Caren Parkinson 49, Johannesburg, rekeninge-administrasie

Caren het onlangs 87 kg verloor en wou iets nuuts en spesiaals met haar hare doen.

“Ek het wonderlik en mooi gevoel nadat ek myself gesien het. Ek het gevoel ek word gepamperlang en bederf. Dit was wonderlik,” sê sy van die ervaring.

Caren Parkinson
Foto's: Papi Morake

Verlengings vir jou hare is aanlyn en in salonne beskikbaar. Die gewildste soorte is aanknipverlen- gings en mikroverlengings.

’n Mens kan aanknipverlengings self insit, maar mikro- verlengings sal jy deur ’n kenner moet laat insit.

Die prys van die verlengings wissel na gelang van die lengte en kan tussen R1 000 en R4 000 kos.

STAP 1

Twee smal vlegsels (cornrows) word in die middel van die kop van agter na die middel van die kop gevleg. Dit word met ’n klein rekkie vasgemaak om te keer dat die hare uitrafel.

Caren Parkinson
Foto: Papi Morake

STAP 2

Aanknipverlengings word onder die een vlegsel van die een kant na die ander aangeknip en vasgemaak.

Caren Parkinson
Foto: Papi Morake

STAP 3

Herhaal die stap bo met die tweede vlegsel.

Caren Parkinson
Foto: Papi Morake

STAP 4

Die hare word drooggeblaas en gekrul sodat die everlastings by die natuurlike hare inskakel. Haarsproei word gebruik om die krulle ná stilering in posisie te hou.

Caren Parkinson
Foto: Papi Morake

Eindresultaat

Caren Parkinson
Foto: Papi Morake


Maria Fourie 37, Hartbeespoort, eisebestuurder

Maria, wat onlangs 25 kg verloor het, sê van haar gedaante wisseling: “Dit was bevrydend. Ek het dit nog nooit voorheen gedoen nie. Ek het gewigsprobleme gehad, en dit het my uit my gemaksone gehaal. Ek het dit regtig geniet.”

Maria Fourie
Foto's: Papi Morake

STAP 1

Maria se hare word gewas en drooggeblaas.

Maria Fourie
Foto: Papi Morake

STAP 2

’n Smal vlegsel (cornrow) word in die middel van haar kop van oor tot oor gevleg.

Maria Fourie
Foto: Papi Morake

STAP 3

Omdat Maria se hare lank is, word die lengte van die vlegsel aan die plat deel van die vlegsel vasgesteek.

Maria Fourie
Foto: Papi Morake

STAP 4

Die aanknipverlenging word aan die vlegsel vasgesteek.

Maria Fourie
Foto: Papi Morake

STAP 5

Die hare word gekrul en met die verlenging vermeng. ’n Kantpaadjie word gemaak, die hare aan die voorkant opgesteek en ’n paar slierte laat hang vir ’n speelse effek.

Maria Fourie
Foto: Papi Morake

Eindresultaat

Maria Fourie
Foto: Papi Morake

Kom neem deel aan ons gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.