Van die mooiste rokke, die spogtroue van die jaar tot ’n liefdesverhaal wat daagliks voor die oë van haar 1,5 miljoen aanhangers op Instagram afspeel en blom. Demi-Leigh weet maar eenmaal hoe om mense te laat gons.

Demi-Leigh het Suid-Afrikaners reg oor die land trots gemaak toe sy in 2017 die Mej. Heelal-kroon verower het en dit boonop na haar tuisdorp, Sedgefield, in die Suid-Kaap gebring het.

Die model se lewe het opnuut verander toe sy tydens haar kroningsjaar na New York verhuis en later die liefde van haar lewe, die Amerikaanse bofbalspeler Tim Tebow (32), ontmoet het.

View this post on Instagram

One week to go! #missuniverse #missuniverse2018

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demitebow) on

Die paartjie het onlangs hul vyfde maand as getroudes gevier. Demi-Leigh het in Februarie vanjaar saam met Tim by hul nuwe huis in Jacksonville, Florida, ingetrek. 

Die paartjie het deesdae ook drie honde, Paris, Kobe en Chunk.  

View this post on Instagram

The Tebows ?? @thetebowpack

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demitebow) on

Demi-Leigh, die koningin van selfdoen-video's

Demi-Leigh maak geen geheim van haar liefde vir alle dinge mooi nie en deel gereeld selfdoen-video's op sosiale media. En wie kan haar pragtige grimeervoorkoms vir haar spogtroue in Januarie vanjaar vergeet? Jy kan dit boonop self probeer. 

Die geheim lê in die skep van die volmaakte rokerige oë met jou eie grimeerpalette. In die video van haar trougrimering wat sy op Instagram gedeel het, word daar stap vir stap gewys hoe jy Demi se trougrimering kan kry, wat die grimeerkunstenaar Renee de Wit geskep het.

“Tim sê altyd hy verkies my grimering wanneer ek dit doen, want ek gebruik kleure wat die beste by my velkleur pas. Renee het dus al my eie palette en onderlae gebruik om my grimering vir ons troue te doen,” het die pasgetroude by die plasing geskryf.

Renee het ook op haar Instagram-blad al die produkte gelys wat sy gebruik het om Demi perfek op haar troudag te laat lyk. 

In nog ’n video wat Demi-Leigh onlangs op Instagram gedeel het, wys sy hoe om die perfekte lokke te kry. Dalk is nou die tyd om die een dalk te oefen.

Styl-ikoon

Ons is ook gaande oor Demi-Leigh se sin vir mode. Hier is vyf van ons gunsteling-uitrustings waarin sy sover afgeneem is.

1. Die sexy luiperdpatroon-rok 

Vir dié uitrusting het die voormalige Mej. Heelal omtrent die kloue uitgebring – op 'n mooi manier. Rooi lipstiffie gaan nooit uit die mode nie. Demi sit haar beste voetjie voor in dié luiperdpatroon-rok wat sy met die gewaagde lipkleur afgerond het. 

2. Hallo, Gert-Johan Coetzee!

Demi-Leigh het omtrent uitgehaal en gewys in die dae voor sy en Tim voor die kansel gestaan het. Sy het 'n elegante wit skepping deur die plaaslike ontwerper Gert-Johan Coetzee gekies vir die laaste partytjie voor hul groot dag. Dis beslis ’n rok wat nie sommer gou vergeet sal word nie. 

View this post on Instagram

???? • • @gertjohancoetzee @hanrihuman

A post shared by Demi-Leigh Tebow (@demitebow) on

3. New York-modeweek 2019

Stiliste speel ook omtrent pop met Demi-Leigh. Sy is al in ’n rits stylvolle uitrustings afgeneem. Tydens die New Yorkse Modeweek verlede jaar het Demi al haar modieuse uitrustings op sosiale media gedeel.

In een foto is sy in ’n geel blinkerbelaaide romp en wit toppie te sien. Die pragtige uitrusting is deur die ontwerper Allen Schwartz bymekaargesit. Sy het die uitrusting afgerond met 'n helderblou ontwerpershandsak en hoepeloorbelle.

4. Die leerrok

Sy is ook kort daarna afgeneem waar sy beeldskoon gelyk het in ’n rooi leerrok deur die ontwerper Zeynep Arçay. Dié uitrusting is sekerlik een van Demi-Leigh se beste nóg. 

5. Die asemrowende lyfpak

Die wêreld het dié voormalige Mej. Heelal al in van die mooiste rokke gesien, maar hierdie lyfpak deur Mode Collective is verstommend stylvol. Sy het dit gedra toe sy verlede jaar 'n beoordelaar in die Mej. Suid-Afrika-kompetisie was. 

Demi-Leigh het op Instagram verklap die stylghoeroe Werner Wessels het die voorkoms stileer het, en ons is mal daaroor. 

Ekstra bronne: Channel24, Instagram