Die wenkbroue, die klein gaping tussen haar voortande, die hare, die moesie bokant haar rooigeverfde lippe. Madonna is soos niemand anders nie.

View this post on Instagram

The Choice of A New Generation.............#pepsi #goodtimes #likeaprayer

A post shared by Madonna (@madonna) on

Dié sangeres steur haar min aan kritici en deel gereeld vuurwarm foto’s in die sosiale media.

View this post on Instagram

Madame ? still waiting for @anitta ..................... ???? #madamex #waitingforanitta @iheartradio

A post shared by Madonna (@madonna) on

Madonna het die wêreld van 1983 met treffers soos Like A Virgin en Material Girl getref. En meer as net die musiek was die 1980’s ’n groot era vir mode en sy het vir ’n paar onvergeetlike voorkomste gesorg. En wat dramaties en uniek betref is daar min wat haar dit kan nadoen. 

Van uitspattig tot waaghalsig - ons kyk terug na vyf onvergeetlike Madonna-oomblikke. 

Die ikoniese trourok

Madonna by MTV 1984
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die pragtige wit trourok met die belt waarop Boy Toy staan, was jare daarna nog in die geheue vasgebrand. Sy het die rok in 1984 op die eerste MTV-musiekvideoprysaand gedra waar sy haar treffer Like a Virgin gesing het.

Die kanthandskoene en nek vol pêrels en juweliersware was die begin van ’n nuwe modeneiging. 

Mode in die era van tegnologie 

Die wêreld was nie gereed vir wat Madonna op die 2016 Met Gala na die rooitapyt gebring het nie. Die tema vir die Met Gala was Manus x Machina: Fashion in an Age of Technology, maar van die halfnaak kantuitrusting is ons nie heeltemal seker nie. Die uitrusting is een van die waaghalsigstes op die rooitapyt. 

Madonna 2013
Foto: Gallo Images/Getty Images

Styl-ikoon

Kan ons Madonna vertrou as sy ’n oorgroot jas of baadjie op die verhoog dra? Nee! Want as Madonna daardie baadjie uittrek, moet jy dalk net die kinders se oë toemaak. Op die 1989 MTV-musiekvideoprysaand het Madonna ’n sexy swart kantkorset met ’n swart langbroek daarby gedra terwyl sy Express Yourself gesing het.

Sowat 21 jaar later het Lady Gaga die musiekvideo van haar treffer Alejandro bekendgestel en die uitrusting en haarstyl was Madonna-sjiek. Kan dit wees dat Lady Gaga inspirasie vir die video by Madonna gekry het?  

Lady Gaga en Madonna
Foto: Gallo Images/Getty Images en skermgreep (YouTube)

Die gewilde korset

In 1990 het Madonna tydens haar Blonde Ambition-toer 'n uitrusting gedra wat lank onthou sal word. Die nommertjie, wat deur Madonna se keël-bra gekenmerk is, is deur Jean-Paul Gaultier ontwerp en in November 2012 op die Christie’s Pop Culture-veiling in Londen verkoop. Die pienk sykorset is vir $52,000 (R426 400) opgeraap. 

Blonde Ambition toer
Foto: Gallo Images/Getty Images

Met Gala 2013

Madonna, is dit jy? Dis asof Madge ’n totale gedaantewisseling ondergaan het op die 2013 Met Gala. Die tema vir die geleentheid was Punk: Chaos to Couture en daar was nie ’n tekort aan kreatiwiteit met dié uitrusting nie.

Madonna 2013
Foto's: Gallo Images/Getty Images

Haar blokkiesbaadjie was vol blinkers en juwele en die uitrusting is met visnetkouse en pienk hakskoene afgerond. Dié uitspattige uitrusting was ’n treffer op die rooitapyt daardie aand. 

Bronne: Billboard, Paper Magazine, BBC, Harper’s Bazaar