Saoirse, wat “Sur-Sha” uitgespreek word, vier op 9 April haar 26ste verjaardag. Sy het mense laat gons met haar spel as Jo March in die fliekweergawe van die boek Little Women, soveel so dat sy vanjaar vir 'n vierde keer vir 'n Oscar benoem is - dié keer vir beste aktrise.

Dit maak haar die naasjongste aktrise ter wêreld om vier keer vir ’n Oscar benoem te word.

In 'n vorige onderhoud het die Amerikaans gebore aktrise, wat in Ierland grootgeword het, laat hoor dat dié rol baie herinneringe uit haar kinderjare opgeroep het. Dit het haar ook laat besef hoe desperaat sy is om daaraan vas te klou.

“Ek dink daar is ’n soort hartseer wat kom met ouer word en om herinneringe agter te laat,” vertel die aktrise.

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy terug kyk na haar rol in die rillerfliek Hanna in 2011 tot haar transformasie in Little Women, wat in Februarie hier begin draai het, kan mens skaars glo hoe Saoirse voor die oë van die wêreld in ’n beeldskone vrou transformeer het. 

Die aktrise lyk altyd elegant en minimalisties-sjiek op die rooitapyt en word nooit met swaar grimering of in uitspattige uitrustings gewaar nie. Ons is mal oor haar klassieke styl en selfvertroue.

Dis wat Saoirse oor skoonheid, grimering en die rooitapyt te sê het.

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

Stryd met vel

In ’n onderhoud met die glanstydskrif Elle het sy onthul dat sy, terwyl sy aan die fliek Lady Bird (2017) gewerk het, met haar vel gesukkel. Die regisseur van die fliek, Greta Gerwig, het haar aangemoedig om gemaklik in haar eie vel te raak en dit tot haar voordeel in haar toneelspel te gebruik sodat mense meer aanklank by haar karakter, die tiener Christine, kon vind.

Volgens Saoirse het haar velprobleme op sowat 21 opgevlam. Serums met vitamien C het gehelp daarmee, vertel sy. Sy het ook weens haar velprobleme minder grimering begin dra. 

“Daar is iets daaraan om dit te omhels en beheer daaroor te neem. Wanneer jy soveel tyd spandeer om tydens werk swaar grimering te dra, die laaste ding wat jy wil doen is om grimering te dra wanneer jy nie werk nie,” het sy tydens dié onderhoud laat hoor.

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

Grimeergeheime

Saoirse laat die grimeringvrye-vlag hoog wapper, maar as sy die dag 'n bietjie grimering wil aanwend, trek sy haar rooi Chanel-lipstiffie nader. Sy wend nie juis oogskadu aan haar oë nie. 

“Ek dra nie baie grimering wanneer ek nie werk nie. Die enigste grimering wat ek wel elke dag gebruik, is verbloemer onder my oë.” 

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die rooitapyt

Saoirse meen die rooitapyt is veel meer pret as jy ’n vriend daar saam met jou het.

“Jy moet dit maar vat vir wat dit is. Dis ’n baie onwerklike ervaring om deel van te wees. Dis nie normaal nie! Vir een persoon om so baie aandag te kry, is ekstreem,” het sy laat hoor. 

Om vir die rooitapyt gereed te maak kan ’n baie stresvolle proses wees, verklap sy, maar haar kalm gees te danke is aan die stilis Elizabeth Saltzman wat volgens haar die ‘ma’ van rooitapyt-voorbereiding is.

“Sy hou my kalm, ” sê sy. 

Hier is vyf van Saoirse se mooiste rooitapyt-oomblikke

1. Sexy in silwer

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images
Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Voor in die modekoor

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images
Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Kyk net hoe sjiek!

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Klassiek in swart

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images
Saoirse RonanSaoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Pragtig in paisley

Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images
Saoirse Ronan
Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: Vanity Fair, The Kit,Vogue, Daily Edge