Om ’n koninklike te wees is ’n goeie verskoning om altyd op jou beste te lyk, maar dis die elegansie en prag van dié koningin wat haar laat uitstaan.

Met haar leerbroeke en sexy, slank rokke is koningin Letizia (51) verreweg een van die stylvolste koninklikes. Sy het die afgelope vyf jaar, sedert sy en haar man, koning Felipe, die troon bestyg het, presies gewys hoe ’n koningin in die 21ste eeu modern en stylvol kan wees.

koningin Letizia van Spanje
Foto: Gallo Images/Getty Images

Ons kyk terug na vyf keer toe dié koningin ons na ons asems laat snak het 

1. Die broekpak

Om ’n broekpak reg te dra steek nie sommer in almal se pype nie, maar kyk net hoe elegant en sterk het die koningin in dié broekpak gelyk. Sy is onlangs in Madrid gekiek en lyk omtrent doelgerig in daardie broekpak. Verby is die dae van koninklikes in sykouse en rompe!

koningin Letizia van Spanje
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Die mooiste in rooi

Koningin Letizia het onlangs die Princesa de Asturias-toekenningseremonie in Oviedo, Spanje, bygewoon en het asemrowend in ’n pragtige rooi rok gelyk. By dié uitrusting het sy diamantoorbelle met robynstene gedra en haar eenvoudige haarstyl het dit perfek afgerond.

koningin Letizia van Spanje
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Loopplank-gereed 

U majesteit, is dit jy? Die koningin lyk omtrent soos ’n model in dié sexy uitrusting! Dié uitrusting is baie Victoria Beckham-sjiek en met die fietse lyfie waarmee die koningin spog, lyk dié uitrusting baie sjiek. Lyk asof dié moderne koningin g’n tyd het vir pofferige aandrokke en langmoue nie. 

koningin Letizia van Spanje
Foto: Gallo Images/Getty Images
koningin Letizia van Spanje
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. ’n Visioen in wit

Mensdom, maar die koningin weet hoe om aan te trek. Is sy op pad na ’n glansryke partytjie? Nee, dis maar net hoe sy aantrek wanneer sy die opera besoek. Dié wit rok is tydloos, maar daardie swart hakskoene is so sexy,  dit lyk of dit ’n rol in ’n James Bond-fliek verdien! Die koningin se modesin kook behoorlik.

koningin Letizia van Spanje
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Swierig in saffier 

Kyk hoe beeldskoon lyk die koningin in hierdie saffierkleurige aandrok, saffier en diamantoorbelle en ’n kroon op haar kop. Dié eenskouer-aandrok se elegante snit komplementeer die koningin se pragtige skouers en die kleur komplementeer haar velkleur perfek.

koningin Letizia van Spanje
Foto: Gallo Images/Getty Images

Koningin Letizia weet presies hoe om die koppe te laat draai. Wie weet, een van die dae staan ander bekendes dalk tou om modeadvies by haar te kry. 

Bronne: Dailymail.co.uk, Telegraph.co.uk, Royalcentral.co.uk 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.