Die aktrise, wat naam gemaak het in flieks soos Center Stage, Star Trek Into The Darkness en Gaurdians of the Galaxy is weer besig om haar Avatar-rol vol te staan.

View this post on Instagram

Happy 20th birthday Center Stage. You were my first and still one of my favorites. Sending love and good vibes to cast and crew that also took part in the marginal journey! #centerstage

A post shared by Zoe Saldana (@zoesaldana) on

  

Zoe, wat die rol van die vurige Avatar Neytiri vertolk, is terug op die stel saam met haar mede-akteurs Chris Pratt en Kate Winslet om die opvolgprent te verfilm. Die fliek se produksie is weens die COVID-19-pandemie gehalt en die kameras het onlangs weer ná drie maande begin rol.

View this post on Instagram

Avatar... now officially part of the Disney family.

A post shared by Jon Landau (@jonplandau) on

Die fliek word in Nieu-Seeland verfilm en omdat die groep van Amerika daarheen gereis het, moes hulle twee weke in kwarantyn deurbring. Die fliek se vervaardiger, Jon Landau, het onlangs op Instagram vertel hulle het weer begin verfilm en aanhangers ook ’n kykie agter die skerms gegee. 

Avatar 2 sal in Desember 2021 uitgereik word en daar word verwag dat dit nes sy voorganger ’n groot lokettreffer gaan wees. Daar is selfs gissings dat 'n derde Avatar-fliek in 2023 op pad is.  

Zoe, een van die sterre van die flieks, het in 2013 met die vervaardiger en regisseur, Marco Perego, getrou. Die egpaar het drie seuns: die vyfjarige tweeling, Bowie en Cy, en hul kleinboet, Ezio (3). 

Zoe gee gereeld vir haar 7,2 miljoen Instagram-volgelinge 'n glimp op haar lewe tuis.

Tydens die inperking het die gesin hulle besig gehou met speletjies en van wat ons van Instagram kan aflei het Zoe en haar kroos dit baie geniet. Zoe se seuns het ook hand bygesit om 'n kunswerk vir Memorial Day te verf. 

Zoe en haar man, Marco, het ook gereeld Vrydae snaakse foto's van hulself in die sosiale media gedeel. 

View this post on Instagram

#friday #shenanigans #snapchat?? #weareoldforthis

A post shared by Zoe Saldana (@zoesaldana) on

Uiters stylvol

Zoe was die ene styl en elegansie wanneer sy video’s tuis met haar volgelinge op Instagram gedeel het.

In die video's het Zoe haar grimering en hare eenvoudig gehou, met haar pragtige lang haredos reguit en ’n tikkie rooi lipstiffie om die voorkoms af te rond. 

Dis veral Zoe se pragtige en gemaklike rokke tydens hul somer wat die aandag trek. Ná Moedersdag het Zoe ’n foto van haarself geneem in ’n pragtige rooi rok met wit spikkels daarop. Dié uitrusting het sy met ronde goue oorbelle en weer ’n tikkie rooi lipstiffie afgerond.

Haar man kon nie sy hande van haar af hou nie en later het die twee ’n video gedeel waar hulle ’n soen deel. 

Zoe het kort daarna weer ’n verskyning op Instagram gemaak om haar aanhangers toe te spreek oor die impak van die coronavirus by kinderhospitale. Sy het toe in ’n karamelkleurige kortmourok gepryk en die kleur het perfek by haar gepas. 

Benewens Zoe se ontspanne lockdown-styl is ons ook mal oor haar vorige uitrustings op die rooitapyt wat behoorlik die koppe laat draai het.

Hier is vyf van ons gunsteling Zoe Saldana-mode-oomblikke. 

1. Heldin in hoë-hakke

Zoe Saldana
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Retro-sjiek

Zoe Saldana
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Pragtig in poeierblou

Zoe Saldana
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Kyk net daai uitrusting!

Zoe Saldana
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Stylvol in silwer

Zoe Saldana
Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: Metro.co.uk, Indiewire, Vogue, Cinemablend, Instagram