Dis 2019 en dis dalk nie ’n goeie idee vir ’n hertogin om met jeans by Wimbledon, ’n gewilde geleentheid op die jaar se stylkalender, op te daag nie.

Volgens InStyle het Wimbledon Official dié modeblaps ’n "nagmerrie" genoem, en dis glo teen etiket om jeans na die All England Club-BBP-area, waar Meghan gesit het, te dra.

Vir dié geleentheid het die hertogin van Sussex geen foto's toegelaat nie en haar boonop nie veel aan kommentaar gesteur nie. 

Meghan by die tennis
Foto: Gallo Images/Getty Images

Hoewel Wimbledon oor haar stylkeuses gefrons het, het sy met haar fedora byderhand vir ons steeds sjiek en sexy gelyk.

En haar faux pas was sommer gou vergete toe Meghan later die week by die vroue-eindstryd weer die ene styl was in ’n wit hemp en geplooide romp.

Sy en skoonsus Kate, die hertogin van Cambridge, en dié se suster, Pippa Middleton, het die wedstryd saam bygewoon, en dié groep vroue het vir ’n stylvolle trio gesorg.

Meghan, Pippa en Kate
Foto: Gallo Images/Getty Images

En nes Meghan kan, het sy onlangs asemrowend gelyk by haar kleinding, Archie, se doop in ’n elegante wit rok. 

megs by archie se doop
Foto: Instagram/@ sussexroyal

Wat sjiek en klassiek betref, het die rok wat sy by die Lion King-première in Londen gedra het die koek gevat. Dis die oomblik toe Meghan bewys het dat sy steeds die Markle Sparkle het.

Dié Jason Wu knielengte-rok by swart Aquazzura-hakskoene en ’n Gucci-palmtas was alles! En dis nie net ons wat so dink nie; selfs Beyoncé het Meghan haar "prinses" genoem. 

meghan by lion king
Foto's: Gallo Images/Getty Images

Die nuwe ma het eenvoudig maar steeds elegant gelyk vir dié geleentheid.

Hier is van ons gunstelingstyloomblikke van Meghan onlangs.

1. Die sogenaamde taboe jeans

megs by die tennis
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Pragtig in swart 

Meghan Marlkle
Foto: Gallo Images/Getty Images


3. Swart nommertjie by die Yankees-wedstryd

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Die donkerblou uitrusting by Brittanje se Royal Trooping

royal boot
Foto: Gallo Images/Getty Images

Al het die Wimbledon-snobs dalk hul neus opgetrek, is ons steeds gaande oor dié koninklike se styl.

Bronne: Hello!, People, Page Six, InStyle