257 (Clicks); Hannon hannon.co.za; L’Anza everythinghair.co.za; L’Oreal 0860-102-491; Moroccanoil everythinghair.co.za; Pelo Baum lamelle.co.za; Schwarzkopf 011-617-2400; Toni&Guy 0860-254-257 (Clicks)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie. 

Ekstra bronne: Sam Villa Hair Tutorials, The Italian Touch, Pose