Vrou met grys hare.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Al word dit nie verwelkom deur almal wat dit natuurlik kry nie, word grys hare as ’n teken van wysheid en ’n lang lewe beskou. In onlangse tye het die jonger geslag die gryshare-gier begin aanhang – en bewys dis pragtig en enigiemand kan dit dra.

Hare

Grys hare kan tussen 34 en 44 jaar begin verskyn. Namate jy ouer word, val jou hare uit, en wanneer dit weer uitgroei, is dit grys, want jou liggaam het opgehou melanien vervaardig. As jy in jou vroeë 20’s grys word, is dit geneties.

Versorg dit so

Grys hare is geneig om ’n bietjie droër te voel as hare met pigment. Dit is omdat die talgklier wat aan die wortel van die haar vas is nie meer genoeg sebum vervaardig nie. Die haarskag is ook dunner, wat beteken die haar is kwesbaar vir die weer, chemikalieë en hittestilering.

As die haarskag verswak is, verloor die haar ook vog en is dit geneig tot droogheid. Die haar kan ook fyner voel; daarom is ekstra voeding noodsaaklik.

So doen ouer bekendes dit

Glenn Close

Glenn Close
Glenn Close. Foto: Gallo Images/Getty Images

Jamie Lee Curtis

Jamie Lee Curtis
Jamie Lee Curtis. Foto: Gallo Images/Getty Images

Judi Dench

Judi Dench
Judi Dench. Foto: Gallo Images/Getty Images

Helen Mirren 

Helen Mirren
Helen Mirren. Foto: Gallo Images/Getty Images

Verrruil jou produkte vir dié

Diepbevogtigende sjampoe en opknapper

Dit sal sorg dat jou hare gehidreer bly. En omdat grys hare dikwels vuilheid gouer wys, sal gereelde was nie die vogvlakke uitput nie.

Silikoonserum

Dit verglad die hare en hou die vog binne.

Voedende kopvelmasker

Dit hou die hare bevog en sag.

Minder hitte

Gebruik minder hitte aan jou hare om te voorkom dat dit uitdroog.

Arganolie en warm oliebehandeling

Warm oliebehandeling herstel beskadigde en droë hare en voed die hare diep. Arganolie het vele voordele. Dit is ryk aan antioksidante, wat beteken dit beskerm die hare teen omgewingstres en hittestilering. Dis ook uiters bevogtigend.

Stileer dit so

  • Sagte krulle werk gewoonlik goed vir grys hare. Jy kan groot rollers gebruik of jou hare met ’n borsel droogblaas om golwe te skep.
  • Glad of speels opgekamde hare is altyd ’n wenner. Versier jou hare met wit of silwer bykomstighede om die grys te komplementeer.
  • Oorweeg ’n keratienbehandeling vir meer beheerbare hare met min kroes. Dit maak ook jou hare maklik om te stileer, want die hare is steiler, wat beteken jy kan jou stileertyd halveer.
  • ’n Kort elfiesnit is eenvoudig, sjiek en skoon. Dis ’n vars manier om met jou silwer hare te spog.

Grimering

Jonger mense wat met kleur speel

Kim Kardashian

Kim Kardashian
Kim Kardashian. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ciara

Ciara
Ciara. Foto: Gallo Images/Getty Images

Pips Taylor

Pips Taylor
Pips Taylor. Foto: Gallo Images/Getty Images

Lady Gaga 

Lady Gaga
Lady Gaga. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hou dit natuurlik 

Velskakerings met effense beklemtonings aan die wimpers en wenkbroue werk baie goed vir grys hare. Moenie die blosser oordoen nie.

Volgesiggrimering

Die dramatiesste ding wat jy kan doen, is om ’n opvallende lipstiffie of oogomlyner te hê. As jy helder kleur aan jou oë en aan jou lippe moet hê, kies dieselfde kleur.

Moenie verskillende helder kleure aan die oë en lippe gebruik nie; dit sal oordadig oorkom. Die kleure wat jy kies, moet koel ondertone hê, soos ’n sagte pienk, pers, grys/silwer, pruimkleur of rooi.