As daar een mens is wat nie haar liefde vir mode wegsteek nie, is dit Céline Dion. Maak nie saak wat dié sangeres dra nie, die wêreld is haar loopplank en basta met negatiewe kommentaar. 

Die 51-jarige ma van drie se waaghalsige styl vanjaar het die tonge laat klap en het haar ook ’n plek op die glanstydskrif Vanity Fair se lys van bes gekledes van 2019 losgeslaan. En haar modieuse klere is nie al wat mense laat gons nie. Céline het 'n indrukwekkende skoenversameling. 

Die sangeres, wat onlangs haar eerste Engelse album in ses jaar, Courage, uitgereik het, was vroeër vanjaar in ’n episode van Carpool Karaoke te sien waar die aanbieder, James Corden, haar uitgevra het oor dié einste versameling. Toe James haar vra hoeveel paar skoene sy het, het Céline beskeie beantwoord: “Sowat 3 000 of 5 000 pare.”

Hoewel dit reeds ’n aardige hoeveelheid skoene is, het James gesê hy het gehoor sy het eintlik 10 000 paar skoene – en hy is duidelik nie verkeerd nie.

In 2017 het Céline aan Women's Wear Daily verklap dat sy inderdaad 10 000 pare skoene besit. En die rede? Sy haat dit om van skoene en klere ontslae te raak.

“Ek kan niks weggee nie, want elke item wat ek koop het my tot dié punt gebring,” verduidelik Céline. “Dis deel van elke tree wat ek gee; ek is geheg aan my skoene.”

Later in die Carpool Karaoke-episode het James getoets net hoe geheg sy regtig aan haar skoene is. Hy het drie paar van haar skoene aan die publiek uitgedeel. Céline was glad nie beïndruk nie.

 

Waar hou sy al die skoene? Dis eenvoudig (vir Céline). Sy berg al haar skoene in ’n pakhuis en meen as dit meer raak, koop sy net ’n groter pakhuis. 

Haar stiliste, Sydney Lopez en Pepe Muñoz, het aan die tydskrif People gesê Céline is baie betrokke by wat sy aantrek.

Oor hoe en wat hulle vir dié superster kies, vertel die stylpaar: “Céline laat ons toe om items vir haar te bring waarin ons haar graag wil sien en wat ons opgewonde maak. Sy skep dan die karakter daarvoor.”

“Sy besit elke oomblik in elke uitrusting; dis hoekom ons dink mense is gaande daaroor om te sien wat sy daagliks dra,” vertel Pepe, wat gereeld aan Céline se sy te sien is. 

Met elke uitrusting wil hulle en Céline ’n boodskap oordra, vertel Sydney. "’n Boodskap van liefde, haar liefde vir kuns, vir die mense wat hard werk en ook passievol is oor mode. Céline het baie respek en liefde vir ontwerpers en modehuise. Ons wil net ons waardering aan hulle betoon,” sê Sydney. 

Hier is 10 oomblikke toe Céline se stylkeuses die koppe laat draai het.

1. Alles rooi

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

2. Is dit genoeg blou?

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images


3. Sneeuwit(jie)

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

4. Straatstyl-sjiek

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

5. Dís hoe jy ’n pak dra 

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

6. Voor in die modekoor

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

7. Met Gala-koningin

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

8. Valentino op sy beste 

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

9. Natuurlik mooi

Celine Dion
Foto: Gallo Images/Getty Images/Getty Images

10. Besonderse teksture

celine dion
Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: People, Bustle, Purewow.com, YouTube